Rand versterk ná Britse rentekoersverlaging en DA-vertoning

Die rand het sy beste koers in nege maande teen die dollar bereik nadat die Bank van Engeland rentekoerse verlaag het en die Demokratiese Alliansie ‘n goeie vertoning in gister se plaaslike verkiesings gelewer het. Die rand het vanoggend vroeg op R13,7035 teen die Amerikaanse dollar gestaan en R17,9938 teenoor die Britse pond. Die plaaslike

Lees verder: Rand versterk ná Britse rentekoersverlaging en DA-vertoning

‘Hollywood-base dreig akteurs wat Trump ondersteun’

Liberale Hollywood-base dreig na bewering akteurs wat Donald Trump ondersteun dat hulle nooit weer werk sal kry nie. Dié bewerings word gemaak deur die Amerikaanse sepiester en manlike model, Antonio Sabato jr. (foto hier bo). Volgens Sabato is hy aanlyn “geteiken” en op ‘n swartlys geplaas nadat hy ‘n toespraak ter ondersteuning van Trump by

Lees verder: ‘Hollywood-base dreig akteurs wat Trump ondersteun’

VF Plus kry 2% in Pretoria, hoop op koalisie met DA

Die leier van die Vryheidsfront Plus, Sakkie du Plooy, hoop om in ‘n koalisie met die DA in Pretoria te dien. Gisteraand teen tienuur was die DA en ANC min of meer gelykop met 42% elk van die stemme in die sogenaamde Tshwane-metrogebied. In weerwil van die groot aantal Afrikaners in Pretoria, is die VF

Lees verder: VF Plus kry 2% in Pretoria, hoop op koalisie met DA

DA praat met Bantu Holomisa oor koalisie in Port Elizabeth

Die leier van die United Democratic Movement (UDM), Bantu Holomisa, het aangekondig dat hy deur “groot partye” genader is om ‘n koalisieregering in die Nelson Mandelabaai-metro saam te stel. Holomisa het gisteraand gesê: “Ek hoor sekere van die groot partye praat met ons om te vra of ons hulle kan help. Afhangend van die finale

Lees verder: DA praat met Bantu Holomisa oor koalisie in Port Elizabeth

Munisipale verkiesing 2016 ‘n referendum vir Zuma

Wit Suid-Afrikaners het Woensdag in munisipale verkiesings gestem in die hoop om die regerende ANC ’n gevoelige slag te kan toedien. Die verkiesing word as ’n soort referendum oor Zuma gesien, wat verswak is deur korrupsie­skandale, hofsake en treurige ekonomiese data, insluitende ’n werkloosheidsyfer van 27 persent en nul persent groei in die bruto binne­landse

Lees verder: Munisipale verkiesing 2016 ‘n referendum vir Zuma

Niks nuuts: ANC, EFF en DA is SA se gewildste partye

Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het in Lethabong naby Rustenburg al vroeg die oorwinningsvieringe Woensdag afgeskop, skaars na die sluiting van die stembusse om 19:00. ‘n Konvooi van motors met die EFF-vlae versier het stadig deur die dorp gery, met partylede wat al singende hul vuiste in die lug gehou het ter viering van ‘n verwagte

Lees verder: Niks nuuts: ANC, EFF en DA is SA se gewildste partye

Gewapende polisie ontplooi na mesaanval in Londense park een eis

‘n Mesaanval in Londen het ‘n vrou se dood veroorsaak en vyf ander mense is beseer. Die aanvaller wat amok gemaak het in sentraal-Londen se Russell Square kon ‘n terreurmotief gehad het, sê ondersoekbeamptes nadat ‘n verdagte in hegtenis geneem is op die toneel. Beamptes het ‘n elektriese skokgeweer gebruik om die 19-jarige man in

Lees verder: Gewapende polisie ontplooi na mesaanval in Londense park een eis

Brandende vliegtuig moet noodlanding in Doebaai doen

‘n Vliegtuig van die Emirates-lugdiens moes ‘n noodlanding moes uitvoer op die Doebaai-lughawe. Die 282 passasiers en 18 bemanningslede is ongedeerd. Daar was glo ‘n Suid-Afrikaner aan boord van die vlug. ‘n Dik, swart rookwolk was sigbaar bo die gestrande vliegtuig op foto’s wat op sosiale media versprei is. Volgens ‘n verklaring van die lugdiens

Lees verder: Brandende vliegtuig moet noodlanding in Doebaai doen

Duitsland waarsku Turkye oor visum-afpersing

Duitsland het Turkye se dreigement om nie sy woord gestand te doen oor die omstrede ooreenkoms met die Europese Unie (EU) nie, verwerp. Turkye het onderneem om die vloei van migrante na die EU te stop. Nou eis Turkye visumvrye toegang na die EU teen Oktober. Gevra of Turkye die EU kon “afpers” oor die

Lees verder: Duitsland waarsku Turkye oor visum-afpersing

ISIS-djihadiste byna uit Sirte verdryf

Magte lojaal aan Libië se eenheidsregering maak vordering binne die djihadiste se vesting, Sirte nadat die eerste Amerikaanse lugaanvalle, posisies van die Islamitiese Staat (ISIS) in die stad geteiken het. Die soldate het die sentrale distrik, Al-Dollar, ingeneem nadat gevegte die lewens van vyf soldate geëis het. Sewentien ander is gewond. Die regering in Tripoli

Lees verder: ISIS-djihadiste byna uit Sirte verdryf