Zuma klou soos ‘n neet

Suid-Afrika se president klou soos ‘n neet en sy vyande raak raadop.

Media24 en Times Media het reeds elke “meningsvormer” in Engels en Afrikaans ingespan om van die ou indoena ontslae te raak, maar Jacob Zuma steur hom nie daaraan nie.

Die DA-mosie om die president in ‘n staat van beskuldiging te plaas, is intussen in die Parlement verslaan.

Die presidensie het vroeër ‘n verklaring uitgereik wat lui dat mediaberigte verkeerd is en dat die Grondwethof slegs bevind het dat die president versuim het om sy Grondwetlike verpligtinge na te kom.

Zuma se vyande, het sy korreksie van mediaberigte dat hy nie sy ampseed oor die Nkandla-kwessie geskend het nie, as ‘n kwessie van semantiek afgemaak.

Selfs die bang, maar aandagsugtige Riaan van Heerden het met ‘n reuse kruippoging ook sy stemmetjie gevoeg by die beswaardes.

‘n Grondwetkenner, David Unterhalter moes toegee dat die president korrek is, en dat die uitspraak verkieslik meer politieke slaankrag moes opgelewer het.

Vroeër het die voormalige minister van finansies, Trevor Manuel sy stem gevoeg by dié van Britse agente in die ANC wat Zuma gevra het om te bedank.

Manuel het in ‘n onderhoud met Soweto TV gesê die uitspraak teen die president dui op ‘n “groot krisis” omdat hy die grondwet geskend het.

Die voormalige tesourier-generaal van die ANC, Matthews Phosa, die ANC-veteraan Ahmed Kathrada en verskeie ander het ook reeds die president se bedanking geëis.

Die minister van finansies, Pravin Gordhan het gewaarsku dat kredietgraderingsagentskappe die politieke situasie in Suid-Afrika in ag sal neem waneer die land se kredietgradering later vanjaar hersien word.

Gordhan sê die politiek, die ekonomie en die fiskale situasie word oorweeg wanneer die agentskappe besluite neem.

Hy sê Suid-Afrikaners moet daarvan bewus wees.

20 thoughts on “Zuma klou soos ‘n neet”

      1. Van hier waar ek sit is verraad n kriminele dislojaliteit. Histories, in gemenereg lande is hoogverraad verraad teen die staat al is jy sg. President kan jy nie bokant die reg staan nie, al is dit Kommunistiese Azania. Hy het keer op keer vir die Volk gelieg. Wat is dit? Wat is steel uit die staatskaste?

  1. Dit is nogal interessant dat die kwaaiste anti-Zuma teenstand en gevloek van die kant van die Ingilse kom – en veral daar van die Wes-Kaap se “bleeding heart liberals!

    En terwyl ons oor die kwessie praat: Ek was gister nogal beïndruk met die ANC se twee hoofsprekers – die een wat net na Maimane gepraat het – ek dink hy is adjunkmin van justisie en die vrou wat laaste vir die ANC gepraat hert, ek dink dit is M T Kubayi. Hulle was nie alleen welsprekend en uitgesproke in die aangesig van aanhoudende uittarting en onderbreking nie, maar hulle het die feite rondom die Nkandla-ding op die punte van hulle vingers gehad. Ek kon nie na die hele debat kyk – onder meer omdat ek dit fisies onmoontlik vind om na baie van die mense te luister – maar die twee het my meer beïndruk as enigeen van die opposisiesprekers wat ek gehoor het – en dit sluit helaas Corne Mulder in!

    1. Thys wat n raakvat naam “”bleeding heart liberals!” Die
      arme “bleeding heart liberals” het net kleurlinge geken maar glo my die swartes
      wat ingevoer is – busvragte vol – het hulle vinnig tot by hulle Damaskus
      oomblik gelei. ;-))

  2. Die ding is dat Zuma nou met die Gupta skandaal ‘ n geweldige sekuriteitsrisiko vir homself en vir die hele land geword het. Hy hulle besef dit nie regtig nie.
    Nou is ‘n Gupta Lite in bevel van al die geld en daai ou is nog slimmerder as die Guptas – indien moontlik.

    Julle is almal be-angs oor die invloed wat die Jode op Obama het maar dit raak nou bekend dat al die sleutel Demokraat admiinistrasie in beheer van Moslems is.
    Dis wat Trump se mondjie nog kleiner maak – indien moontlik..:-))

  3. Ek hoop nie Zuma word gelig nie. Wie anders sal hierdie land teen die selfde tempo laat onder gaan?
    Om hoegenaamd die ANC te probeer keer is ‘n mors van tyd en energie.
    Hoe vinniger ons hierdie verval kan aanhelp, hoe gouer gaan hierdie tornado homself uitwoed.

  4. Met Mbeki destyds het hy glo ‘n brief aan Bush geskryf met die strekking dat SA nou in bevel van Afrika is…. so-iets arrogants..
    Maar ek onthou goed hoedat die wêreld se grootste oorlogskip binne een maand in Tafelbaai vasgemeer het. die Ronald Reagan dink ek.
    Want dit was tydens die Irak oorlog en Mbeki was verseker ‘n sekuriteits risiko vir die VSA.
    Dit sal waragtag ook agv die Guptas met Zuma gebeur as Trump aan bewind kom.

  5. Ek dink hierdie anti-Zuma ding is ‘n misleiding van die media. Dit lyk asof hy ongewild is, maar dalk is hy net ongewild onder die media. Ek wonder hoe sy stemvee oor hom voel? Dalk glad nie soos die media dit laat blyk nie.

    1. K_C, ons verskil dikwels, maar jy maak hier ‘n baie geldige punt. Ek het pas op iemand se FB blad dit gestel dat Zuma op die oomblik die sterk man in die oë van die swart massa kiesers is. Bitter min van hulle lees koerante en webblaaie wat vol anti-Zuma propaganda is. Hulle het seker op die swart radio-stasies gehoor van die hofuitspraak wat teen Zuma was en hulle weet sekerlik van die pogings om hom uit te skop in gister se mosie. Maar die enigste feit wat uiteindelik tot hulle gekom het, is dat Zuma gewen het! Hy is dus, in hulle oë, die sterk een – en hulle sal weer vir hom en die ANC gaan stem. O, daar is ‘n klompie – dalk veral onder stedelike jong swartes – wat baie meer van die EFF se radikale standpunte en militante optredes hou, maar ek twyfel baie sterk of hulle genoeg is om die ANC werklik seer te maak. Ons sal maar moet sien wat gebeur op 3 Aug.

  6. wat is vout met die foto? daar is nie een swart gesiggie nie, en DIT is die probleem. Tensy die meerderheid tot hulle sinne kom and kaptein showerhead in die pad steek, gaan die kultuur van “gibs me dat” net aanhou. Die rede vir die verkrummelende ekonomie, die hoe voedsel end petrol prys ens is nie weens wanbestuur nie, dis weens die onnosele stembus besluite wat deur die meerderheid gemaak is.

  7. lees asb die hofuitspraak. Dit is volledig op die internet beskikbaar by die GH se blad. Maar jy moet mooi lees as jy nie ‘n regspersoon is nie. Alles wat jy hierbo kwytraak van die tweede sin af is net JOU mening – waarop jy seker geregtig is, maar die hof het nie oor die sake uitspraak gegee nie.

    En van watter “oorlog wat kom” praat jy? O dis moontlik dat die EFFs en sekere faksies soos Vavi se vakbonde daaraan kan dink om ‘n gewapende rewolusie te begin, maar dan gaan ons wittes eerder die eerste en die grootste slagoffers wees! En dis moontlik dat die Xhosas onder leiding van een of ander malle teen die Zoeloes in opstand kom, maar ons wittes sal nie daar kant kies of eens kan kant kies nie.

Maak 'n opvolg-bydrae