Zuma klou soos ‘n neet

Suid-Afrika se president klou soos ‘n neet en sy vyande raak raadop.

Media24 en Times Media het reeds elke “meningsvormer” in Engels en Afrikaans ingespan om van die ou indoena ontslae te raak, maar Jacob Zuma steur hom nie daaraan nie.

Die DA-mosie om die president in ‘n staat van beskuldiging te plaas, is intussen in die Parlement verslaan.

Die presidensie het vroeër ‘n verklaring uitgereik wat lui dat mediaberigte verkeerd is en dat die Grondwethof slegs bevind het dat die president versuim het om sy Grondwetlike verpligtinge na te kom.

Zuma se vyande, het sy korreksie van mediaberigte dat hy nie sy ampseed oor die Nkandla-kwessie geskend het nie, as ‘n kwessie van semantiek afgemaak.

Selfs die bang, maar aandagsugtige Riaan van Heerden het met ‘n reuse kruippoging ook sy stemmetjie gevoeg by die beswaardes.

‘n Grondwetkenner, David Unterhalter moes toegee dat die president korrek is, en dat die uitspraak verkieslik meer politieke slaankrag moes opgelewer het.

Vroeër het die voormalige minister van finansies, Trevor Manuel sy stem gevoeg by dié van Britse agente in die ANC wat Zuma gevra het om te bedank.

Manuel het in ‘n onderhoud met Soweto TV gesê die uitspraak teen die president dui op ‘n “groot krisis” omdat hy die grondwet geskend het.

Die voormalige tesourier-generaal van die ANC, Matthews Phosa, die ANC-veteraan Ahmed Kathrada en verskeie ander het ook reeds die president se bedanking geëis.

Die minister van finansies, Pravin Gordhan het gewaarsku dat kredietgraderingsagentskappe die politieke situasie in Suid-Afrika in ag sal neem waneer die land se kredietgradering later vanjaar hersien word.

Gordhan sê die politiek, die ekonomie en die fiskale situasie word oorweeg wanneer die agentskappe besluite neem.

Hy sê Suid-Afrikaners moet daarvan bewus wees.

Vir wie werk Solidariteit?

Een van die raaisels van die Nuwe Suid-Afrika is die hoeveelheid gratis publisiteit wat Solidariteit (en Afriforum) ontvang. Die meeste Afrikaanse organisasies word eintlik doodgeswyg deur die SAUK, die Independent-groep en natuurlik Nasionale Pers se koerante en TV-kanale.

Vanmôre word Beeld se hele voorblad egter in beslag geneem deur ‘n oproep om deel te neem aan Solidariteit se e-posveldtog teen misdaad. Huh!? Van wanneer af neem Beeld deel aan aktivisme teen die Nuwe Suid-Afrika? Die afgelope sestien jaar vertel al hul goeroes soos Max du Preez, Ferdi Greyling en ander ons net aanmekaar hoe “onvermydelik” die huidige bestel is en dat Afrikaners maar te dankbaar moet wees vir al die voorregte wat ons tans geniet, soos die reg om jou eie huis of motor te mag besit.

Ook het Dirk Hermann van Solidariteit vanmore omtrent tien minute op Radio Sonder Grense gekry om dieselfde e-posveldtog te adverteer. Gewoonlik steur RSG hom nie aan die doen en late van Afrikaanse organisasies nie en saai liewer die toesprake van ANC-ministers regstreeks in Engels uit. Dis ook baie vreemd. Ek moes myself knyp om seker te maak ek droom nie!

Solidariteit se e-posse word egter aan die president, Jacob Zuma, gestuur. Nou wonder ‘n mens, met die anti-Zuma-veldtog wat in die Engelse media in die land woed en wat sekerlik ook vanuit die Britse en Amerikaanse ambassades in ons land georkestreer word… Het ons hier te make, nie soseer met ‘n anti-misdaadveldtog nie, maar met ‘n vertakking van die anti-Zuma-veldtog?

In die twintigste eeu het Afrikaners gedweë as kanonvoer gedien in al die oorloë wat Brittanje geveg het. Voor ons soldate Angola binnegeval het, het die Amerikaanse “adviseurs” hulle toegespreek en gesê “hulle veg vir die Vrye Wêreld”. Ek weet, want ek was daar. Agterna het die “Vrye Wêreld” (dis nou hoofsaaklik die VSA en Groot Brittanje) ons in die rug gesteek en gesorg dat Madiba en sy trawante oor ons aangestel word om ons taal en kultuur uit te wis, regstellende aksie teen ons toe te pas, ens. Onder andere het Mandela die misdaadgolf aan die gang gesit toe hy aan 9 000 geharde misdadigers kwytskelding verleen het.

Misdaad in ons land dien die Britse saak, want dit verdryf Afrikaners uit Suid-Afrika en is daarom die “finale oplossing” vir wat hulle as die Afrikanerprobleem beskou. Maar kennelik beheer iemand anders as Groot Brittanje vir Jacob Zuma. Onder andere is hy vriende met die Angolese en die Arabiere. Moontlik staan hy ook nie afsydig teenoor die Russe en Sjinese nie.

Zuma se jeugdige handlanger, Julius Malema, praat skoon daarvan dat hy die myne wil nasionaliseer. Dit gaan waarskynlik nie goed af by Anglo-American en De Beers se hoofkantoor wat deesdae in Londen gesetel is nie…

Dis seker nou nie toevallig dat die Sunday Times en The Star ‘n ontsettende anti-Zuma-veldtog aan die gang hou nie. ‘n Mens sou sweer Zuma is PW Botha! Soveel propaganda wat teen een mens gerig is! Want die kleurryke Zoeloe met sy baie vrouens en kinders is seker nie, soos Mandela of Mbeki, die ideale Britse marionet wat alles doen wat die mynhuise of die Britse Ambassade in Kaapstad van hom vra nie.

En Zuma het mos positiewe geluide oor Afrikaners gemaak en Pieter Mulder in sy kabinet as ‘n troosprys aangestel. Vir die internasionale geldmag is dit seker nog ‘n goeie rede om van hom ontslae te raak.

Nou kom Solidariteit en Beeld op die toneel en gebruik misdaad om die Afrikanerbevolking teen Jacob Zuma op te sweep. Terwyl Mandela, wat so fluks die misdadigers uit die tronk gelaat het, aanbid moet word.

Dis nou ook op die oomblik dat dieselfde Beeld in ‘n meningspeiling agtergekom het dat Afrikaners van ‘n volkstaat droom wat sommer heeltemal misdaadvry sal wees, want dit sal deur Afrikaners regeer word. Vryheid, daardie taboewoord in ons woordeskat.

Iemand wil van Zuma ontslae raak, anders sou daar nie so ‘n konstante veldtog teen hom gevoer gewees het nie en sou daar nie ‘n bekookte verkragtingsaak teen hom geloods gewees het nie. Al daardie Afrikaners wat vandag fluks e-posse aan Zuma oor misdaad gaan stuur, moet hulleself afvra watter doel dit gaan dien. Gaan jou e-pos misdaad stop of gaan dit, soos die Afrikaners se gunstelingparty met ‘n Black Sash-tannie aan die spits gesê het, vir “Zuma stop”?

Moet ons nie eerder stry om ons vuurwapens te behou, buurtwagte te stig en weer beheer van die strate te neem nie? Ná alles, hoeveel gewapende rowers stop jy met ‘n e-pos? En dink jy regtig die ANC-regering kán iets aangaande misdaad doen, selfs al wil hy?

Wanneer gaan Afrikaners in hul eie belang begin optree en nie iemand anders se belang (die anti-Zuma-faksie, die geldmag of Brittanje en Amerika) dien nie?

Immers weet ons ook dat Solidariteit nie ‘n probleem met die Nuwe Suid-Afrika of ons wonderlike nuwe grondwet het nie. Soos FW, voel hulle net “die grondwet moet reg toegepas word”. En ‘n pleister of twee op die misdaadprobleem sal sekerlik help om FW de Klerk en Roelf Meyer se erfenis te beskerm. Met binnekort ‘n meer Engelse swarte – ‘n pro-Britse kloon van Thabo Mbeki – in Libertas in Pretoria, wat ons verder kan bewierook met die voordele van “ons wonderlike demokrasie”.

bet no depositФильчаков прокуратура харьков