In Mei 2007 skryf die gesiene PRAAG-rubriekskrywer, Buks van Rensburg, oor die dreigende oliekrisis in Die komende permanente oliekrisis. In 'n ander stuk Energiekrisis kan ons beskawing vernietig ontleed Buks die drastiese gevolge wat ons in die gesig staar wanneer die mensdom se “piek-olie” die dag opraak. Die term piek-olie is ontleen aan die sogenaamde Hubbard-kurwe wat toon dat ons oliereserwes in 2003 ‘n piek bereik het en dat die olie teen 2050 sal begin opraak.
Griekwasavontuur vir eers verby
Die pret het gister finaal uit die Griekwas se voetbal verdwyn en die gevolg was ‘n pynlike drag slae wat hulle teen die Haaie in Durban op die lyf geloop het. Die Groot Gaters het die seisoen volspoed begin en opwindende, heerlike en – belangriker – wenrugby gespeel. Afrigter Dawie Theron het ‘n atmosfeer van durf, ‘n mate van astrantheid, spantrots en spelvreugde geskep waarin die span gefloreer het. Maar nadat die weeklikse sloegstryd verlede Saterdag teen die Blou Bulle begin het om die lekkerte uit hulle avontuur te dreineer, het die laaste daarvan hierdie week op die Absa Stadion weggekwyn. Al wat oorgebly het was die durf en astrantheid, bestanddele wat hopeloos minderwaardig was om ‘n bedrewe genootskap soos die Haaie flou te speel.
‘n Uitsonderlike vrouegalery
By die uitgang van die Hooggeregshof gaan staan sy ʼn oomblik lank stil. Sy lyk verlate en hartseer, asof sy verdwaal het. Of die jare hier, die groot bitter kol êrens diep binne-in haar, so versteen het, dat sy enige oomblik gaan verbrokkel. Die pilare van die hek weerskante van haar omraam haar soos die raam van ʼn portret. Net soos die ander vroue betrokke in hof GD – waar die Boermagsaak homself afspeel – hang haar teenwoordigheid soos ʼn kunswerk, as deel van ʼn galery, aan die houtbeklede mure van die hof agter haar.
Pieter de Villiers: die Springbokke se grootste hindernis?
'n Kampioen, word daar gesê, is iemand wat iets regtig moeiliks en ingewikkelds maklik laat lyk. Dink maar aan 'n Darryll Cullinan wat 'n wegbewegende snelbal deur die dekke kon dryf met soveel elegansie en presiese aanwending van spoed en tydsberekening dat iets ontsaglik veeleisends as baie eenvoudig voorgekom het. ("As 'n mens teen Darryll geboul het, was dit altyd asof die kolfblad twee meter langer was," het Andrew Hall by geleentheid beduie.)
Lees verder: Pieter de Villiers: die Springbokke se grootste hindernis?
Transformasie wag by Kovsies
справка о заболеванииДанильченко Юрий Брониславович компромат
SA kaptein aangehou vir wapensmokkel
'n Panamese vragskip met ’n Suid-Afrikaanse kaptein en 12 Georgiese bemanningslede word in die Filippyne aangehou oor beweerde wapensmokkelary. Kaptein Lawrence John se skip is Vrydagoggend deur doeanebeamptes ondersoek. Hulle het aan boord die 2400 ton Captain Ufuk gegaan nadat dit sonder kennisgewing in die Mariveles-hawe vasgemeer het. Die owerhede het beslag gelê op die
Kriegler ‘n ‘ou man’
John Hlophe se prokureur het Johann Kriegler, die voormalige regter van die grondwethof, beledig deur hom ‘n “ou man” te noem wat “ontstellende kommentaar“ teenoor sy kliënt gelewer het. "Die ou man is duidelik besig om ‘n fout te maak,” het Barnabas Xulu aan SABC-radio gesê. Xulu het gereageer op Kriegler se uitlatings vroeër die
Jy bly ‘n donkie…
для девочки играАлександр Фильчаков прокурор
Grondwetregter trek te velde teen Afrikaanse skool
Regter Kate"O'Regan van die Grondwethof het gister gesê "die houding van Hoërskool Ermelo pla my… dis nie 'n houding wat ons grondwet in die vooruitsig stel nie". Hiermee het O'Regan na die 100%-slaagsyfer van Ermelo, 'n Afrikaansmediumhoërskool verwys, en by implikasie gesê dat die skool met sy slaagsyfer spog terwyl omliggende Engelstelalige skole swakker vaar.
Lees verder: Grondwetregter trek te velde teen Afrikaanse skool
Zuma en Dos Santos sluit oliepakt
Suid-Afrika en Angola het Donderdag 'n aantal handelsooreenkomste geteken wat 'n oliesamewerkingspakt tussen die Suid-Afrikaanse PetroSA en Angolese Sonangol insluit, het president Jose Eduardo dos Santos gesê. "Energie is een van die belangrikste aspekte vir vrede en stabiliteit," het Dos Santos aan joernaliste gesê. Bestuurders van albei maatskappye gaan saamwerk op die gebied van eksplorasie,
