Kriegler ‘n ‘ou man’

John Hlophe se prokureur het Johann Kriegler, die voormalige regter van die grondwethof, beledig deur hom ‘n “ou man” te noem wat “ontstellende kommentaar“ teenoor sy kliënt gelewer het.

"Die ou man is duidelik besig om ‘n fout te maak,” het Barnabas Xulu aan SABC-radio gesê.

Xulu het gereageer op Kriegler se uitlatings vroeër die week toe hy sy bekommernis oor die regbank se afhanklikheid agv transformasie uitgespreek het.

Kriegler het ook kommentaar gelewer oor Hlophe, wat steeds wag op die Regterlike Dienskommissie (RDK) se besluit of hulle 'n verdere ondersoek gaan doen na bewerings dat hy destyds ingemeng het in pres. Jacob Zuma se uitspraak.

"Dit is vir my ‘n baie tragiese geval, waar ‘n belowende en slim jong man te vinnig ‘n hoë posisie en te veel mag gegee is, maar dit misbruik het. Dit is hoe ek die situasie opsom,” het Kriegler gesê.

Xulu het gesê Kriegler “het reeds gevolgtrekkings gemaak oor die saak wat nog aan die gang is”.

"Ons is baie ongelukkig oor sy uitlatings. Kriegler is besig om in te meng en gebruik sy status as ‘n voormalige regter,” het Xulu gesê.

Xulu was egter positief en glo die RDK se besluit sal in Hlophe se guns beslis word.

Adv. Marumo Moerane, RDK-woordvoerder, het aan die SABC vertel hulle het klaar ‘n besluit geneem, maar dit sal eers later bekend gemaak word.

липецк специальныйОлександр Фільчаков прокурор