praag.co.za

Lood se twakpraatjies

Written by

in

,

Nadat PRAAG onlangs ‘n oud-vlootadmiraal aangehaal het wat beweer dat FW de Klerk direk geïmpliseer word in selfverryking, het “Lood” vinnig opgetree om dié verdoemende uitlatings toe te smeer.

Kennelik wil Media24 nie graag dat selfverryking aan De Klerk verbind word nie, maar slegs aan Zuma wat in vergelyking klaarblyklik nie genoeg gesteel het om verswyg te word nie.

In “Lood se praatjies Die regses se jongste ongelooflike teorie” word die gewone ou gemeenplase oor regses, domheid en dranksug herhaal.

Die regses se jongste ongelooflike teorie:
Uit die aard van Lood se rubriek kom vreemde dinge soms oor die lessenaar. Daaruit blyk dit dat die amper outydse regses nog springlewendig en met ons is – glo dit of nie. Hulle het op ‘n tyd mos gefloreer op samesweringsteorieë waarvan sommige per pos op kassetbande uit die suidelike state van die VSA hier aangekom het. Moontlik het hulle ook al internet of ander metodes om dit te kry – of dit word heel waarskynlik meestal op Vrydagaande se “bring- ‘n-brandewynbottel-en-braai” uitgedink. Die jongste teorie uit daardie kringe gaan juis oor die probleme rondom pres. Jacob Zuma. Dit gaan glo nie oor die goeie teen die slegte of selfverrykers teen die regstaat nie – dit is een groot Amerikaanse komplot. Die Yanks is glo vies oor die regering se noue bande met China en Rusland en wil Zuma daarom uitkry en ‘n meer Westersgesinde president in sy plek laat aanstel. Nou het ons alles gehoor.

PRAAG is nie bewus van die die oud-vlootadmiraal Anthony Howell se regse politieke oortuigings, sy kognitiewe beperkings of sy alkoholverslawing nie, maar eerder verbaas dat Media24 se ywerige joernaliste nie verder ondersoek instel na Howell se opspraakwekkende bewerings waarby miljarde – nie miljoene nie – betrokke is nie.

Comments

11 responses to “Lood se twakpraatjies”

  1. Rutger Avatar
    Rutger

    So nou probeer Lood sê die probleem is nie Rusland en China nie? Leopold Scholtz dink dan dit is.

    “In sy rubriek in Beeld vandeesweek skryf Max du Preez, iemand wat nie beskuldig kan word van ‘n gehunker na die apartheidstyd nie: “Daar is ‘n wesenlike, onmiddellike gevaar dat Suid-Afrika in ‘n polisiestaat soos Rusland onder pres. Wladimir Poetin gaan ontaard.” […] Vandag is ek dit roerend met hom eens.”

    http://www.netwerk24.com/Stemme/Menings/leopold-scholtz-wees-bedag-op-zuma-kornuite-20160407

    Moet Naarpers nie liewer dan maar van ou Loupold ontslae raak nie?

    1. Riempies Avatar
      Riempies

      Rutger- Ou Leëpo(l)t kan nie sonder ou eff de Klerk dink of
      doen nie hulle moet mekaar ondersteun om n een-kitaar-snaar mening bymekaar te
      skraap, waaraan niemand hulle steur nie.
      Naarpers se standaard kan nie die nodelose optel nie.

    2. G Avatar
      G

      Poldi EN Marx is vir seker 2 liederlike boepens suiplappe, maar regses nee. Moet asb nie regses beledig nie. Die een is net meer kêns as die anner een. Die grappie is seker dat Lood te sjoepit is om te verstaan dat sy grappie op hom boemerang.

  2. G Avatar
    G

    Oe lekker. Tussen die oë.

  3. Ou Transvaal Avatar
    Ou Transvaal

    Die Regses word altyd blameer om hulle liberale leuens te verdoesel, hulle moet maar besef dat daar baie meer regdenkende mense in die land is-om dit te toets , kyk net na die verkoopsyfers van Pravda….jammer Media24/Beeld .Niemand glo hulle meer nie, dit is tyd om of deuntjie te verander of om stil te bly…..die meerderheid luister nie meer na hulle nie!!!

  4. Anton Schutte Avatar
    Anton Schutte

    Ye Gods and little boarlets!, “lood” looks like the lovechild of maxxie and a sow……oh! the horror, to go through life looking like a pink piggie, and then doing so without a brain…who says the Karma Gods don’t have a sense of humour.

  5. Ray Avatar
    Ray

    Samesweringsteorie 101: Die sameswering, ten minste in soverre dit beleid aangaan, word openlik bedryf.
    Wat Lood se rol is in die Suider Afrikaanse konteks is, verstaan ek nie heeltemal so lekker nie (ek vermoed hy is dalk bloot oningelig en verstaan bitter min oor die wêreld waarin hy leef). Die BRICS is deel van die sameswering en dit wil voorkom asof pogings om dit uit te beeld as ‘n teenstander vir die IMF, doelbewus misleidend en vals is. Maar wat weet ek, ek het seker te veel brandewyn gehad by gisteraand se braai. Dat daar meer steek agter die teenstand teen Zuma en Roussef as ‘n blote opstand van die gepeupel is redelik duidelik as jy geleer het om die kolletjies met mekaar te verbind. Dit is vir my ‘n teken dat hierdie mense nie verstaan dat hulle bloot pionne is nie, of hulle het dit begin agterkom en probeer rebelleer teen die mag agter die skerms en die plan is om hulle te verwyder. Dit is dalk ‘n blote rookskerm om die gepeupel te manipuleer.

    This Evidence Report focuses on a distinct phenomenon the BRICS Summits, as an ongoing new global governance process, spanning both economic and security issues.

    http://opendocs.ids.ac.uk/opendocs/bitstream/handle/123456789/3599/ER58%20The%20BRICS%20and%20the%20International%20Development%20System%20Challenge%20and%20Convergence.pdf?sequence=5

    1. ThysH Avatar
      ThysH

      Die arme Lood is nie net onkundig oor hoe die ANC in SA se koppe werk nie, hy het nie eens die vaagste benul wat in die wereld daarbuite aangaan nie. Seker oor sy koerant selde indien ooit buitelandse nuus publiseer behalwe wanneer dit iets sensioneel is soos ‘n bom in Brussels of Kardashian se agterstewe!

  6. Rifrug Avatar
    Rifrug

    ” … vinning opgetree … ” … moet seker wees ‘vinnig’

  7. jan Avatar
    jan

    Daar was en is net eeen groot samesweersel wat die Afrikaner se toekoms steeds veretter en dit was die moord op Verwoerd se uiters suksesvolle en vredevolle Christen demokrasie.
    Voortgesette kriminele kultuurstropery deur die Ogotters Vrydenkers Werfeffers word ook hier op Praag gepleeg en niks in die plek geplaas nie.
    Opswepery tot volksmoord is ‘n WIT projek vir 50 jaar al
    Ek sien Rhodesie was die welvarendste land met tabak en Zimbabwe nou die armste land in die wêreld sonder tabak. Net so is ons volkie uitgerook en besmet en vergiftig dat net die hospitale oorgebly het en die geld na die sakke van die skurke en maghebbers wat meestal dieselfde mense is in ‘n rampokkerstaat van Tsafendastan.

    Die Amerikaners Grieke gryp ook nou na daai konsep van veelvoudige sosialisme van Verwoerd as die enigste uitweg uit die kapitalistiese ramp waaroor Trump en Saunders so opgewonde oor is want Austerity is niks anders as privatisering / opdeling van die bankrot staat nie. Selfbeskikking met Nasionaal sosialisme ekonomiese model word alreeds gebruik as die oplossing
    Presies soos wat Orania se aandele blok maatskappy deur die Reserwebank beskou word as die beste ontwikkelings model.

  8. Genl De Wet Avatar
    Genl De Wet

    Lood jy moet maar die ou geskiedenisboeke gaan lees. Moenie die sg Regses afbreek nie. As jy iets van die geskiedenis geweet het, sou jy gesien het dat die Regses die toekoms van die NUWE Suid Afrika heeltemal korrek voorspel het.

Leave a Reply