Grippen jaag sakestraler wat neerstort

Die Burgerlugvaartowerheid het ‘n ondersoek is gelas na die oorsaak van die vliegongeluk Maandagmiddag tussen Swellendam en Caledon naby die N2 in die Wes-Kaap.

Een persoon is dood. Die Suid-Afrikaanse Lugmag sê die sakestraler was onderweg na Lanseria toe dit kontak met lugbeheer verloor het.

‘n Grippen het daarna van Overberg opgestyg en die vliegtuig agternagesit, maar geen verdere besonderhede is bekend nie.

Die Eclips 500-sakestraler was sowat 37.000 voet bo die grond. Net die vlieënier was aan boord en die vliegtuig het op impak verbrokkel.

Lugvaartdeskundiges sê daar is twee moontlike oorsake wat ondersoek sal word, naamlik ‘n mediese toestand agv ‘n gebrek aan suurstof of lugdrukprobleme.