Franse leier na Moskou om front teen ISIS te bou

Deel op

Frankryk het die voortou geneem op die globale politieke toneel met President Francois Hollande se besoek aan Moskou Donderdag.

Sy gesprek met die Russiese president Vladimir Poetin kan lei tot nuwe verwikkelinge in die streek nadat die twee ooreengekom het om terroriste se olie-inkomste te teiken.

Hollande wil konsensus bou teen ISIS in beide Sirië en Irak, na aanleiding van die terreuraanvalle in Parys op 13 November wat 130 mense se dood gekos het en honderde beseer het.

As sodanig, is sy ontmoeting met Poetin Donderdag ‘n belangrike stap in die rigting van ‘n verdraagsame beleid teenoor Rusland.

Wetgewers van Duitsland se regerende partye het die week vergader om te bespreek hoe Berlyn bystand aan Frankryk in die stryd teen die Islamitiese Staat kan verleen.

Dit volg insgelyks na die dodelike terreuraanvalle in Parys.

Hollande, het Woensdag Duitsland se hulp gevra toe kanselier Angela Merkel hom in die Franse hoofstad besoek het. Sy het toe onderneem om “spoedig” op die versoek te reageer.

Lede van die Duitse Bundestag se konserwatiewe blok en diegene van die sentraal-linkse Sosiaal Demokrate is genooi om ‘n vergadering by te woon om die aangeleentheid te bespreek.

Die Franse en Duitse leiers het elk ook ‘n pienk roos by die ander huldeblyke vir die slagoffers van die Parysaanvalle in die Place de la Republique geplaas.

Hollande het ook met die Italiaanse eerste minister, Matteo Renzi, in Parys vergader voordat hy na Moskou gevlieg het.

Sy veldtog word aan bande gelê deur die uitval tussen Rusland en Turkye oor die Russiese vegvliegtuig wat vroeër die week afgeskiet is.

Ontleders meen dat Turkye met Washington se goedkeuring die Russiese tuig afgeskiet het nadat hulle die Russe in ‘n lokval gelei het. CNN het intussen na ISIS-terroriste in hul nuusberigte begin verwys as “amptenare van die Islamitiese Staat”.

Die Turkse president Erdogan en sy gesin baat glo uit die inkomste van gesteelde olie wat hulle by ISIS teen ‘n afslag koop.

Volgens berigte is ‘n Israeliese kolonel Yusi Oulen Shahak glo ontmasker as deel van ISIS.

Frankryk het hom beroep op ‘n resolusie wat bepaal dat lidlande van die Europese Unie (EU) militêre bystand aan Frankryk moet verleen ná die aanvalle in Parys op 13 November toe 130 mense dood is in ‘n golf aanvalle waarvoor ISIS aanspreeklikheid aanvaar het.

Hollande het egter volgehou dat die verkose Siriese president geen rol moet speel in ‘n “oorgang” nie, en dat Rusland as spreekbuis vir Siriese belange moet optree.

Duitsland het vandag ingestem om militêre hulp te verleen aan Frankryk met ondersteuning vir ‘n uitgebreide lugveldtog teen die “moorddadige bende” na die Franse president se besoek.

Deelname sal insluit dat tussen vier en ses Tornado-verkenningsvliegtuie toegerus met spesiale infrarooikameras wat vyandige posisies sal kan opspoor, gestuur word sowel as ‘n fregat om die Charles de Gaulle, die Franse vliegdekskip in die Middellandse See, te beskerm.

Duitsland sal ook hervullingsvliegtuie vir Franse tuie beskikmaar maak, het Henning Otte, verdedigingswoordvoerder vir die Duitse kanselier Angela Merkel se Christen-Demokratiese Unie, aan joernaliste gesê.

Rusland het met die ontmoeting die Turks-Amerikaanse plan om ‘n vliegspergebied oor Sirië aan te kondig, gekelder.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.