‘Britte moet besluit wie gaan uitrede onderhandel’

Brittanje moet besluit wie die land in onderhandelinge oor uittrede uit die Europese Unie (EU) verteenwoordig, het Frankryk se minister van buitelandse sake, Jean-Marc Ayrault (foto hierbo), voor sy vertrek na post-Brexit solidariteitsamesprekings in Praag gesê. Ayrault sê dit is nie “outomaties” dat Brittanje soortgelyke toegang as Switserland na die EU-mark sonder die vrye beweging

Lees verder: ‘Britte moet besluit wie gaan uitrede onderhandel’

Negentien polisiebeamptes wat glo smokkel voor

Negentien polisiebeamptes en twee beamptes van binnelandse sake sal na verwagting vandag weer in Zeerust in die hof verskyn. Dit volg nadat hulle glo in November verlede jaar smokkelaars by die Kopfonteingrenspos tussen Suid-Afrika en Botswana gehelp het om onwettige sigarette die land in te bring. Alle verdagtes is vroeër op R1 500 borgtog elk

Lees verder: Negentien polisiebeamptes wat glo smokkel voor

Plakkers maak amok by Bloemfontein

Die ringpad suid van Bloemfontein, wat die Reddersburg- en Dewetsdorp-paaie verbind by die Dinaweng-plakkerskamp, is vir verkeer gesluit. Lede van die Mangaung se verkeersdepartement het die pad aan weerskante versper en herlei verkeer na alternatiewe roetes. Dit kom ná voortslepende oproer oor ANC-kandidate wat vir die verkiesing aangewys is. Plakkers het Maandag twee minibusse aan

Lees verder: Plakkers maak amok by Bloemfontein

Brief: Aanvalle op Afrikaanse onderwys is volksmoord

Die beskawingspeil in die sogenaamde “Nuwe Suid-Afrika” het nou tot dié punt gedaal dat volksmoord nie net blatant gepleeg word nie; dit word met akademiese paaiwoordjies en retoriek deur paap en professor goedgepraat. Onderstaande brief het ek op 28 Februarie 1996 aan Rapport gestuur. Dis nie geplaas nie, want die oorgaweproses deur die Nasionale Party-regering

Lees verder: Brief: Aanvalle op Afrikaanse onderwys is volksmoord

Siriese konflik spoel oor na Libanon

Altesaam vyf mense is dood toe selfmoordbomaanvallers Maandag die oorwegend Christen-nedersetting, Qaa in Libanon, ongeveer 100 meter van die grens met Sirië geteiken en hul plofstof ontsteek het. Vier selfmoordbomaanvallers was by die aanval betrokke. Geen groep het nog verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar nie. Inwoners van die nedersetting het onraad vermoed toe die aanvallers

Lees verder: Siriese konflik spoel oor na Libanon

Engeland in sak en as oor sokkerneerlaag teen kleine Ysland

Die Engelse sokkerspan het gisteraand met 2-1 teen Ysland, een van die kleinste volkere ter wêreld, in ‘n uitspeelwedstryd vir die Europese sokkerbeker verloor. Ysland beskik oor net meer as 300 000 burgers teenoor Engeland se 55 miljoen mense wat in die suide van Groot Brittanje woon. Op die vooraand van die wedstryd het die Sun-koerant

Lees verder: Engeland in sak en as oor sokkerneerlaag teen kleine Ysland

Karel Combrinck: Britse onttrekking geen verlies vir Europa

Die besluit van die Britse volk om hulle land uit die Europese Unie te onttrek is, saam met die val van die Berlynse muur, sekerlik die belangrikste politieke gebeurtenis in die Westerse wêreld sedert die tweede wêreldoorlog. Die goeie nuus is dat daar vir die eerste keer in sewentig jaar ‘n betekenisvolle, selfs beslissende bres

Lees verder: Karel Combrinck: Britse onttrekking geen verlies vir Europa

Solidariteit: Joernaliste se skorsing in belang van hele SA

Volgens Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit (foto hierbo), is “die skorsing van joernaliste by die SAUK in belang van alle Suid-Afrikaners”. Solidariteit verteenwoordig twee van die geskorste SAUK-joernaliste, Foeta Krige en Suna Venter, maar met dié stelling van Hermann aan Netwerk24 het die twee min hoop om ooit weer heraangestel te word. Die twee wou

Lees verder: Solidariteit: Joernaliste se skorsing in belang van hele SA

Petisie vir tweede Britse referendum ‘n bedrogspul

Die werklike aantal Britse burgers wat glo ‘n petisie onderteken het om nog ‘n referendum oor lidmaatskap van die Europese Unie te eis, is buitelandse ondertekenaars. Sommige kritici beweer dat ‘n “bot” of “script” gebruik word om name en ondertekenaars outomaties te genereer. Vanaf vroeg Sondagmiddag, het meer as 3,1 miljoen handtekeninge waarskynlik byna almal

Lees verder: Petisie vir tweede Britse referendum ‘n bedrogspul

Michelle Obama se laaste Afrika-vakansie

Die gade van die Amerikaanse president, Michelle Obama, het die week op ’n besoek aan Afrika vertrek. Sy word van haar dogters, Sasha en Malia, en haar ma vergesel as deel van haar pogings om onderwys vir meisies te bevorder. Sy besoek Morokko en Liberië en beoog om die kollig te laat val op die

Lees verder: Michelle Obama se laaste Afrika-vakansie