Die opstand van die kiesers teen hul eie politici, gelei deur Marine Le Pen van die Front National, is steeds in volle swang in die aanloop tot die tweede rondte van die streeksverkiesings in Frankryk. Gisteraand het ‘n kandidaat van die linkse Groen-ekologiese party tydens ‘n bespreking op BFMTV erken dat daar ‘n “kloof tussen ons politici en die volk bestaan”. Dit is juis hierdie kloof tussen kiesers en ‘n bedorwe “politieke klas” van politici, wat net in hul eie posisies belangstel, wat die meteoriese opgang van die Front National voed.
Marine Le Pen het ook gisteraand ‘n hele vyf minute lank op die land se grootste TV-kanaal, TF1, verskyn en moeilike vrae van die nuusleser foutloos beantwoord. Gevra of daar “twee faksies” in haar party is, ‘n Christelike en ‘n sekulêre faksie, het sy die bestaan van enige verskille ontken. Die vraag is gevra na aanleiding van haar niggie, Marion Maréchal-Le Pen, die kandidaat in die PACA-streek (Provence-Alpes-Côte d’Azur) wat onlangs gesê het dat Moslems die Griekse en Latynse kultuur, asook “sestien eeue van Christendom in Frankryk” moet aanvaar, wat hewige en selfs histeriese kritiek vanuit linkse en Sosialistiese kringe ontketen het. Die voormalige Sosialistiese minister van kultuur, Jack Lang, waarmee die Afrikaanse digter Breyten Breytenbach op ‘n stadium bevriend was, het teen Maréchal-Le Pen se “onnoselheid en jammerlike onkunde oor die land en fanatisme” uitgevaar.
Lang, ‘n Franse Jood, is tans voorsitter van die Instituut vir die Arabiese Wêreld in Parys, ‘n museum en biblioteek wat aan Arabiese kultuur en Islam gewy is. Volgens die Franse Huffington Post het Jack Lang gesê:
“Haar oorlogsverklaring teen Moslems is terselfdertyd ‘n belediging vir die Franse nasie wat geslag vir geslag deur die aankoms van verskeie godsdienste gevorm en verryk is, asook vir die burgers wat nie glo nie… Om die geskiedenis van Frankryk met die kroningsritueel van Reims te verbind, getuig van ‘n onnoselheid, ‘n jammerlike onkunde oor die land, asook fanatisme.”
Marine Le Pen het gisteraand op TF1 gesê dat sy in die noordelike Nord-Pas-de-Calais-Picardie-streek waar sy haarself verkiesbaar stel as “streekspresident van al die inwoners, van watter godsdiens of politieke oortuiging ook al” gaan regeer. Volgens haar moet “al die politieke denkrigtings” op die streeksraad verteenwoordig wees, iets wat nou onmoontlik gaan wees aangesien die Sosialistiese Party se Pierre de Saintignon en sy hele kandidaatlys aan die tweede rondte in dié streek onttrek het om die regse kandidaat, Xavier Bertrand van die Republikeine, ‘n beter kans te bied om Le Pen te klop.
Tydens die eerste rondte het sy egter ver voorgeloop en die verwagting is dat sy en haar niggie heel waarskynlik die noordelike en suidelike streke waar hulle verkiesbaar is, gaan inpalm. Die amptelike uitslae van die verkiesing tydens die eerste rondte in die noordelike streek lyk só:
Party Kandidaat Stemme Persentasie
Front National Mme Marine LE PEN 909 009 40,64%
Union de la Droite M. Xavier BERTRAND 558 359 24,96%
Union de la Gauche M. Pierre DE SAINTIGNON 405 189 18,12%
Parti communiste français M. Fabien ROUSSEL 119 084 5,32%
EELV et gauche Mme Sandrine ROUSSEAU 108 005 4,83%
Debout la France M. Jean-Philippe TANGUY 53 360 2,39%
Extrême gauche M. Eric PECQUEUR 39 039 1,75%
Divers droite M. Sylvain BLONDEL 30 325 1,36%
Divers M. Eric MASCARO 14 353 0,64%
Marine Le Pen beskuldig die Sosialistiese Party daarvan dat hulle hul kiesers as “stemvee” beskou wat hulle eers nodig gehad het en nou tydens die tweede rondte “wegstuur”.

Ek deel die blydskap in die groot vordering van die Front National in Frankryk, maar wil tog maan dat ons as Afrikaners nie te veel daarvan moet verwag sover dit ons en ons toekomstige situasie betref nie. Europa se probleme is so enorm – en gaan baie groter word met die byna onbeheersde instroming van Moslems – dat daar nie vir regse partye soos die FN tyd gaan wees om aandag aan ons probleme te gee nie – al neem hulle more beheer in ‘n hele paar lande oor.
Ons sal maar ons eie ding moet doen – en ek sal so graag wil sien dat Praag se gereelde ondersteuners en bydraers hier, met idees en planne kom oor HOE ons dit gaan doen. Ek sien so min daarvan. Ek sien so baie versugtinge na ingryping van ander instansies of dinge – iets wat net nie gaan gebeur nie.
Niemand gaan met ‘n miskruier soos jy in gesprek tree nie.
Joune ok!
Ag jammer man. Ek sien baie mense wil met jou in gesprek tree. Want hulle wil jou vertel hulle het reg deur jou gesien.
You really have no idea what to do next, have you?
loop skyt!
Hoekom moet Afrikaners “gemaan” word teen iets wat heel duidelik in hulle belang is? Thys Human klink skielik baie soos Leopold Scholtz. Naspes is so vreesbevange oor hierdie verwikkelinge in Europa en die VSA dat hulle niks daaroor berig nie.
Jy is ‘n gereelde bydraer, so laat ons hoor.
Ek het dit so ‘n week of drie gelede taamlik breedvoerig hier uitgespel, maar bondig:
Steun vir Jaap Kelder se komitee wat besig is met wetgewing om selfbeskikking vir die Afrikaner in terme van die Grondwet te verkry. Dink die ANC gaan dit ignoreer of smoor, maar ons moet daai pad loop.
Steun vir eie gebiede, gemeenskappe soos Orania, Kleinfontein en andere. Ons moet probeer om van die radar van “swart beheer” te verdwyn.
Sterk pleidooi vir ‘n eie Afrikanerekonomie wat oral waar moontlik met harde kontant werk – en BTW en sulke goed probeer vermy, ja selfs “ontduik”. Slagspreuk: “Kontant in die hand laat rek jou rand” (dis natuurlik nie oral moontlik nie – ‘n mens kan nie anders as om by Checkers en diesulkes te koop nie. Maar met mense soos loodgieters, elektrisiens, motorwerktuigkundiges en dies meer kan jy sorg dat jy net met Afrikaners besigheid doen en in kontant!)
Hoe lyk dit met ‘n idee of twee daar van jou kant?
Lyk my jy is net soos hierdie Jack Lang hierbo, want as iemand nie met jou saamstem nie is hy/sy ‘n onnosel en fanaties. Interressante bedmaat Thys.
Hier is my idee: ons moeilikheid se oorsaak is die lae moraliteit van ons volk, ons is te behep met materialisme, daarom stel ek ‘n geestelike herlewing voor. ‘n Terugkeer na die wêreldbeskouing van die 1940-1960’s, die tyd toe ons sterk geword het.
Dis ‘n ontleding van die situasie en ‘n voorstel wat in die praktyk net mooi boggerol beteken. Kom by jong: dis die jaar 2015 – en kom met iets prakties en uitvoerbaar en help bou aan ons toekoms.
Jy roem by geleentheid opn jou gelerdhei en kennis van sekere goed, maar lyk my jy het ‘n ernstige gebrek aan insig, begrip en dan ook simpatie vir die erns van ons probleme. Miskien is jy maar net bietjie dom.
Lees die geskiedenis en ontleed self.
Politici wat nie in ‘n Edomiet jood se agterwereld ingekruip is nie, is so skaars soos hoendertande.
Glo nie ons moet die Jode blaam vir die fundemetalistiese Arabiere se dinge nie.
Viva Le Pen – Viva Volkstaat.
Per slot van rekening is dit die edomjood wat vir oop grense baklei.
So geweld is beter as beledigings? Man julle agente is darem klipdom.
Bart en Billy wanneer kry julle daai operasie om julle Siamese breinlob te split?
Twak! BS! Is jy ‘n verskuilde Moslem wat ons probeer ondermyn?
Thys, as jy die term Edomiet of Edomjood lees is die skrywer ‘n Israelvisie aanhanger.
Would Israel vision be something like this? http://www.dailymail.co.uk/news/article-3315347/Watch-heart-pounding-moment-Israeli-commandos-save-Islamic-militants-Syrian-warzone-risking-lives-sworn-enemies.html#ixzz3tlkJevF3
Die koning van Edom wat die Israeliete na bewering deurgang geweier het op hulle tog na die beloofde land kon dit nooit gedoen het nie, want Edom het eers
in die sewende eeu v.C. ‘n staat geword, eeue ná die Israeliete se sogenaamde trek. Die skrywer het ooglopend ‘n episode uit die verhaal van die Israeliete se eksodus
beskryf teen die geografiese en politiese agtergrond van die landskap soos hy
dit geken het, eerder as hoe die Israeliete dit sou gevind het. Die feit dat
die Edomiete inderdaad deur die Babiloniërs verslaan is kort voor die Jode se
ballingskap, het hulle ‘n gerieflike “vyand” van die volk gemaak toe die storie
van eksodus gedurende die ballingskap geskryf is.
Mooi strooipop argument hier. Maak n valse stelling en dan breek jy dit af as vals. HAHAHAHAHAHAHAHA
Is jy ook ‘n Isrealvisie ou efriken?
O, dit maak sin. Dankie. Nou verstaan ek beter hoekom hierdie klomp edomiethaters hier baljaar. Hulle probeer om hulle ou simpel idees oor die verlore stamme in ons kele afdruk. Tsjie, maar dit is vir jou ‘n spul geslepe skelms. Soos ek altyd se^: Lieg is een ding, maar verswyging van die waarheid en van feite is die ergste lieg wat jy kan kry!
Chris ons land is nie deur die Jode gesteel nie. . Dit is deur ons eie hans-khakis weggegee. Ons moenie mislei word deur sekere insigte nie. Daar is wel Jode soos Casrils en Slovo wat kamtige liberale Jode is – maar hulle is soos daardie groep wat Jesus laat kruisig het – vals – Eendag sal alles bekend gemaak word – Ons moet nou net na ons self kyk voordat ons die skuld op ander pak. Eendragtigheid is krag.
Ons gaan in baie moeilike tye in – ons Geloof gaan getoets word.
Ek lag lekker vir mense wat so te kere gaan oor die ZWO pers en dan blindelings alles glo wat die zionistiese “alternatiewe” pers aan hulle verkoop. Hulle word soos ‘n viooltjie gespeel.
https://www.youtube.com/watch?v=ycIl_9ySwlw#t=27
Daar is massiewe kiesers voosheid teen reaksie teen die massa media se pogings om hulle kras te programeer. Mens sien dit in die VSA en nou in Frankryk. In die VSA probeer linkse en regse media Trump diskrediteer maar dis duidelik dat kiesers nie gaan toelaat dat die media hulle meer aan die neus rondlei nie… dis die begin van die einde vir die hoofstroom media.