‘n Vragskip het Maandag by die Richardsbaai-hawe gestrand nadat dit enjinprobleme ondervind het, het die hawebestuur gesê. Kapt. Rufus Lekala, hawemeester van die Transnet- Nasionale Hawe-owerheid (TNPA), het in ‘n verklaring gesê die Smart, wat ‘n vrag van 147 650 ton se steenkool vervoer, het om 14:10 Maandagmiddag buite die ingang van die hawe gestrand.
Moslembroederskap-leier in aanhouding
Die geestelike leier van die Moslem Broederskap in Egipte, Mohamed Badie, is Dinsdagoggend in die Nasr City in die noordooste van Kaïro in hegtenis geneem. Badie (70) was die hoogste bevelvoerder van die organisasie wat deur die owerhede gesoek is. Hy sal op 25 Augustus verskyn saam met twee ander ampsdraers Badie se seun is
Boot met 100 asielsoekers na Australië sink
‘n Boot met sowat 100 asielsoekers het langs die kus van die afgeleë Kerseiland gesink en Australiese owerhede moes inderhaas die passasiers uit die water red. Die boot het Dinsdag sowat 220 km noord van Kerseiland, een van Australië se ses immigrasie-aanhoudingsentrums, gesink. Die Australiese maritieme owerheid het gesê sowat 105 mense was aan boord.
Seriti-kommissie handhaaf slakkepas
Die eerste getuies sal Dinsdag geroep word om voor die Seriti-kommissie van ondersoek na die wapentransaksie in Pretoria te getuig. Die proses wat gevolg sal word is Maandag aangedui en die lys name van die eerste week se getuies is bekendgemaak. Die eerste getuies by die kommissie se openbare sitting is senior offisiere van die
DA-hoofsweep loop na ANC oor
Die Demokratiese Alliansie het die nuus verwelkom dat sy voormalige hoofsweep in die Tshwane Metroraad, Derrick Flemming, na die ANC oorgeloop het. Flemming was ‘n lid van die ANC voordat hy by die DA aangesluit het. Flemming het gister aangekondig dat hy uit die DA bedank en weer by die regerende party aangesluit het. Die
Die Afrikaner as postpostmoderne vreemdeling
deur Dan Roodt [followbutton username=’danroodt’ count=’true’ lang=’en’ theme=’light’] Hou van Dan Roodt se Facebookblad Ná Albert Brenner se uiters interessante kommentaar oor die Afrikaner se identifikasie met rugby, dag ek ek sal so ‘n stukkie teorie (denk?) pleeg oor wie en wat die Afrikaner in 2013 nou eintlik is. Nie lank gelede nie, het ek ‘n
Afrikanerbond doen voorlegging oor 1913-wet
Die parlement se Ad Hoc komitee oor die herstel van grondregte en die gevolge van die 1913 Wet op Naturellegrond voer vandag samesprekings met verskillende belangegroepe oor die vordering wat tot dusver gemaak is. Die herverdeling van grond, die voorgestelde heropening van grondeise en kommer oor voortslepende onsekerheid oor grondonteiening, is van die kwessies wat
Oscar-moordverhoor tot volgende jaar uitgestel
Die moordverhoor van die Paralimpiese atleet Oscar Pistorius sal van 3 tot 20 Maart aanstaande jaar in die hooggeregshof in Pretoria plaasvind. Die staat het amptelik die klagstaat teen hom bekendgemaak. Daar is glo bewyse dat Pistorius op 14 Februarie vanjaar sy vriendin Reeva Steenkamp met voorbedagte rade doodgeskiet het, is vroeër berig. Hy het
Grondwethof verwerp Marikana-aansoek om staatsbefondsing
Die Grondwethof het die appèlaansoek van regsverteenwoordigers van mynwerkers by die Marikana Kommissie van Ondersoek verwerp. Die regters in die hof het in ‘n eenparige uitspraak die aansoek verwerp om ‘n tussentydse bevel van die Noord Gautengse Hooggeregshof ter syde te stel. Dié hof het gelas dat die staat nie ‘n verpligting het om die
Lees verder: Grondwethof verwerp Marikana-aansoek om staatsbefondsing
Egiptiese Islamiste val kerke aan
deur Hamza Hendawi Nadat Islamiste ‘n Fransiskaanse skool aan die brand gesteek het, is drie nonne soos “krygsgevangenes” op straat geparadeer alvorens ‘n Moslemvrou haar oor hulle ontferm het. Twee ander vroue wat ook by die skool werksaam was, is seksueel geteister en aangerand terwyl hulle deur die massas probeer beweeg het. In die vier
