SA kaptein aangehou vir wapensmokkel

'n Panamese vragskip met ’n Suid-Afrikaanse kaptein en 12 Georgiese bemanningslede word in die Filippyne aangehou oor beweerde wapensmokkelary.

Kaptein Lawrence John se skip is Vrydagoggend deur doeanebeamptes ondersoek.

Hulle het aan boord die 2400 ton Captain Ufuk gegaan nadat dit sonder kennisgewing in die Mariveles-hawe vasgemeer het.

Die owerhede het beslag gelê op die skip en die polisie aan boord gestuur om die bemanningslede aan te hou. 

Die polisie het 14 kratte met vuurwapens op die skip gevind. John en sy manne kon die vrag nie verklaar nie.

Dokumente toon dat die skip vanaf Turkye gekom het, in Indonesië gestop het en onderweg was na Batangas, suid van Manila, het kusowerhede gesê.

Die Suid-Afrikaanse kaptein en sy Georgiese bemanningslede staar nou 'n ondersoek in die gesig en ’n staatsaanklaer sal besluit of daar genoeg bewyse is om ’n kriminele klag te lê.

детские кроватки купить киевФільчаков Олександр Васильович