Die Suid-Afrikaanse Medisynebeheerraad het `n middel goedgekeur wat die voorkoming van MIV-Vigs in die land drasties kan verander, het RSG berig. Die middel, Truvada, wat in die vorm van `n pil is, is in November goedgekeur, maar die aankondiging is gister gedoen. Die Direkteur-Generaal vir MIV, TB en vroue en kindergesondheid by die Departement van
Histerie bars los na Trump se oproep om Moslems na VSA te verbied
Donald Trump het Maandag op ‘n verkiesingsaamtrek in Suid-Carolina staatgemaak op Amerikaanse wetgewing wat Moslemimmigrante na die VSA verbied. ‘n Amerikaanse Openbare Wet 414, hoofstuk 2, artikel 212, bepaal dat enige potensiële immigrant wat geaffilieer is met enige organisasie of groep wat die vernietiging of omverwerping van die Amerikaanse staat vra, deur die wet verbied
Lees verder: Histerie bars los na Trump se oproep om Moslems na VSA te verbied
Frankryk raak al hoe vlootblouer: Marine Le Pen sit geen voet verkeerd in aanloop tot 2de rondte
Die opstand van die kiesers teen hul eie politici, gelei deur Marine Le Pen van die Front National, is steeds in volle swang in die aanloop tot die tweede rondte van die streeksverkiesings in Frankryk. Gisteraand het ‘n kandidaat van die linkse Groen-ekologiese party tydens ‘n bespreking op BFMTV erken dat daar ‘n “kloof tussen
Referendum gee dalk aan Kagame derde termyn
Pres. Paul Kagame van Rwanda het die afgelope jare groot lof ingeoes vir die manier waarop hy sy land ná die volksmoord van 1994 weer opgebou het, het Reuters berig. Amerika het nietemin verklaar dat hy ‘n voorbeeld moet stel in die streek, deur na afloop van sy tweede termyn as president die tuig in
ISIS aanvaar verantwoordelikheid vir bomaanval in Jemen
Die goewerneur van Aden in Jemen is Sondag dood in ’n motorbomontploffing waarvoor die Islamitiese Staat-groep (ISIS) verantwoordelikheid aanvaar het. Die aanval het plaasgevind in Jemen se suidelike hawestad, waarheen pres. Abd-Rabbu Mansour Hadi teruggekeer het om toesig oor die oorlog teen die Iran-geallieerde Houthis te hou. ’n Plaaslike woordvoerder sê minstens ses lede van
Lees verder: ISIS aanvaar verantwoordelikheid vir bomaanval in Jemen
Trump wil Moslems na VSA verbied
Die opkomende Republikeinse presidentskandidaat in die VSA, die sakeman Donald Trump het ‘n oproep om die totale verbod op die toelating van Moslems in die land gedoen. Trump het sy oproep verdedig onder luide toejuiging by ‘n saamtrek op die USS Yorktown in Mount Pleasant toe hy gesê het: “Ons het geen idee of hulle
Jane’s IHS meen ISIS ly verliese
Ontleding van oopbroninligting, wat sosiale media insluit, deur die Britse Jane’s IHS-span het beraam dat die totale maandelikse inkomste van die Islamitiese staat tot laat in 2015 nog $80 miljoen beloop het, maar dat hulle verliese ly weens bomaanvalle deur Rusland. Die grootste bedrae, sowat 50 persent, kom uit belasting en konfiskering, terwyl ongeveer 43
Grippen jaag sakestraler wat neerstort
Die Burgerlugvaartowerheid het ‘n ondersoek is gelas na die oorsaak van die vliegongeluk Maandagmiddag tussen Swellendam en Caledon naby die N2 in die Wes-Kaap. Een persoon is dood. Die Suid-Afrikaanse Lugmag sê die sakestraler was onderweg na Lanseria toe dit kontak met lugbeheer verloor het. ‘n Grippen het daarna van Overberg opgestyg en die vliegtuig
Duitse spesmagte voer klopjag op huise uit
Duitse polisiebeamptes het verlede week in die westelike staat Nordrhein-Westphalia klopjagte op drie huise uitgevoer, het Reuters berig. Inwoners van dié huise word daarvan verdink dat hulle probeer het om vervalste Franse paspoorte te bekom, het die Berlynse polisie bekend gemaak. Niemand is dusver in hegtenis geneem nie. Die polisie kon ook nie sê of
Britse polisie sê jongste mesaanval was terreur
Die Britse polisie sê ‘n mesaanval waarin drie mense Saterdag by ’n Londense moltreinstasie gesteek is kan verband hou met terreur. Een man is ernstige beseer toe ‘n swarte hom op die Leytonstone-stasie in die oostelike deel van Londen aangeval het. Twee ander mense het ligte wonde opgedoen. Amateur-beeldmateriaal op die internet, wys ‘n plas
Lees verder: Britse polisie sê jongste mesaanval was terreur
