Tornado-vegbomwerpers het Brittanje se eerste lugaanvalle in Sirië geloods, enkele ure nadat die parlement die premier, David Cameron, se plan om die Islamitiese staat (ISIS) daar aan te val, goedgekeur het.
‘n Regeringsbron het Donderdagoggend gesê die eerste aanval is geloods.
Die bomwerpers het glo reeds na hul basis teruggekeer.
Die Ministerie van Verdediging in Ciprus het bevestig dat vegvliegtuie van die Britse Lugmag hulle eerste aanvalle op teikens van die Islamitiese staat in Sirië uitgevoer het.
Britse parlementslede het ten gunste van die lugaanvalle in Sirië gestem, nadat die leier van die Arbeidersparty, Jeremy Corbyn, nie sy partylede kon oortuig om die Konserwatiewe regering te keer nie.
Arbeider Hilary Benn, rooi gedas, het vir groot genoegdoening gesorg onder Tories met sy emosionele toespraak om rebelle te gaan bom. Die debat het meer as 10 ure geduur.
Daar was 397 stemme ten gunste van die aanvalle en 223 daarteen. Die vier vegvliegtuie het kort daarna in Ciprus opgestyg.
Twee van die vliegtuie was drie ure later terug op Ciprus se grondgebied.
Kritici van die plan het gewaarsku dat die stap tot verdere terreur in die VK sal lei.

Nou gaan die Britte k@k.
Ek hoop so. hulle moet so ‘n crackerkie na kasteel gooi sodat daardie “elite” so ‘n bietjie kan skrik.
Ek het in 2005 bomme gesoek in karre wat oppad was na ‘n perd wedren.
Ek sal geld op dit sit dat daai Londense Moslems reg staan met hulle reaksie plan.
Wat weet die rooinekke van bomme af? Hulle sit self op n tydbom en hulle is te onnosel om dit agter te kom.