praag.co.za

Airbus wil noodvoorrade met nuwe vliegtuie verskaf

Written by

in

,

Die Airbus-stigting sal met die Internasionale Federasie van die Rooikruis en Rooikruisverenigings (IFRC) asook Airlink saamwerk om hulp aan arm lande te versprei.

Andrea Debbane, uitvoerende direkteur van die Airbus Foundation, het in die Dublin, Ierland ‘n beroep gedoen op wêreld se grootste lugrederye om noodvoorrade te help vervoer na geteisterde gebiede.

Sy het gesê rederye sal versoek word tydens die Wêreldlugvaartberaad en algemene jaarvergadering van die Internasionale Lugvaartvereniging (Iata) wat tans in Dublin plaasvind, om by noodlenigingswerk betrokke te raak.

Sy sê dié stigting het reeds in samewerking met die Rooikruis, nie-regeringsorganisasies en van Airbus se redery-kliënte die wêreld se armstes bygestaan deur miljoene euro se noodvoorrade na hulle te vervoer.

Airbus Foundation se program behels die vervoer van noodvoorrade wanneer nuwe, leë vliegtuie afgelewer word.

Hulle wil medisyne, watersuiwerings- en sanitasietoerusting, asook kos en klere vervoer na gebiede waar mense in dringende nood verkeer.

“Ons doen dus nou ’n beroep op ons kliënte en ander groot lugrederye om toekomstige inisiatiewe te ondersteun en te wys die lugvaartbedryf kan ’n kragtige vennoot in noodleniging wees,” het Debbane gesê.

Comments

2 responses to “Airbus wil noodvoorrade met nuwe vliegtuie verskaf”

  1. Chroom Avatar
    Chroom

    Weereens moet gegee word, want die wil om self te verskaf ontbreek. Dit is die GROOTSTE fout wat hierdie gewers kan maak. Al beteken dit dat die nasie moet uitsterf, gaan dit die ander aanmoedig om te begin verskaf.. Dit gaan die nodige werksgeleendhede verskaf, dit gaan ook beteken dat hierdie ouens sal moet begin dink en beplan, want reën is seisoens gebonde. ‘n Tyd gelede het ‘n dame aan my die vraag gevra: Hoekom laat God toe dat babas in die ontmoontlike omstandigehede gebore word, waar die oë en ander deur vlieë opgevreet word word en dit in die grootste van armoede. Sy kan die doel daarvan nie verstaan nie. Ek moet eerlik wees, ek ook nie. Hy sê mos Hy is die lewe gewer en die nemer daarvan. Daarom is my standpunt, moenie inmeng nie, die verstand wat ek het, het ‘n ander ook. Party gebruik dit en ander misbruik dit deur niks te doen nie, net om te bedel en sleg te wees.

  2. Ray Avatar
    Ray

    Subsidies onder dekmantel van welsyn.

Leave a Reply