Die VF Plus rig ‘n boodskap aan Julius Malema dat hy versigtig moet wees met sy rewolusionêre uitsprake want die geskiedenis het geleer ‘n rewolusie eet gewoonlik sy eie kinders, sê adv. Anton Alberts, die Vryheidsfront Plus se parlementêre woordvoerder oor ekonomie. “Robespierre, ‘n roekelose, bloeddorstige en magsugtige man het die vlamme van die Franse
Gauteng in 2050 so digbevolk soos Bangladesj
Internasionale navorsers het bevind dat Gauteng teen 2050 byna so dig bevolk as Bangladesj sal wees. Die suid-Asiatiese land is een van die digsbevolkte lande ter wêreld. Jonathan Moyer van die Joseph Korbel Skool vir Internasionale Studies het ‘n seminaar in Pretoria gelewer. Hy sê die regering se infrastruktuur-beplanning sal in ‘n groot mate bepaal
Britse duikbote was geen opsie, hoor Wapenaankope-kommissie
Die hoof van die vlootstelsel-afdeling by Krygkor, Rob Vermeulen het Maandag bewerings weerlê dat Suid-Afrika ‘n geleentheid om goedkoper, Brits-vervaardigde Upholder/Victoriaklas-duikbote te koop oor die hoof gesien het. Vermeulen het voor die Wapenaankope-kommissie in Pretoria gesê dat Suid-Afrika voldoende produkte by die Duitse duikbootkonsortium gekry het, ondanks kritiek. Vermeulen het sy getuienis gister voltooi, en
Lees verder: Britse duikbote was geen opsie, hoor Wapenaankope-kommissie
Inlywing van Midvaal en Emfuleni in nuwe metro ’n ramp vir inwoners
“Die beoogde inlywing van die Midvaal-munisipaliteit in Meyerton en die Emfuleni-munisipaliteit wat Vereeniging en Vanderbijlpark insluit in ‘n nuwe metroraad sowel as die verskuiwing van Heidelberg-Lesedi na die Ekurhuleni-metro aan die Oos-Rand, stuur af op ‘n diensleweringsramp, sê mnr. Jaco Mulder, VF Plus-LPW vir Gauteng. Die blote herverdeling van hulpbronne sal opsigself geen welvaart en
Lees verder: Inlywing van Midvaal en Emfuleni in nuwe metro ’n ramp vir inwoners
Umgungundlovu kry nie metro-status nie
Die KwaZulu-Natalse LUR vir Samewerkende Regering, Nomusa Dube sê hulle is teleurgesteld in die Munisipale Afbakeningsraad se besluit om nie aan die sewe plaaslike munisipaliteite in die Umgungundlovu distrikmunisipaliteit Metro-status te gee nie. Die distrikmunisipaliteit sluit Pietermaritzburg in. Dube het met die media gepraat nadat die Afbakeningsraad se finale besluit oor die afbakening van munisipale
Teenstrydighede oor 2 swart kleuters se dood
Daar is teenstrydighede in die verklaring van die ma van twee swart kleuters wat gisteroggend dood in ‘n veld in Katlehong gevind is, het die polisie in Gauteng gesê. ‘n Inwoner van Katlehong het op die twee meisies, wat een- en drie-jaar oud was, se liggame afgekom in ‘n veld naby Zonkizizwe. Hulle ma, ‘n
Obama lig skuldplafon
Die Amerikaanse staatsdiens begin weer vanoggend werk nadat die Kongres ter elfder ure ‘n ooreenkoms bereik het om die regeringstilstand te beëindig en die skuldplafon te lig. Die Huis van Verteenwoordigers, wat deur die Republikeiene beheer word, het ‘n kort gelede met 285 stemme teen 144 ‘n ooreenkoms aanvaar, terwyl die Senaat vroeër met 81
Rooi Oktober gee die olifant ‘n naam
deur Manfred Delport [followbutton username=’ManfredDelport’ count=’true’ lang=’en’ theme=’light’] Volg Manfred op Facebook. Rooi Oktober was ‘n dawerende sukses, en net nog ‘n bewys van Gustav Venter se stelling dat Afrikaners se uitnemendheid in ons breinselle, en nie in ons spermselle, gesetel is nie. Alhoewel die opkoms by die Rooi Oktober-optogte nie getalsgewys groot was nie, was
Pinetownramp: Bestuurder se lisensie vervals
Die vragmotorbestuurder wat daarvan beskuldig word dat hy die dood van 24 mense veroorsaak het toe sy voertuig teen vier taxi’s en twee motors gebots het, het ’n vervalste openbare bestuurspermit (PDP), het die Pinetown-landdroshof gehoor. Ao. Sanjeev Singh het gesê amptenare van Swaziland se departement van vervoer het bevestig dat May se Swazilandse PDP,
‘SA het die Titanic omgedraai in onderwys’
Die uitslae van die vorige nasionale matriekeksamen toon dat die land se onderwysstelsel verbeter het nadat die kurrikulum hersien is, het Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, gesê. “Ons het die storm oorleef en die Titanic omgedraai,” het die minister op ’n konferensie by Unisa in Pretoria gesê. Motshekga het gesê daar is merkbare tekens
