Skaapboer ly ontsettende verliese

Die aanslag teen wit boere duur onverpoos voort. ‘n Skaapboer in die Steynsrus-omgewing in die Vrystaat het derduisende rande se skade gely toe veediewe in die jongste voorval in die gebied, 18 van sy skape gesteel en afgeslag het. Stefan van Huysteen sê hy word nou al die afgelope twee jaar deur veediewe, wat vermoedelik

Lees verder: Skaapboer ly ontsettende verliese

Wildpark ontken nalatigheid na tieraanval

Oor-en-weer beskuldigings word rondgeslinger ná die voorval Vrydag waartydens ‘n Franse seun deur ‘n tier aangeval is op ‘n wildplaas in Heilbron in die Vrystaat. Die 10-jarige seun se pa hou vol dat die Tau Thaba-lodge nalatig was, terwyl die eienaar, JC Pretorius aanvoer dat die seun herhaardelik gewaarsku is dat hy te naby aan

Lees verder: Wildpark ontken nalatigheid na tieraanval

Cruz en Kasich teen ‘n oormag

Ted Cruz en John Kasich, twee potensiële Republikeinse presidentskandidate, lyk asof hulle die aftog sal moet blaas teen die voorloper Donald Trump. Cruz, wat probeer het om afgevaardigdes outomaties te wen deur kiesers te verhoed om te gaan stem in sekere state, se plan het geboemerang. Die twee wend nou ‘n laaste poging aan om

Lees verder: Cruz en Kasich teen ‘n oormag

Leon Lemmer: Dominique Venner, ‘n regse Franse historikus

In Europa is daar skuldgevoelens omdat die twee wêreldoorloë daar ontstaan het. Daar is ‘n diepe besef van die ontwrigting en verwoesting wat tydens oorlogvoering aangerig word. Daar is gevolglik groot begrip vir vlugtelinge en ontheemdes uit gedestabiliseerde gebiede. Dit is waarom daar so sagkens teen die invloei van immigrante opgetree word. Hoe groter die

Lees verder: Leon Lemmer: Dominique Venner, ‘n regse Franse historikus

Karel Combrinck: Bush en Obama in die bed oor 9/11

Sedert die 11 September 2001-aanslae teen die tweelingtorings van die World Trade Center in New York en die Pentagon in Washington, het ‘n legio teorieë ontstaan wat probeer verklaar wie eintlik vir die aanslae verantwoordelik was. Sommige van hierdie teorieë lyk na onsin, ander weer kom besonder geloofwaardig voor en mag inderdaad selfs die waarheid

Lees verder: Karel Combrinck: Bush en Obama in die bed oor 9/11

Vryheid in skok na meer as dosyn aanvallers boere doodskiet

Die gemeenskap van Vryheid is in skok na die jongste plaasaanval waarin twee wit boere in koele bloede doodgeskiet is deur ‘n groep van 15 swart aanvallers gewapen met AK47’s. Landelike onveiligheid het drasties toegeneem met die ANC wat weier om statistiek oor plaasaanvalle bekend te maak. Plaasaanvalle neem steeds toe met verhoogde intensiteit soos

Lees verder: Vryheid in skok na meer as dosyn aanvallers boere doodskiet

Seriti was ANC-wapentransaksie nog witter

Pres. Zuma het die week aangekondig dat die Seriti-kommissie geen tekens van bedrog, korrupsie of omkopery in die ANC-wapentransaksie kon kry nie. Hy het Woensdag die finale verslag rakende die ondersoek in ontvangs geneem. Die ­kommissie het bevind dat al die wapens en toerusting met welslae aangewend word en dat daar niks geskort het met

Lees verder: Seriti was ANC-wapentransaksie nog witter

Obama ontmoet topamptenare van Golfstate

Pres. Barack Obama het die week topamptenare van ses Arabiese nasies ontmoet om kwessies rakende vrede in die Persiese Golf-streek, insluitende die stryd teen die Islamitiese Staat-groep (ISIS), te bespreek. Die vergaderings in Rijad moet glo voortbou op ’n ­soortgelyke spitsberaad wat verlede jaar by Camp David, die Amerikaanse president se vakansiewoning in Maryland, plaasgevind

Lees verder: Obama ontmoet topamptenare van Golfstate

Franse wil noodtoestand verleng

Die Franse regering wil die parlement vra om die ­noodtoestand wat ná die Parys-terreuraanvalle in November ­afgekondig is, te verleng. Sodoende sal die noodtoestand ook die duur van die Euro 2016-­sokkertoernooi dek, het die eerste minister, Manuel Valls, die week gesê. Hierdie maatreëls gee groter veiligheidsmagte aan die owerhede. Dit is reeds in Februarie met

Lees verder: Franse wil noodtoestand verleng

Kenia verbrand stapels ivoor

Natuurbewaarders van Kenia se natuurlewe dienste (KWS) het olifanttande op ‘n brandstapel in Nairobi se nasionale park uitgepak om te vernietig. Dié stap is geneem ter voorbereiding van ‘n geskiedkundige verbranding van tonne ivoor, renosterhorings en ander gekonfiskeerde natuurlike trofeë. Kenia sal op 30 April nagenoeg 105 ton gekonfiskeerde ivoor, byna die hele voorraadstapel van

Lees verder: Kenia verbrand stapels ivoor