Donald Trump het Maandag op ‘n verkiesingsaamtrek in Suid-Carolina staatgemaak op Amerikaanse wetgewing wat Moslemimmigrante na die VSA verbied.
‘n Amerikaanse Openbare Wet 414, hoofstuk 2, artikel 212, bepaal dat enige potensiële immigrant wat geaffilieer is met enige organisasie of groep wat die vernietiging of omverwerping van die Amerikaanse staat vra, deur die wet verbied word om na die VSA te immigreer.
In die Midde-Ooste preek Imams gereeld teen die groot Satan nadat die VSA verskeie Moslemlande binnegeval geval het oor die afgelope dekade.
Die Republikeine se presidensiële kandidaat het ook mediamagnaat Rupert Murdoch se opmerkings oor Moslems met sy meer as vyf miljoen volgelinge gedeel.
Murdoch het oor Trump se oproep dat Moslems nie toegelaat behoort te word in die VSA nie, gesê dit maak sin om ‘n “volledige pouse” in die toelating van Moslems na die Verenigde State af te kondig.
Linkses en Demokrate het geskuim om die mond oor Trump se voorstel en losgetrek teen Amerika se “rassistiese” wetgewing wat Chinese immigrante voorheen uitgesluit het.
Josh Earnest, woordvoerder van die Withuis, het namens die huidige president verklaar dat Trump sy uittrede uit die benoemingstryd behoort aan te kondig. Earnest het sonder ironie na Trump se “vals hare” verwys as ‘n diskwalifiserende kwessie.
Die Moslem-egpaar, Syed Rizwan Farook en Tashfeen Malik, het verlede week 14 mense in San Bernardino, Kalifornië, doodgeskiet. Malik was glo ‘n ISIS-simpatiseerder.
Trump het voorgestel dat alle Moslems, selfs dié wat in die VSA gebore is en oorsee reis, toegang tot die land geweier behoort te word “tot ons land se verteenwoordigers kan vasstel wat de hel aangaan”.
“Tot ons in staat is om die probleem en die gevaarlike bedreiging wat dit inhou te bepaal en te verstaan, kan ons land nie die prooi wees van afskuwelike aanvalle deur mense wat geen respek vir die lewe het nie,” het Trump gesê.
Hillary Clinton, voorloper in die Demokratiese Party se benoemingstryd, het op Twitter uitgevaar teen Trump se voorstel as “verwerplik, bevooroordeeld en verdelend”.
Jeb Bush, ‘n kandidaat vir die Republikeinse Party se benoeming, het getwiet: “Donald Trump is mal. Sy beleidsvoorstelle is nie ernstig nie.”
Armanatha Nasir, woordvoerder van Indonesië se departement van buitelandse sake, het gesê sy regering gaan nie kommentaar lewer op verkiesingsveldtogte in ander lande nie, “maar as die land met die grootste Moslembevolking ter wêreld wil Indonesië bevestig dat Islam vrede en verdraagsaamheid bepleit.”
Die VN het weer sy sekretaris-generaal, Ban Ki Moon, se standpunt oor xenofobie op grond van ras of godsdiens herhaal.
`n Woordvoerder van die VN het reageer op Trump se voorstel na aanleiding van die terreuraanval in San Bernardino in Kalifornië.
Een van Ban Ki-Moon se woordvoerders, Farhan Haq, sê hulle is bewus van die verskillende politieke veldtogte, maar glo nie dat enige vorm van xenofobie of haatspraak teen `n spesifieke groep deur enigiemand gesteun kan word nie.
Maar die skerpste reaksie het gekom uit Brittanje waar selfs die Britse premier losgetrek het teen Trump.
David Cameron het die gebruik van Britse leiers om nie kommentaar te lewer op Amerikaanse presidensiële aanspraakmakers nie, laat vaar en Trump openlik gekritiseer as “verdelend, onbehulpsaam en eenvoudig verkeerd”.
Trump het vroeër na Londen verwys as een van die stede waar wetstoepassers dit nie waag in sekere Moslemdele van die stad nie.
Oproepe om Trump te verbied om die VK te besoek het 20.000 handtekeninge op ‘n petisie ingesamel binne ‘n paar uur.

Haha! Ek hoop Trump wen. EK weet nie of hy n goeie president sal wees nie maar hy gaan defnitief vermaaklik wees!
Politici wat nie in die Edomiet jood se agterwereld ingekruip is nie, is so skaars soos hoendertande.
… amper daar. Nuusflits – hulle bestaan nie.
Trump volg in die voetspore van Koning Goodwill Zwellentini.
Toe die Zulu Koning zenofoba veroorsaak het met sy uitspraak teen vreemdelinge toe is Mugabe binne dae hier om sy mense te kom haal.
En Christen John Magifuli het sopas as nuwe President van Tanzania begin met grootskaalse besparings en die goudstandaard gestel vir Austerity wat die Grieke so vreeslik vrees.
Geen wonder dat Afrika as die wieg van die mensdom gesien word nie.
Ek het die berig van die nuwe Tz van die ander rekenaar af aan dr Dan gestuur.
Trump lives in the real world.
Interviewed by Vice’s Alex Miller, Abu Rumaysah said: “We don’t recognise British law at all. We believe in Islam. We believe in Sharia. And that’s what sets our parameters for right and wrong.”
http://www.frontpagemag.com/point/244266/80-london-muslims-support-isis-daniel-greenfield
http://www.breitbart.com/london/2015/09/06/experts-advise-isolating-jailed-muslim-extremists-to-prevent-radicalisation-of-moderates/
http://www.imb.org.uk/wp-content/uploads/2015/09/Whitemoor-2014-15.pdf
https://www.gov.uk/government/uploads/system/uploads/attachment_data/file/217381/staff-prisoner-relations-whitemoor.pdf
If fake hair is cause for dismissal, a lot of black ANC cadres are going to have to resign.
Hy sou nie sulke stellings kom maak as Moslems nie ander mense onskuldig op geblaas of vermoor het nie.