Springbokke moet vinniger verswart sê minister

Die minister van sport en ontspanning, Fikile Mbalula het op ‘n nuuskonferensie gesê SARU sal later vandeesmaand vergader om die vertoning van die Springbokke tydens die Wêreldrugbytoernooi te bespreek.

Hy het gewaarsku dat as ‘n transformasieteiken van 50 persent vir die Springbokke nie bereik kan word nie, sy departement stappe teen SARU sal doen.

Mbalulu sê die Springbokke het nie sleg gevaar tydens die wêreldbeker nie, maar kan beter doen as hulle verder transformeer.

Die Springbokke het derde geëindig in die toernooi, na Australië en Nieu-Seeland.

Die adjunk-minister van sport, Gert Oosthuizen, sê SARU en rugbyfederasies is verantwoordelik vir transformasie in die sport.

Hy het by dieselfde mediakonferensie in Johannesburg gepraat.

Transformasie in die nasionale-rugbyspan word voorgehou as die rede vir die Bokke se middelmatige vertoning.

Net agt spelers van kleur is by die Springbok-wêreldbeker-groep ingesluit.

Die vakbond Cosatu sê hulle sal die druk teen ‘n gebrek aan transformasie in Suid-Afrikaanse rugby volhou.

Hulle dreig om wedstryde te ontwrig as daar nie aan die oproep om verswarting gehoor gegee word nie.

Tony Ehrenreich van Cosatu het aan eNCA gesê dat meer gedoen moet word, en vinnig.

Mbalula sê die 50 persent swart verteenwoordiging moet bereik word teen die volgende Wêreldbeker-toernooi in 2019.

Ruben Kruger oorlede

Die voormalige Springbok- en Bulls-flank Ruben Kruger (39) is Woensdagaand oorlede ná ‘n lang stryd teen kanker. Die nuus van sy afsterwe is deur Facebook versprei.

Kruger was deel van die Wêreldbekerrugbytoernooi se wenspan van 1995.

Hy is in 2000 met ‘n breingewas gediagnoseer en in 2007 en 2009 het hy twee breinoperasies ondergaan om gewasse uit sy brein te verwyder.

Kruger laat sy vrou Lize en twee dogters Zoë (7) en Isabella (4) agter.

інтернет магазин іграшокФильчаков прокуратура харьков