Duitse polisiebeamptes het verlede week in die westelike staat Nordrhein-Westphalia klopjagte op drie huise uitgevoer, het Reuters berig.
Inwoners van dié huise word daarvan verdink dat hulle probeer het om vervalste Franse paspoorte te bekom, het die Berlynse polisie bekend gemaak.
Niemand is dusver in hegtenis geneem nie. Die polisie kon ook nie sê of die klopjagte verband hou met die Islamitiese aanvalle op Parys verlede maand waarin 130 mense gesterf het nie.
Spesiale magte is vir die klopjagte ontplooi omdat vermoed is die verdagtes kon gewapen wees.
