Teenstrydighede oor 2 swart kleuters se dood

katlehong2Daar is teenstrydighede in die verklaring van die ma van twee swart kleuters wat gisteroggend dood in ‘n veld in Katlehong gevind is, het die polisie in Gauteng gesê.

‘n Inwoner van Katlehong het op die twee meisies, wat een- en drie-jaar oud was, se liggame afgekom in ‘n veld naby Zonkizizwe.

Hulle ma, ‘n Mosambiekse burger is, wat by hulle was is in ‘n hospitaal opgeneem in ‘n kritieke toestand.

Sy het beweer dat haar man hulle in die veld gelos het by ‘n bouval met ‘n bottel koeldrank waarmee sy en haar kinders vergiftig is, omdat sy hom saam met ‘n ander vrou betrap het.

Die waarnemende provinsiale polisiekommissaris, Joel Mothiba sê egter die voorlopige ondersoek dui op teenstrydighede in die ma se weergawe van gebeure.

Nege polisie sleepdood-verdagtes kry borg

sleepdoodDie nege polisiebeamptes wat van die moord op die Mosambiekse taxibestuurder Mido Macia beskuldig word, het Dinsdag in die Benoni-landdroshof borgtog gekry.

Die nege beamptes het weer om borg aansoek gedoen nadat hul regsverteenwoordigers aan die hof gesê hulle beskik oor nuwe bewyse. Die hof het vroeër borgtog aan die beamptes geweier.

Macia is op 26 Februarie aan ’n polisievoertuig vasgebind en in ’n straat in Daveyton aan die Oos-Rand gesleep. Hy het ure later in polisie-aanhouding gesterf.

‘n Selfoon-video-opname is van die insident gemaak.

Die beskuldigdes is Meshack Malele (45), Thamsanqa Ncema (35), Percy Mnisi (26), Bongumusa Mdluli (25), Sipho Ngobeni (30), Lungisa Ewababa (31), Bongani Kolisi (27), Linda Sololo (56) en Motome Walter Ramatlou (37). – Sapa