Die Afrikaanse romansier, draaiboekskrywer en joernalis, Gustav Venter, is gister op die plaas Braamhof in die Oos-Vrystaat met Erma Carsten getroud. Die bruilof is deur byna 300 mense bygewoon en die bruid het in ‘n veteraan- Volkswagen Kombi opgedaag. Gustav se broer, dr. Philip Venter, het al die pad van Louis Trichardt af gekom om
Leon Lemmer: Standaardtaal en Standaardafrikaans
‘n Standaardtaal is, soos die term aandui, ‘n taal wat gestandaardiseer is, dus in ‘n groot mate ‘n vaste vorm het. Daardie vastigheid sluit nie evolusionêre ontwikkeling uit nie. “Vaste vorm” dui op ‘n gestandaardiseerde spelling, woordeskat en grammatika. ‘n Redelike mate van vastigheid sal kwalik in ‘n taal wat net in gesproke vorm bestaan,
Lees verder: Leon Lemmer: Standaardtaal en Standaardafrikaans
Russiese verkenningsvliegtuig draai ‘n seemyl van Amerikaanse vliegdekskip
Op 27 Oktober 2015, het ‘n Tupolef 142 herhaaldelik nadervlugte aan die vliegdekskip die USS Ronald Reagan uitgevoer. Dié vliegdekskip is deel van die Sewende Vloot en die Suid-Koreaanse vloot se maneuvers in die ooste van die skiereiland. Sedert April 2014, het die Russiese vliegtuie sorties onderneem om sy eie kommunikasiestoringstelsel en die bevelstruktuur van
Lees verder: Russiese verkenningsvliegtuig draai ‘n seemyl van Amerikaanse vliegdekskip
Springbokke moet vinniger verswart sê minister
Die minister van sport en ontspanning, Fikile Mbalula het op ‘n nuuskonferensie gesê SARU sal later vandeesmaand vergader om die vertoning van die Springbokke tydens die Wêreldrugbytoernooi te bespreek. Hy het gewaarsku dat as ‘n transformasieteiken van 50 persent vir die Springbokke nie bereik kan word nie, sy departement stappe teen SARU sal doen. Mbalulu
Byna 300 sake van wangedrag in Vrystaat
‘n Totaal van 299 sake van wangedrag is tydens die vorige boekjaar in departemente en openbare entiteite in die Vrystaat aangemeld. Dit is volgens die LUR vir finansies, Elzabe Rockman. Sy het tydens die amptelike aankondiging van die internasionale anti-korrupsie- en bedrogbewusmakingsveldtog in Bloemfontein gesê dat 161 amptenare in dié sake skuldig bevind is. Rockman
Deen wat met menslike dele betrap is se borgaansoek duur voort
Die borgtog-aansoek van die Deense burger, Peter Fredericksen, wat van onder meer seksuele aanranding aangekla word, gaan voort. Die saak teen die 63-jarige wapenhandelaar van Bloemfontein het ‘n verrassende wending geneem, nadat dit aan die lig gekom dat Peter Fredericksen ook verbind word met die skietdood van sy swart vrou in Lesotho verlede maand. Die
Lees verder: Deen wat met menslike dele betrap is se borgaansoek duur voort
SA verkies tot Interpol se Uitvoerende Komitee
Suid-Afrika is die eerste Afrika-land wat hierdie week verkies is tot uitvoerende komitee van Interpol, het die Valke Donderdag gesê. Meer as 190 lande in die Algemene Vergadering van Interpol het gestem dat Suid-Afrika op die Uitvoerende Komitee verteenwoordig word. Die vergadering is hierdie week van Maandag tot Donderdag in Kigali, Rwanda gehou. Die Suid-Afrikaanse
Gebou stort ineen in Pakistan
Reddingswerkers in Pakistan het gister 99 mense lewend onder die puin uitgehaal nadat ’n fabriek in die stad Lahore ineengestort het, het AFP berig. Talle ander fabriekswerkers is vermoedelik steeds onder die puin vasgekeer, met ten minste 18 mense wat gesterf en wie se liggame al verwyder is. Die gebou het Woensdagaand in duie gestort,
VSA dreig SA met opskorting van AGOA
President Barack Obama het Suid-Afrika 60 dae gegee om te reageer om die AGOA-ooreenkoms te red. Die African Growth and Opportunity Act (AGOA) is ‘n handelsooreenkoms wat die vrye invoer van Amerikaanse landbouprodukte in ruil vir uitvoervoordele behels. Amerika sê Suid-Afrika het onder meer onnodige sanitêre vereistes vir Amerikaanse vark- en beesvleis ingestel, nadat pluimveeprodukte
Karel Combrinck: Afkophoenders
Dit is vandag, op enkele weke na, dertig jaar gelede dat P.W. Botha in Augustus 1985 sy beroemde of berugte « Rubicon »-toespraak voor die NP koukus in Durban gelewer het. Die toespraak is met skarrelende oorywer, ‘n mens kan byna sê, paniekbevangenheid, in opdrag van Pik Botha deur Suid-Afrikaanse ambassades wêreldwyd vooraf bekendgemaak. Sou
