Nigerië verlaag MTN-boete

Die Nigeriese Kommunikasie-kommissie het ingestem om MTN se boete van R72 miljard rand na sowat R14 miljard rand te verminder.

Die boete is opgelê omdat MTN Nigerië ongeregistreerde intekenare nie dadelik afgesny het in Augustus en September nie.

Twee Nigeriese amptenare van MTN, waaronder die hoof, is intussen afgedank en vervang.

Wetgewing oor die registrasie van Sim-kaarte is soortgelyk aan die in Suid-Afrika, maar dié drakoniese boete word beskou as ‘n politieke skuif.

Die maatskappy het Donderdagoggend bekend gemaak dat die Nigeriese kommunikasiekommissie ‘n amptelike brief gestuur het waarin die boete verminder word ná onderhandelinge met die regering.

Die boete moet volgens dié brief teen 31 Desember betaal word.

Phuthuma Nhleko, uitvoerende voorsitter, het herhaaldelik met Nigeriese owerhede in gesprek getree oor die boete.

MTN se versuim het glo meer as vyf miljoen ongeregistreerde SIM-kaarte in Nigerië behels.

Nigeriese boete teen MTN oordrewe sê ontleders

Nigerië se regering loop die risiko om beleggers af te skrik wat die land nie kan bekostig om te verloor nie.

‘n Boete van $5,2 miljard teen die land se grootste selfoon-maatskappy, MTN, sê ontleders is oordrewe.

Met ‘n ekonomie wat steier onder lae oliepryse, beperkings op die geldeenheid en geen minister van finansies, het Nigeriese owerhede hulself geen guns bewys om een van hul grootste buitelandse beleggers so stief te behandel nie.

Die oordrewe boete is gelykstaande aan meer as 20 persent van die Johannesburgse MTN se markwaarde.

Nigerië se telekommunikasie-reguleerder het MTN dié week beboet, oënskynlik vir die versuim om kliënte te ontkoppel met ongeregistreerde SIM-kaarte en met onvolledige data.

Dié besluit het daartoe gelei dat die aandele met 19% gedaal het. Nigerië is MTN se grootste mark, waar 62 miljoen kliënte die diens gebruik.

Die grootte van die boete lyk nie of dit enige betrekking op die omvang van die beweerde misdryf het nie, het markontleders in Londen gesê.

Vertroue in president Muhammadu Buhari is stadig besig om te verdamp. Die oud-militêre leier moet nog sy kabinet aanwys, na vyf maande in die amp.

Die versuim het bygedra tot ‘n beleidsvakuum in die bewind van Afrika se grootste olie-produsent.

Die internasionale graderingsagentskap, Moody’s het intussen sy vooruitsig vir die selfoonreus, MTN na negatief aangepas weens die potensiële skade wat die boete kan bring.

Nigerië is verantwoordelik vir sowat ‘n derde van MTN se inkomste.

Die maatskappy is glo reeds in samesprekings met die reguleerder betrokke om die boete te verminder.

SA SIM-kaarte kwesbaar vir kraak-aanvalle

simsSuid-Afrikaners is onder die mees kwesbare groep op die vasteland wat SIM-kaartkrakers betref.

‘n Fout met selfone se SIM-kaart tegnologie stel miljoene mense in gevaar om beroof te word, sê ‘n deskundige aan die BBC gesê.

Karsten Nohl het gesê hy het ‘n manier gekry om met ‘n paar SMS’se die Sim se digitale sleutels te ontdek wat hy na die betrokke selfoon stuur. Hy het gewaarsku dat misdadigers potensieel dieselfde tegniek kan gebruik.

‘n Waghondorganisasie – die GSMA – het gesê hulle bestudeer die bevindings.

“Ons het die implikasies oorweeg en leiding verskaf aan betrokke netwerkoperateurs en sim-verkopers wat geraak word,” het ‘n woordvoerder van die vereniging van wêreldwye netwerkoperateurs gesê.

SIM-kaarte kan doeltreffend as ‘n sekuriteitsmaatreël gebruik word, as waarmerk van ‘n gebruiker se identiteit vir hul netwerkoperateur. Hulle het ook ‘n beperkte hoeveelheid data soos sms-boodskappe, kontaktelefoonnommers en besonderhede stoor wat gebruik word vir ‘n paar programme – insluitende ‘n aantal betalings- en bankdienste.

Mnr Nohl het gesê hy het ‘n manier om die verifikasiekode te ontsluit ontdek deur die stuur van ‘n SMS-boodskap wat lyk na die selfoon-operateur.

Sodra die misdadigers hierdie inligting het, het Nohl gesê, kan hulle steelsagteware oplaai na die SIM in Java-programmeertaal.

Hy het gesê dié skelmstreek kan toelaat dat die misdadigers luister in die teiken se stemposboodskappe en selfs die bewegings van die selfoonhouer volg.

Mobiele bankkliënte in Afrika kan veral kwesbaar wees vir hierdie nuwe kraker-aanval.

“Hier in Europa gebruik ons ​​’n SIM-kaarte vir telefoonoproepe en teksboodskappe, maar baie mense in Afrika gebruik hulle ook vir hul mobiele bank,” het hy gesê.

“Iemand kan ‘n [bankkliënt se] hele bankrekening steel deur die kopiëring van hul SIM-kaart.” – The Citizen