Lood se twakpraatjies

Nadat PRAAG onlangs ‘n oud-vlootadmiraal aangehaal het wat beweer dat FW de Klerk direk geïmpliseer word in selfverryking, het “Lood” vinnig opgetree om dié verdoemende uitlatings toe te smeer. Kennelik wil Media24 nie graag dat selfverryking aan De Klerk verbind word nie, maar slegs aan Zuma wat in vergelyking klaarblyklik nie genoeg gesteel het om

Lees verder: Lood se twakpraatjies

Mantashe sê aanvalle is teen ANC, nie net Zuma nie

Die sekretaris-generaal van die ANC, Gwede Mantashe, sê die onlangse aanvalle teen president Jacob Zuma is geloods as ‘n aanval op die party, eerder as teen net die president alleen. Hy het by die opening van ‘n beraad in die Noord-Kaap in Kimberley, gesê diegene wat Zuma se kop eis, soek ‘n sondebok ten einde

Lees verder: Mantashe sê aanvalle is teen ANC, nie net Zuma nie

Swartes stel in stedelike grondhervorming belang

Dr. Anthea Jeffery, hoof van beleidsnavorsing by die Instituut vir Rasseverhoudinge (IRV) het ‘n indringende peiling oor swart ekonomiese bemagtiging (SEB), kwota-indiensneming, regstellende aksie en landelike grondhervorming bekend gestel. Net 11,3% van Suid-Afrikaners wat genader is, het gesê dat die grondhervormingsbeleid hulle persoonlik gehelp het en sowat 55,7% van swart deelnemers het stedelike eiendomshervorming verkies.

Lees verder: Swartes stel in stedelike grondhervorming belang

Splintergroep van Boko Haram se leier gevang

Die Nigeriese weermag het die leier van die Islamitiese militante groep, Ansaru, ’n splinterfaksie van Boko Haram, in hegtenis geneem en hom daarvan beskuldig dat hy Westerlinge ontvoer en vermoor, het Reuters berig. In 2012 het die Amerikaanse departement van verdediging Ansaru se leier, Khalid al-Barnawi, geïdentifiseer as een van drie Nigeriese militante wat op

Lees verder: Splintergroep van Boko Haram se leier gevang

Inwoners vlug na skermutselinge in Brazzaville

Kongolese inwoners van die suidelike distrikte van Brazzaville skuil by ’n kerk nadat hulle Maandag van intensiewe skermutselinge tussen veiligheidsmagte en opposisie-voorstanders in die suide van die hoofstad van die Republiek van die Kongo gevlug het. Gevegte woed nog in dele van die stad, het AFP berig. Volgens verslaggewers op die toneel, het paniekbevange mense

Lees verder: Inwoners vlug na skermutselinge in Brazzaville

FNB los Guptas, Nedbank gedreig

Die Gupta-familie het Eerste Nasionale Bank versoek om redes te verstrek waarom die bank die rekeninge gesluit het van die Oakbay Investments-maatskappy wat aan die Gupta-familie behoort. Die maatskappy is die houermaatskappy vir die Gupta-familie se sake-ondernemings in Suid-Afrika. Volgens die Reuters-nuusagentskap het die bank nie redes vir die sluitings bekend gemaak nie. Dit is

Lees verder: FNB los Guptas, Nedbank gedreig

Mossack Fonseca: ‘Enigste misdaad is kuberinbraak’

Die enigste misdaad wat gepleeg is, is van ‘n kuberaard, volgens Ramon Fonseca, een van die stigters van Mossack Fonseca, die regsfirma wat die middelpunt van die Panama Papers is. Fonseca het gesê die firma het ‘n klag by die Panamese owerheid ingedien omdat al die beriggewing tot dusver oor die bates van rykes handel

Lees verder: Mossack Fonseca: ‘Enigste misdaad is kuberinbraak’

Zuma klou soos ‘n neet

Suid-Afrika se president klou soos ‘n neet en sy vyande raak raadop. Media24 en Times Media het reeds elke “meningsvormer” in Engels en Afrikaans ingespan om van die ou indoena ontslae te raak, maar Jacob Zuma steur hom nie daaraan nie. Die DA-mosie om die president in ‘n staat van beskuldiging te plaas, is intussen

Lees verder: Zuma klou soos ‘n neet

Terugslae vir Trump en Hillary in Wisconsin

Die senator van Texas, Ted Cruz, het gisteraand Suid-Afrikaanse tyd oor Donald Trump geseëvier in die Republikeinse nominasiestryd in die deelstaat Wisconsin. In die Demokratiese resies het die senator van Vermont, Bernie Sanders, op sy beurt vir Hillary Clinton geklop en daarmee nog ‘n onlangse oorwinning ingeryg, hoewel hy steeds ver agter loop sover dit

Lees verder: Terugslae vir Trump en Hillary in Wisconsin

ISIS uit sleuteldorp gedryf

Sirië het met die hulp van Russiese lugaanvalle Sondag die Islamitiese Staat (ISIS) uit die dorp al-Qaryatain gedryf. ISIS het in Augustus beheer van die dorp geneem. Sirië se staatstelevisie het Maandag berig dat die dorp weer in die hande van die wettige regering is. “Die laaste groepe Daesh-terroriste in die dorp is om die

Lees verder: ISIS uit sleuteldorp gedryf