Boendoegeregtigheid vir blanke vrou: haar verkragter betaal afkoopboete van R100 000

‘n Blanke vrou van Schweitzer-Reneke wat deur ‘n Indiërhandelaar verkrag is, sal R100 000 ontvang in ruil daarvoor dat haar verkragter nie tronk toe hoef te gaan nie. Dit is ‘n vorm van “inheemse” of “Afrikareg” waar beeste of geld in ‘n strafsaak aangebied word om die slagoffer of sy gesin vir die misdaad te vergoed.

Aboobaker Seedat, wat naby 70 jaar oud is, het die 57-jarige vrou verkrag toe hy ‘n lamp by haar huis afgelewer het. Nadat hy die lamp in haar slaapkamer geïnstalleer het, het hy haar teen die spieëlkas gegooi en twee keer verkrag. Hierna het die vrou die polisie op Schweitzer-Reneke gebel, maar niemand het die telefoon beantwoord nie.

Hoewel Seedat onskuldig gepleit het, is hy op 2 Februarie 2011 tot sewe jaar genvangenisstraf gevonnis. Ten tye van die vonnis was hy 63 jaar oud. Hy besit twee winkels.

Hierna het Seedat teen sy skuldigbevinding en vonnis na die hooggeregshof geappelleer waar ‘n swart regter, Moses Mavundla, ingestem het tot ‘n Bantoe-benadering tot die misdaad by wyse van ‘n afkoopboete wat aan die slagoffer betaal word. Seedat het in sy hofstukke aangevoer dat die landdros wat hom skuldig bevind het, slegs op die Romeins-Hollandse reg gesteun het en nie “herstellende geregtigheid” op die Afrika-manier in ag geneem het nie. Die staat het ook nie Seedat se versoek om eerder ‘n afkoopboete vir die verkragting te betaal, teengestaan nie.

Volgens Mavundla, het die landdros ‘n “dwaling begaan” deur nie ook die moontlikheid van ‘n afkoopboete te oorweeg nie. Die landdros het hom egter streng by die Strafproseswet gehou en gemeen die wet laat hom nie toe om so ‘n “oplossing” te oorweeg nie.

Die slagoffer het haar bereid verklaar om ‘n nuwe Toyota plus kontantbetalings ter waarde van R245 000 te aanvaar. Volgens regter Mavundla was dit egter te veel vir ‘n verkragting en het hy die bedrag van die afkoopboete op R100 000 vasgestel. Die tronkstraf van sewe jaar is vir vyf jaar opgeskort, met dien verstande dat die handelaar die bedrag aan die vrou in paaiemente betaal.

 

14 thoughts on “Boendoegeregtigheid vir blanke vrou: haar verkragter betaal afkoopboete van R100 000”

  1. Ek sien Louw Steytler, Meneer Landbou, Kom-ons-kruip-by-die-ANC sê: “Die nasie se harte en idees moet vereenig om probleme in landbou op te los”. Vlieg asseblief reguit in jou f.okkenmoer mnr Steytler.

    Sy enigste redding sou die sogenaamde wit “regses”, maw realiste, gewees het om die nasie tot beter insigte te dwing, maar hy en sy Kruiper kohorte is te onnosel om dit te verstaan. Ek hoop die swartes vat die plase.

  2. oh, maar dat biedt ruimte om het gangbaar als cavaliersdelict geziene verkrachting doortastend aan te pakken in de verkrachtingstaat nr 1 en het nog meer als normale levenstijl/misdaad te betrachten in het gebezigde geslachts/handelsverkeer. Zodat na inmenging door een rechter, jaarlijks 100.000+ muizen(om meer dan 1 reden juist die) officiëel als compensatie een nieuwe eigenaar tegemoet kunnen zien.

    En daarbij mag het menselijk gezicht van het schurkenregiem niet vergeten want juist kinderen houden/hielden van muizen.

    En bij gevallen als Anene Booysen zouden er dan in het gunstigste geval maar liefst 6 muizen op het spel hebben gestaan. En uiteindelijk èèn zijn toebedeeld aan de achterblijvende moeder met het verzoek aan Annie Lennox deze samen met het verkrachtende dorpshoofd en veel bombarie uit te komen reiken op het plein in Bredasdorp in de regenboognatie.

  3. HuH, ‘n nuwe Toyota en R245 000 – maak dit die gruweldaad beter ?

    Hoeveel keer lees ons dat, wanneer ‘n swarte ‘n swart vrou verkrag, en die gemeenskap het hom geidentifiseer, word hy gestenig of aan die brand gesteek. Wat nou ? Geld wat stom is maak reg wat krom is … indien ek die slagoffer was … (ek sou hom wou vermorsel).

    1. als het ook maar niet voor uw anc president een precedent schept Gawie. Dan is straks de hele Bijlmer in Amsterdam bevolkt met Fezeka’s die door de Nederlandse ziektenkostenpolis in leven worden gehouden. Die appartementen werden in de jaren ’70 juist gebouwd om de zwarte Surinamers op de vlucht voor zwarte vrijheid en onafhankelijkheid, te huisvesten

  4. Al waaraan ons in ons hulpeloosheid tot dusver nog kon vashou in hierdie bedroewende land, was beskerming deur ‘n beskaafde regstelsel. In die woorde van Leon Lemmer is dit nou ook in sy maai en het ons in die plek daarvan “herstellende geregtighheid op die Afrika manier”. Verkragting is sekerlik die ingrypendste aanslag denkbaar teen ‘n mens se fisiese en morele integriteit. Die gedagte dat so’n misdaad “herstel” of vergoed kan word bloot deur die betaling van ‘n geldsom wat deur ‘n boendoeregter bepaal word, is skrikwekkend in die ergste graad. En dan miskien die walglikste van alles is die feit dat die betrokke vrou bereid is om oor die prys vir haar troumatiese ondervinding te onderhandel en nogal te kibbel oor hoeveel aan haar betaal moet word ,’n nuwe Toyota motor plus kontant. Met so’n mentalitiet wonder ‘n mens of sy hoegenaamd ons simpatie verdien.

  5. Die mees-bevoordeelde groep deur die grondwetlike hervormings wat in die vroe tagtiger jare begin het is Indiers, en die tekens van meerderwaardigheidsgevoel bespeur jy oral. Baie min Indiers het belasting betaal voor 1994, selfs terwyl hulle kinders bevoordeel is deur gesubsideerde onderwys op universiteit, en daar is ‘n sterk kultuur van hard werk en entrepreneurskap eerder as afhanklikheid van die staat en ‘n premie op geleerdheid onder die mense.

    Hierdie vrou is WEER geviktimiseer. ‘n Tweede maal. Deur die Howe.

    In terme van artikel 300 van die StrafprosesWet kan ‘n skadevergoedingsbevel in die Strafhof gemaak word tesame met die strafregtelike vonnis op aansoek van die staatsaanklaer (dit word selde gedoen want die goed is te lui) wat die effek het van ‘n siviele vonnis maar wat binne die Jurisdiksie van die Landdroshof moet wees – R100 000!

Maak 'n opvolg-bydrae