
Die Amerikaanse staatsdiens begin weer vanoggend werk nadat die Kongres ter elfder ure ‘n ooreenkoms bereik het om die regeringstilstand te beëindig en die skuldplafon te lig.
Die Huis van Verteenwoordigers, wat deur die Republikeiene beheer word, het ‘n kort gelede met 285 stemme teen 144 ‘n ooreenkoms aanvaar, terwyl die Senaat vroeër met 81 stemme teenoor 18 ten gunste van die wetsontwerp gestem het.
Die Amerikaanse minister van Finansies, Jacob Lew sê die ooreenkoms stel die VSA in staat om sy geloofwaardigheid én kredietwaardigheid gestand te doen.
President Barack Obama het reeds die die wet onderteken en sê die land kan weer begin werk. – RSG
