Dosyne Renamorebelle vermis na ontploffing

Dosyne Mosambiekse voormalige guerrillas word vermis nadat 'n reeks ontploffings hulle hookwartier in die sentrum van die land geruk het.

Die Maringue-basis is die tuiste van ongeveer 150 rebelle van die vorige Renamorebellebeweging. Hulle is deesdae die grootste opposisieparty, en het hulleself van geweld weerhou met die einde van die burgeroorlog wat in 1992 aangebreek het.

Hulle het egter deurentyd geweier om te ontwapen ondanks versoeke van die regering en wou ook nie by die polisie ingelyf word nie.

'n Voormalige rebelleleier, Martinho Gwedere, sê ou ammunisie het die reeks ontploffings veroorsaak verlede Woensdag en hy het sedertdien nog nie weer van baie van sy kollegas gehoor nie.

Die owerhede het Sondag by plaaslike inwoners gepleit om versigtig te wees in die teenwoordigheid van ongelanseerde vuurpyle en landmyne.

строительство саунАлександр Фильчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae