Die Valke het die ondersoek na ‘n ontploffing by ‘n tenderhouer by die kantore van die Departement van Onderwys in Limpopo oorgeneem, het RSG berig. Die houer is opgeblaas kort voor die spertyd vir die indiening van tenderdokumente vir die Skoolvoedingsskema verstryk het. ‘n Woordvoerder van die Valke, Hangwani Mulaudzi, sê die ondersoek is nog
Onrus by Delareyville na taxi leerlinge raakry
Inwoners van die lokasie by Delareyville in Noordwes het Donderdag die hoofpad na die dorp met brandende buitebande en ander voorwerpe versper nadat ‘n taxibestuurder twee leerlinge raakgery het. Hulle beskuldig die taxi-bestuurder van nalatigheid en vra dat die owerheid streng moet optree teen die oortreder. Een kind verkeer glo in ‘n ernstige toestand. Die
Danny Jordaan stom oor FIFA-aantygings
Onthullings dat twee Suid-Afrikaners na bewering die sokkerliggaam FIFA met 120 miljoen rand omgekoop het sodat Suid-Afrika die Wêreldbeker sokkertoernooi in 2010 kon aanbied, het “Madiba-koors” waarskynlik vir goed laat verdamp. Die kantoor van die Amerikaanse prokureur-generaal sê die twee Suid-Afrikaners het FIFA amptenare omgekoop om stemme vir die 2010-bod te bekom. Dit blyk dat
ANC hoop om Nkandla dood te praat
‘n Veelparty adhoc-komitee in die Parlement sal op die been gebring word om die minister van Polisie se verslag oor Nkandla te bestudeer. ‘n Reusebedrag van die belastingbetaler se geld is aan die privaatwoning van ‘n politieke ampsdraer bestee, maar Zuma word in die verslag kwytgesteld van enige finansiële aanspreeklikheid vir die opgraderings van 246
Uitspraak oor Derby-Lewis vandag verwag
Die Hooggeregshof in Pretoria sal na verwagting vandag bepaal of die Minister van Justisie en Korrektiewe Dienste, Michael Masutha, ‘n fout gemaak het deur Clive Derby-Lewis se paroolaansoek te weier. Maandag het Derby-Lewis ‘n aansoek ingedien om Masutha se besluit te hersien. Derby-Lewis is destyds in hegtenis geneem omdat vals getuienis gelewer is wat beweer
VSA loods aanval op FIFA oor Rusland
Amerikaanse senatore het ‘n oproep gedoen dat FIFA-baas Sepp Blatter moet bedank. Die VSA probeer om Blatter te ontsetel as die hoof van die sokkerorganisasie weens sy steun vir Rusland om die volgende Sokkerwêreldbekertoernooi aan te bied. Die Amerikaanse mislukking om kleurrewolusies in Europa, soos in die Oekraïne en nou Macedonië te laat slaag teen
SA se dors na alkohol
Suid-Afrikaners drink sowat 5-miljard liter alkohol per jaar. Trouens, alkohol het gesorg dat ‘n voormalige Suid-Afrikaanse maatskappy wat eers aan mynwerkers drank verkoop het, SAB Miller, tot een van die grootste multinasionale bedrywe ter wêreld gegroei het. Die maatskappy is tans in Londen genoteer. Dié syfers is volgens die mediese navorsingsraad in die staatskoerant gepubliseer
Steenkoolskaarste dreig by Eskom
Eskom staar ‘n tekort van 17 miljoen ton steenkool vir sy kragaanlegte in die gesig, het RSG berig. Die minister van openbare werke, Lynne Brown sê die tekort word by die Matla-, Tutuka-, Kriel-, Arnot- en Hendrina-kragaanlegte verwag. Vroeër het Eskom se waarnemende bestuurshoof, Brian Molefe bespiegelings afgemaak dat steenkooltekorte kan voorkom. Molefe het gesê
Helfte van wêreld kry internettoegang
Die Verenigde Nasies beraam dat bykans die helfte van die wêreld se bevolking teen die einde van die jaar toegang tot die internet sal hê, het RSG berig. Die internasionale telekommunikasie vereniging voorspel dat drie komma twee miljard van die wêreldbevolking van sewe komma twee miljard mense vanjaar nog internettoegang sal hê. Sowat twee miljard
Oorlogsmisdadiger Blair kry skop onder die sitvlak
Die voormalige Britse eerste-minister Tony Blair, wat deesdae vir sy gruwelike menseregskendings en oorlogsmisdade onthou word, het bedank as die spesiale vredesgesant vir die Midde-Ooste. Sy bedanking kom te midde van Anglo-Amerikaanse pogings om kernsamesprekings met Iran te voltrek tot hulle voordeel. Behalwe dat Blair se posbeskrywing aangedui het dat hy vrede in die Israelse
Lees verder: Oorlogsmisdadiger Blair kry skop onder die sitvlak
