Michelle Obama se laaste Afrika-vakansie

Die gade van die Amerikaanse president, Michelle Obama, het die week op ’n besoek aan Afrika vertrek.

Sy word van haar dogters, Sasha en Malia, en haar ma vergesel as deel van haar pogings om onderwys vir meisies te bevorder.

Sy besoek Morokko en Liberië en beoog om die kollig te laat val op die “laat meisies leer”-inisiatief van die Amerikaanse regering wat in 2015 deur pres. Barack Obama en die eerste dame van stapel gestuur is.

Die projek vorm deel van Amerika se poging om die struikelblokke uit die weg te ruim wat meer as 62 miljoen meisies wêreldwyd, in die besonder tienerjariges, in die gesig staar om toegang tot onderwys te kry, het ’n woordvoerder van haar kantoor gesê.

Michelle Obama word deur die wit aktrise Meryl Streep na Marokko ver­gesel (foto hierbo), waar hulle met jong meisies oor “uitdagings” sal praat.

In Liberië sal sy ’n opleiding­sentrum vir lede van die Amerikaanse vredeskorps besoek asook by ‘n skool aandoen saam met Liberië se pres. Ellen Johnson Sirleaf,­ Afrika se eerste verkose vroulike staatshoof en Nobelprys vir vrede-wenner.

Google trap klei oor Michelle Obama se aapfoto

Gedokterde foto van Michelle ObamaGoogle loop tans advertensies om die vertoon van rassistiese en anti-semitiese stof in soekresultate te verduidelik, insluitende ‘n gedokterde foto wat die Amerikaanse eerste dame, Michelle Obama, as ‘n aap uitbeeld.

Die foto is deur ‘n Chinese webwerf gebruik. Google het nie kommentaar gelewer oor die talle foto’s op die internet wat George W Bush as ‘n sjimpansee uitbeeld nie.

“Soms kan Google-soekresultate op die internet ontstellende inhoud bevat, selfs van onskuldige navrae,” het die soekreus in Mountain View in Kalifornië, gesê en die apologetiese advertensie onderteken met die onderskrif “Die Google-span.”

“Ons verseker julle dat die menings wat deur sulke werwe uitgespreek word nie in enige opsig deur Google onderskryf word nie.”

Die Google-advertensie het om ‘n bladsy met beeldnavraagresultate vir Michelle Obama verskyn, tesame met die aanstootlike uitbeelding van die vrou van Barack Obama.

“Soekenjins is ‘n weerspieëling van die inhoud en inligting wat op die internet beskikbaar is,” sê Google.

“Die opvattings en voorkeure van diegene wat by Google werk, asook die menings van die algemene publiek, bepaal nie die trefkrag van ons soekresultate nie.”

Google sê hulle sal die bladsye van die soekresultate verwyder indien hulle die maatskappy se riglyne oortree maar hulle “beskou die integriteit van ons soekresultate as ‘n uiters belangrike prioriteit.

“Derhalwe sal ons nie ‘n bladsy van ons soekresultate verwyder bloot omdat die inhoud ongewild is of omdat ons klagtes rakende dit ontvang nie.”

Die verklaring sê voorts: “Ons vra om verskoning indien u ‘n ontstellende ervaring gehad het terwyl u Google gebruik het. Ons hoop u verstaan ons posisie rakende aanstootlike resultate.”

‘n Soortgelyke Google-verklaring verskyn op die bladsy wat soekresultate vir die woord “Jood” bevat.

“Indien u onlangs Google gebruik het om die woord “Jood” op te soek, het u dalk uitslae gevind wat baie ontstellende is.

“‘n Webwerf se ranglysposisie in Google se soekuitslae berus hoofsaaklik op rekenaaralgoritmes wat duisende faktore in aanmerking neem om ‘n bladsy se relevansie ten opsigte van ‘n gegewe navraag te bepaal.

“Somtyds veroorsaak subtiliteite in die taal dat anomalieë verskyn wat nie voorspel kan word nie.

“‘n Soektog vir ‘Jood’ werp een so ‘n onverwagte uitslag op. Een rede daarvoor is dat die woord ‘Jood’ gereeld in ‘n anti-semitiese konteks gebruik word.”

 

гидроаккумулятор киевалександр лобановский супермаркет класс