Spanning tussen Rusland, Turkye

Deel op

Russiese Su-34 bomwerpers, sal voortaan addisioneel toegerus word met lug-tot-lug missiele, het Igor Klimof, woordvoerder vir die Russiese Lugmag gesê.

“Die vliegtuie is toegerus met missiele vir verdedigingsdoeleindes,” het hy gesê.

Turkye se departement van buitelandse sake het sy burgers aangeraai om ook nie na Rusland te reis nie, nadat die Russe alle toeristebedrywighede na Turkye opgeskort het.

Dit is die jongste verwikkeling in die groeiende spanning tussen die twee lande nadat ’n Russiese bomwerper verlede week deur Turkye in Sirië neergeskiet is.

Turkye, wat tans deel is van NAVO, was eers ‘n Russiese bondgenoot.

Turkye het Saterdag in ’n verklaring gesê weens die probleme wat Turkse besoekers en permanente inwoners in Rusland ervaar, word mense aangeraai om hul reise na die land uit te stel.

Dit blyk dat die Russe vertrou het op ‘n vroeëre ooreenkoms wat hulle bereik het met die VSA in Oktober om die beweging van hul onderskeie lugmagte te koördineer oor Sirië.

Aangesien die VSA ‘n anti-ISIS-koalisie lei waarvan Turkye deel is, het die Russe aanvaar dat hierdie ooreenkoms wat die Turkse lugmag onder beheer van die VSA plaas, deur Amerika gerig sal word.

Israel, wat nie ‘n lid van die anti-ISIS-koalisie is nie, het ‘n aparte bilaterale ooreenkoms met Rusland gesluit om die twee lande onderskeie lugmagbedrywighede te koördineer.

In ‘n onlangse ontmoeting met Wladimir Poetin, het die Israeliese eerste minister Netanyahu verwys na hierdie ooreenkoms en gesê dat dit “goed werk”, met verwysing na Turkye se aggressie teen Rusland.

Daarmee het Israel te kenne gegee dat Turkye op aanbeveling van die VSA gehandel het met die afskiet van die Russiese tuig.

Die Russiese president het ook gesê dat Amerika weinig doen om die oliehandel waarmee ISIS miljoene dollar verdien, te ontwrig en dat hul sogenaamde aanvalle op ISIS ‘n siniese poging is om hul bate te beskerm.

‘n Voormalige Amerikaanse bevelvoerder van spesiale magte, Mike Flynn, wat ook gedien het as direkteur van die verdedigingsintelligensie-agentskap, die DIA, het aan Der Spiegel bevestig dat ISIS ‘n skepping van die VSA is. “Ons het strategies opgeruk in die verkeerde rigting.”

Die VSA het vroeër probeer voorgee dat hulle ook ISIS-teikens bombardeer, maar het lugfoto’s van Russiese aanvalle gebruik.

Russiese lugaanvalle teen ISIS in Sirië het die laaste paar weke toegeneem.

Ben Rhodes, die VSA se adjunk-raadgewer oor nasionale veiligheid, het verslaggewers Maandag ingelig dat klimaatsverandering ‘n “ewe groot bedreiging” is as terreur deur ISIS.

Intussen het die Britse regering kaarte van die Russiese lugaanvalle van ‘n week gelede aan die VSA oorhandig om te kla dat die Russe konsentreer op hul bates.

Die meeste Russiese lugaanvalle was toe gemik op gebiede waar Amerikaans-ondersteunde “gematigde rebelle” poog om regime-verandering teweeg te bring en die Siriese president, Bashar Assad, te ontsetel.

Volgens die kaarte is Raqqah – ‘n ISIS-nes – Dayr az Zawr en gebiede oos van Aleppo geteiken.

Rusland ontken dat daar “gematigde” terroriste bestaan.

Met sy besoek aan Rusland het die Franse premier Francois Hollande by Rusland gepleit om nie Britse en Amerikaanse bates te vernietig in die lugaanvalle nie.

Rusland het ‘n vliegspersone oor Sirië ingestel na die Turkse aanval.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.