Dit is opmerklik dat die debat rondom die posisie van die Afrikaner, sy taal en ander grondwetlike regte al meer aandag geniet. So begin die afgelope jare se debat oor die behoud van Afrikaans op alle vlakke polariseer rondom twee standpunte naamlik: deel sonder weerstand of handhawing deur minderheidsregte.
Lees verder: Bestaan middele om die Afrikaanse taal en kultuur te red?

Dit wil al meer voorkom asof die ANC-regering besig is om die praktiese voordele van die apartheidsregering se ekonomiese beleid te herontdek. Persoonlik was ek nog nooit 'n voorstaander van die algehele vryemarkbeginsel vir 'n land soos Suid-Afrika nie, maar eerder van die gemengde ekonomie soos dit destyds deur die Nasionale Party-regering beoefen is.