Noordwes skuld kontrakteurs miljoene

Noordwes se departement van openbare werke en paaie skuld padkonstruksiekontrakteurs meer as R280 miljoen. Hierdie inligting het aan die lig gekom tydens ‘n vergadering van die staande komitee oor openbare rekeninge in die provinsiale wetgewer. Die voorsitter van die komitee, Mahlakeng Mahlakeng, het gesê die komitee het met Noordwes se premier Supra Mahumapelo byeengekom om

Lees verder: Noordwes skuld kontrakteurs miljoene

Drie verdagtes vas na moorde op paartjie

Die polisie het drie verdagtes vasgetrek ivm die moorde op twee jongmense in die Oos-Kaap. Die twee is vermoedelik ontvoer, vermoor en toe in die dam gegooi, het eNCA berig. Drie swart vermeende aanvallers sal vandag in die landdroshof op Mthatha in verband met die moord op ‘n jong paartjie die naweek. Die liggame van

Lees verder: Drie verdagtes vas na moorde op paartjie

Blade wil korrupsie in NFSAS pak

Die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding gaan met ‘n forensiese ondersoek begin na die Nasionale Studente Finansiële Hulpskema om korrupsie uit te roei, het RSG berig. Die Minister, Blade Nzimande, het die inligting op ‘n nuuskonferensie voor sy Begrotingspos in die Parlement bekendgemaak. Nzimande sê hy is van mening dat daar korrupsie in die

Lees verder: Blade wil korrupsie in NFSAS pak

Middelklas gaan betaal vir Eskom-gemors

Die Nasionale Energiereguleerder, NERSA, het vroeër aangekondig dat ‘n aankondiging oor Eskom se aansoek om ‘n tariefverhoging van 25 persent op 29 Junie verwag kan word. Dawie Roodt, ‘n bekende ekonoom, sê Eskom se huidige krisis is grotendeels die gevolg van swak bestuur en ‘n gebrek aan leierskap. Suid-Afrikaners is benoud oor die verhogings en

Lees verder: Middelklas gaan betaal vir Eskom-gemors

Dan Roodt: Word SA howe nou boendoehowe waar oor beeste gekibbel word?

Die nuus dat ‘n swart regter in die hooggeregshof gelas het dat ‘n verkragter ‘n afkoopboete van R100 000 aan sy slagoffer betaal, demonstreer in welke mate ons hofgeboue steeds in Westerse styl gebou is, maar dat die regstelsel lankal nie meer volgens vertroude Romeins-Hollandse beginsels funksioneer nie. Voor 1994 is sogenaamde naturellereg of “inheemse

Lees verder: Dan Roodt: Word SA howe nou boendoehowe waar oor beeste gekibbel word?

Boendoegeregtigheid vir blanke vrou: haar verkragter betaal afkoopboete van R100 000

‘n Blanke vrou van Schweitzer-Reneke wat deur ‘n Indiërhandelaar verkrag is, sal R100 000 ontvang in ruil daarvoor dat haar verkragter nie tronk toe hoef te gaan nie. Dit is ‘n vorm van “inheemse” of “Afrikareg” waar beeste of geld in ‘n strafsaak aangebied word om die slagoffer of sy gesin vir die misdaad te

Lees verder: Boendoegeregtigheid vir blanke vrou: haar verkragter betaal afkoopboete van R100 000

Polisie skiet oproerige dood

Die polisie het ‘n oproermaker by Atok buite Burgersfort in Limpopo doodgeskiet en nog een gewond. Die gewonde is in ‘n ernstige toestand in die hospitaal nadat die polisie na bewering gisteraand op oproeriges losgebrand het. Die polisie sê hulle het uit selfverdediging opgetree nadat hulle deur ‘n oproerige skare aangeval is. Die skietery volg

Lees verder: Polisie skiet oproerige dood

Binnelandse Sake kry nuwe bankkaarte

Die dae van korrupte en onbekwame amptenare by die Departement van Binnelandse Sake is glo iets van die verlede, het RSG berig. Die minister van Binnelandse Sake, Malusi Gigaba het dit gesê by die bekendmaking van die “Motho Pele”-inisiatief by die departement se nuwe kantore in Edenvale, oos van Johannesburg. Die inisiatief het ten doel

Lees verder: Binnelandse Sake kry nuwe bankkaarte

Nog ‘n aardbewing skud Nepal

Nog ’n aardbewing­, wat 7,3 op die Richterskaal geregistreer­ het, het Nepal geruk. Bevreesde inwoners van die land se hoofstad, Katmandoe­, het gister verskrik in die strate uitgehardloop. Die aardbewing het om 12:35 plaaslike­ tyd die Himalajas-nasie­ getref. Die middelpunt van die aardbewin­g was ongeveer 76 kilomete­r oos van Katmandoe. Die jongste skok vir die

Lees verder: Nog ‘n aardbewing skud Nepal

Konflik neem toe in Suid-Soedan

Gewapende mans in Suid-Soedan het meisies verkrag, seuns ontvoer om soldate te word en dorpe aan die brand gesteek in van die hewigste gevegte in die 17-maande lange burgeroorlog, het die Verenigde Nasies (VN) gister bekend gemaak. Meer as 300 000 burgerlikes is sonder enige lewensreddende hulp in die noordelike slagveldstaat Unity gestrand, nadat die

Lees verder: Konflik neem toe in Suid-Soedan