Nog Europese lande sal binnekort soldate stuur om die Franse Afrikavredesending in die Sentraal Afrikaanse Republiek te versterk. Dit is deel van Frankryk se pogings om ‘n Europese mag te skep wat die EU voortaan sal kan verdedig. Sommige ontleders sê die Franse wil NAVO daarmee troef en kritici sê dis ‘n manier vir Frankryk
Tutu wou Afrikaans hoor by Mandela-roudiens en begrafnis
Emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu het in ’n verklaring sy spyt uitgespreek oor ’n gebrek aan inklusiwiteit by Mandela se begrafnis. Volgens Tutu was daar ‘n “skreiende uitsluiting was dié van die Afrikaner-gemeenskap. Hy het Afrikaners en, in die besonder die NG Kerk, om verskoning gevra omdat hulle uitgesluit was by die roudiens en begrafnis. Tutu het die
Lees verder: Tutu wou Afrikaans hoor by Mandela-roudiens en begrafnis
Kollektief vir Demokrasie sal armoede en korrupsie uitroei, reg beskerm
Die voorsitter van die nuwe koalisie van vyf politieke partye, Mosioua Lekota sê die partye sal voortgaan om na volgende jaar se verkiesings, saam te werk. Die partye van die koalisie wat as die Kollektief vir Demokrasie, KD, bekend sal staan het op die oomblik altesaam 57 setels in die Nasionale Vergadering. Cope, die Vryheidsfront
Lees verder: Kollektief vir Demokrasie sal armoede en korrupsie uitroei, reg beskerm
Derby-Lewis kan ‘n martelaar word
Adjunk-president Kgalema Motlanthe voel “gefolter” deur die vraag of Clive Derby-Lewis vrygelaat behoort te word. Motlanthe het gesê dat indien Derby-Lewis in die tronk doodgaan, kan hy ‘n martelaar vir sekere mense word. Derby-Lewis is gevonnis tot 25 jaar in die tronk vir sy rol in die moord van SA Kommunistiese Party se algemene sekretaris Chris
Uitspraak teen Wouter Basson verwag
Uitspraak in die tugverhoor van die kardioloog dr. Wouter Basson, 63, sal na verwagting vandag gelewer word. Die tugsaak duur reeds ses jaar. Basson word deur die Raad op Gesondheidsberoepe aangekla van onetiese gedrag wat verband hou met sy werk aan Projek “Coast”, ‘n geheime navorsingsprojek oor chemiese wapens onder die NP-bewind. Basson is in 2002
Vermeende Bloubul-moordenaar het slagoffers onthoof
Die verhoor van die voormalige Blou Bul-flank, Phindile Joseph Ntshongwana, wat onder meer teregstaan op klagtes van moord en verkragting, word vandag in die Durban Hooggeregshof voortgesit. Die hof het tydens die vorige sitting opdrag gegee dat die KwaZulu-Natal wetsgenootskap die gedrag van die regsverteenwoordiger van die verdediging, Themba Mjoli ondersoek omdat hy nie by
Lees verder: Vermeende Bloubul-moordenaar het slagoffers onthoof
Swede wil prostitute se kliënte ook laat opsluit
Swede se konserwatiewe eerste minister het Maandag gesê hy wil toesien dat die volle omvang van die wet op prostitute se kliënte toegepas word, sodat hulle nie net beboet word nie, maar ook in die tronk gegooi word. “Dit is tyd dat ons duidelik raak met die wetgewing wat tronkstraf betref en dat ons nie
Lees verder: Swede wil prostitute se kliënte ook laat opsluit
Polisie ondersoek dood van paartjie in Noord-Kaapse motorongeluk
Die Kimberleyse polisie ondersoek ‘n saak van strafbare manslag ná ‘n ongeluk wat ongeveer 20 km buite Kimberley op die Barkley-Wes-pad plaasgevind het. Die manlike bestuurder (27) en sy vroulike passasier was blykbaar in die rigting van Barkly-Wes onderweg na Kimberley in ‘n wit Audi A3. Na bewering het die bestuurder omstreeks 00:20 op Maandag
Lees verder: Polisie ondersoek dood van paartjie in Noord-Kaapse motorongeluk
SAKP: Cosatu wou Vavi as adjunk-president hê
Die Suid-Afrikaanse Kommuniste Party het weereens ‘n aanval op die leierskap van die metaalwerkersvakbond, Numsa geloods, het RSG berig. Die SAKP het ‘n beroep op afgevaardigdes gedoen om nie toe te laat dat die vakbond misbruik word om die persoonlike ambisies van die hoofsekretaris, Irvin Jim te bevorder nie. Numsa begin vandag met ‘n spesiale
Mandela-twis woed voort
Enkele dae voor Nelson Mandela se begrafnis het die familietwis weer vlamgevat en Mandela se erfgenaam, Mandla Mandela is uit die gesin se woning in Qunu, Oos-Kaap gejaag. Die stel slotte is verander by Nelson Mandela se Toskaanse-styl huis kort ná sy oudste dogter, Makaziwe Mandela, 59, Donderdag aangekom het. Pogings deur Mandela se weduwee,
