Noord-Korea het sy steun toegesê aan Donald Trump, wat waarskynlik die Republikeinse Party se presidentskandidaat in vanjaar se presidentsverkiesing in Amerika gaan wees. Trump sal volgens die Noord-Koreane Amerikaners bevry aangesien hulle daagliks in vrees vir ’n kernbomaanval deur Noord-Korea leef, het Reuters berig. Op DPRK Today, een van die regering se mondstukke, word Trump
Airbus wil noodvoorrade met nuwe vliegtuie verskaf
Die Airbus-stigting sal met die Internasionale Federasie van die Rooikruis en Rooikruisverenigings (IFRC) asook Airlink saamwerk om hulp aan arm lande te versprei. Andrea Debbane, uitvoerende direkteur van die Airbus Foundation, het in die Dublin, Ierland ‘n beroep gedoen op wêreld se grootste lugrederye om noodvoorrade te help vervoer na geteisterde gebiede. Sy het gesê
Lees verder: Airbus wil noodvoorrade met nuwe vliegtuie verskaf
Angola kan nie meer buitelandse rekeninge betaal nie
Die Spaanse lugredery Iberia asook Air Namibia is van die rederye wat ernstig deur die valutakrisis in Angola geraak word. Angola se sentrale bank beskik nie meer oor genoeg buitelandse reserwes om rekeninge te betaal nie. Iberia sal vlugte tussen Luanda en Madrid van 1 Junie 2016 opskort en die maatskappy sal die inligting versprei
Lees verder: Angola kan nie meer buitelandse rekeninge betaal nie
Trump na VK ‘n dag na Brexit-stem
Die Republikeinse presidensiële kandidaat Donald Trump sal Skotland besoek op 24 Junie, net ‘n dag nadat die Verenigde Koninkryk stem om die EU te verlaat. Trump sal sy Turnberry Golf Resort open in die nadraai van wat ontleders glo ‘n Brexit sal wees. Die reis sal Trump se eerste wees sedert sy uitval met die
Wêreld se langste treintonnel in Switserland geopen
Die wêreld se langste treintonnel onderdeur die Switserse Alpe is dié week geopen. Die Gotthardtonnel is by twee afsonderlike geleenthede wat gehou by elke einde van die tonnel, met besoekende staatshoofde en hooggeplaastes gevier. Die tonnel is geopen deur die Switserse president Johann Schneider-Ammann. By die noordelike ingang in Rynächt, Kanton Uri, het die sigbare
Lees verder: Wêreld se langste treintonnel in Switserland geopen
Dodetal styg na Al-Sjabaab-aanval in Mogadisjoe
Die dodetal in die aanval op ‘n hotel in die Somaliese hoofstad, Mogadisjoe het tot 16 gestyg en sal na verwagting verder styg. Ongeveer 55 mense is gewond. Al-Sjabaab het verantwoordelikheid vir die aanval op die Ambassadorhotel aanvaar waar ‘n motorbom eers afgegaan het voordat militante die gebou bestorm het. Die hotel word veral deur
Lees verder: Dodetal styg na Al-Sjabaab-aanval in Mogadisjoe
Nie ‘n enkele skoon oudit in Limpopo, Noordwes
Die provinsies Limpopo en Noordwes kon weer nie daarin slaag om ‘n enkele munisipaliteit met ‘n skoon oudit op te lewer nie. Dit is vervat in die Ouditeur-Generaal se verslag vir 2014/2015 wat in Pretoria ingedien is, het RSG berig. Die verslag dui ook aan dat ‘n aantal munisipaliteite met ongekwalifiseerde oudits van 54 in
Bultfontein-plaasaanval: Vyf aanvallers borgtog geweier
Vyf swart verdagtes wat in hegtenis geneem is na ‘n plaasaanval by ‘n Bultfontein is borgtog geweier in die plaaslike landdroshof. Die Vrystaat se polisiewoordvoerder, Ian Gaobepe, sê die mans is in hegtenis geneem in Phahameng kort ná ‘n aanval op Leon Venter se plaas op 12 Mei. Drie vuurwapens wat uit die Venter-plaashuis gesteel
Lees verder: Bultfontein-plaasaanval: Vyf aanvallers borgtog geweier
ISIS teiken Irak se hoofstad
Militante het Maandag ’n vlaag aanvalle, waarin die kommersiële deel in en om die Irakse hoofstad, Bagdad geteiken is, van stapel gestuur, het AP berig. Minstens 20 mense is dood en meer as 50 is beseer. Die nuus kom midde aanduidings dat Irakse troepe gereed is om die stad Fallujah, wes van Bagdad, te herower.
Karel Combrinck: Taalverraad
Enigeen wat kon glo dat die verraad van FW de Klerk en sy trawante maar net beperkte gevolge sou hê wat ons op die een of ander manier tog sou kon «bestuur», het in ‘n droomwêreld en gekkeparadys gelewe, want die verraad het deurgesuur tot alle vlakke van ons bestaan. Sal diesulkes dalk eendag weer
