Ebola is terug in Sierra Leone

Gesondheidsamptenare in Sierra Leone het ‘n sterfgeval weens Ebola bevestig, pas nadat die Wêreldgesondheidsorganisasie aangekondig het dat die dodelike virus in Wes-Afrika uitgeroei is.

Geen gevalle van Ebola moet vir 42 dae voorkom voordat die WGO ‘n land Ebola-vry verklaar.

Liberia is vroeër vanjaar en Guinee laat verlede keer, vry verklaar.

Die sterfgeval in Sierra Leone is vroeër hierdie week aangeteken.

Die Ebola-toetssentrum se woordvoerder Sidi Yahya Tunis het aan die BBC vertel dat die pasiënt gesterf het in die Tonkolilidistrik. Hy het daarheen gereis het vanaf Kambia, naby die grens met Guinee.

Die toetse is uitgevoer deur Britse gesondheidspesialiste. Die BBC se Umaru Fofana het in die hoofstad Freetown gesê gesondheidbeamptes is nou dringend op soek na diegene wat in kontak met die slagoffer was.

Nagenoeg 4000 mense het gesterf van Ebola in Sierra Leone, en 11.000 mense in die hele streek, sedert Desember 2013.

Liberië het al twee keer vantevore aangekondig dat Ebola oorwin is, maar dit kon nie die infeksie keer nie.

‘Harry Potter se prof’ oorlede

Die akteur Alan Rickman, bekend vir sy rolle as Professor Snape in die Harry Potter-reeks, en die Sheriff van Nottingham in Robin Hood: Prince of Thieves, is Donderdag in die ouderdom van 69 jaar oorlede.

Die ster se familie het aan die BBC gesê Rickman het aan kanker gely.

Hy was ook te sien in die films Love Actually en het onlangs die rol van Judge Turpin in die filmweergawe van Stephen Sondheim se musiekblyspel, Sweeney Todd: The Demon Barber of Fleet Street, vertolk.

In 1995 het hy ‘n Golden Globe, Emmy-toekenning en Screen Actors Guild-toekenning vir sy vertolking van Rasputin in Rasputin: Dark Servant of Destiny, ontvang.

ISIS aanvaar verantwoordelikheid vir Jakarta-aanvalle

Minstens sewe mense is dood in Jakarta na ‘n terreuraanval waarvoor ISIS verantwoordelikheid aanvaar het.

Verskeie ontploffings en geweerskote is in die middestad gehoor.

‘n Polisiebeampte en Kanadese man, asook vyf aanvallers is gedood in die ontploffings en vuurgevegte in een van die besigste distrikte in die Indonesiese hoofstad.

Tot sewe ontploffings en verskeie vuurgevegte het Jakarta Donderdag in ‘n skynbaar gekoördineer aanval geruk.

Sewentien mense, insluitend ‘n Nederlandse man, is gewond. Dit het veiligheidsmagte sowat drie uur geneem om die beleg by ‘n Starbuckskafee te beëindig, in Jakarta se oudste winkelsentrum.

Die gekoördineerde aanvalle volg na ‘n dreigement deur die Islamitiese Staat om Indonesië te teiken. Die dreigement het die land in ‘n greep van vrees gehad.

Die polisie sê hulle vermoed ‘n selfmoordbomaanvaller was vir minstens een van die ontploffings verantwoordelik.

Volgens berigte het tot ses bomme ontplof. Ooggetuies sê daar was ook ‘n gespanne situasie met die veiligheidsmagte wat ‘n koffiewinkel binnegegaan het en ‘n verdagte wat glo op die gebou se dak vasgekeer was.

Berigte is verder ontvang van ‘n polisielkontrolepunt wat voor ‘n winkelsentrum opgeblaas is.

Skerpskutters is ook daar ontplooi.

Intussen het die Islamitiese Staat nog nie verantwoordelikheid vir die aanval in Turkye aanvaar nie.

Iran hou 10 Amerikaners aan wat gebiedswater betree

Iran hou 10 Amerikaanse soldate aan nadat beslag gelê is op twee skepe wat volgens die VSA “per ongeluk” in Iranse gebiedswater gevaar het.

Dié voorval kom te midde van spanning in die aanloop tot die verwagte implementering van die P5+1-kernooreenkoms met Iran wat in Julie 2015 bereik is.

Die ooreenkoms kan na wat berig word binne enkele dae in werking gestel word.

Volgens ‘n Amerikaanse amptenaar is ooreengekom om die 10 aangehoudenes Woensdag na ’n Amerikaanse vlootvaartuig in internasionale­ water oor te plaas.

Iran sowel as die VSA het bevestig dat die nege mans en een vrou korrek behandel word.

Volgens Iranse nuusmedia het vlootmagte van die Rewolusionêre Mag twee kilometer binne Iran se gebiedswater in die Persiese Golf beslag gelê op die vaartuie.

Die Rewolusionêre Mag sê die Amerikaners het die fout begaan weens “foutiewe navigasietoerusting”.

Oxford probeer skerm vir Rhodes

Die kanselier van die Universiteit van Oxford het gemaan teen die herskryf van geskiedenis.

Chris Patten het sy eerste openbare kommentaar gelewer sedert die studente-veldtog om Cecil John Rhodes se standbeeld in Suid-Afrika te verwyder.

Patten sê die geskiedenis is nie ‘n leë bladsy waarop mense hul eie weergawe van dit wat moes wees, kan skryf nie.

Hy het gesê studente wat die standbeeld wil verwyder moet vinnig begin dink daaraan om hul studies elders voort te sit.

Hy sê ook dié weergawes is dikwels gegrond op mense se eie hedendaagse sienings en vooroordele. Die protes wat by die Oriel Kollege begin het, is geïnspireer deur die Rhodes Must Fall-veldtog in Suid-Afrika.

Patten sê ten spyte van hoe die geskiedenis Rhodes uitbeeld, het hy ‘n groot bydrae gelewer om mense te vorm wat hulle beywer het teen apartheid.

‘n Debat sal binnekort gehou word oor Rhodes se verbintenis tot swart oorheersing. Byna 200 studente wat Rhodes-beurshouers is, het ‘n onderneming geteken dat die beursgeld nie hulle stilte teen die vergrype van imperialisme sal waarborg nie.

Rhodes se geloof in die superioriteit van die Britse ras is oorbekend.

Patten wat Britse koloniale beheer oor Hong Kong aan China afgestaan het, het egter Nelson Mandela probeer voorhou as ‘n bewys van hoe baie Brittanje van swartes hou wat Rhodesbeurse ontvang.

Ná die veldtog by die Universiteit van Kaapstad wat veroorsaak het dat die standbeeld verwyder is, het die Rhodesbeursraad aangekondig dat hulle die beursgeld gaan verhoog sodat meer swartes dit kan ontvang.

Trump glo Duitse volk sal Merkel met geweld omverwerp

Die Amerikaanse presidensiële voorloper Donald Trump het Dinsdag gesê die Duitse volk sal met geweld van kanselier Angela Merkel Merkel ontslae raak.

“Ons het ‘n bietjie van ‘n situasie wat ‘n trojaanse perd kan wees. Jy kyk na wat gebeur in Duitsland. Keulen het nog nooit ‘n probleem gehad nie. Keulen, Duitsland. Reg? Alles piekfyn. Alles pragtig. Skoon en netjies. Mooi. Geen probleme nie. Nou sit hulle met onluste, hulle sit met verkragtings,” het Trump gesê tydens ‘n veldtogoptrede in Cedar Falls, Iowa.

“Het jy gehoor van die Nuwejaarsaanval? Dit was soos ‘n ramp. En die Duitse volk gaan oproerig raak. Die Duitse volk gaan aan die einde Angela Merkel omverwerp. Ek weet nie wat de hel sy gedink het nie. Maar hulle het miljoene mense in Duitsland laat instroom, wat hulle nie stop nie.”

Massaverkragtings en geweld deur migrante het die Duitse volk teen hul land se multikulturele Willkommenskultur, of “welkomkultuur” in opstand gebring.

Maandag het Pegida, die Duitse akroniem vir Patriotiese Europeërs teen die Islamisering van die Weste, ‘n massiewe saamtrek in Leipzig gehou.

“Hierdie Moslemvlugtelinge ‘n totale terreuraanval teen Duitse vroue begin,” sê Tatjana Festerling, ‘n leidende aktivis van die anti-Moslem-beweging in Duitsland. “Hulle toon dat alles waaroor ons gewaarsku het, waar is. Integrasie is nie moontlik nie.

“As die meerderheid burgers by hulle verstand was, sou hulle in opstand gekom het,” het sy bygevoeg tydens ‘n toespraak by die geleentheid.

Die Leipzigse staatsaanklaer oorweeg die vervolging van Festerling vir die uitbuiting van die vryheid van uitdrukking, openbare aanhitsing van kriminele dade en oproer.

In Keulen het woedende inwoners, gebrandmerk as “regse vigilantes” in die media deurgeloop nadat ses Pakistani’s, drie swartes van Guinee en twee Moslems aangeval is in weerwraakgeweld.

Saterdag het die polisie ‘n waterkanon en pepersproei teen Pegida ondersteuners ingespan om linkse betogers in Keulen te beskerm, nadat die polisiehoof vroeër afgedank is weens die massaverkragtings.

Byna geen Moslem is aangekla na die Nuwejaarsgeweld nie, terwyl die polisiehoof sy werk verloor het omdat hy erken het dat hulle magteloos voor die massaverkragtingsaanslag was.

Drie offisiere en ‘n verslaggewer is beseer in botsings in Keulen.

“Sedert die eerste Pegida-aktiwiteite in 2014 sien ons dat baie mense begin om by politieke betogings aan te sluit en daar meer aktief optree,” sê Patrick Fels ‘n owerheidswaarnemer van Keulen.

Daar is slegs 50 000 soldate in die Duitse weermag wat ‘n bevolking van ongeveer 82 miljoen moet beveilig. Indien gewone burgers nie hulle eie beskerming behartig nie, sal die sosiale orde gou ineenstort.

Die verlinkse Duitse media wil egter verhoed dat Duitsers teen die nie-wit verkragters optree.

Die kommunistiese mediapropaganda is ook bekommerd oor die sogenaamde “Odin-soldate” in die noorde van Finland.

In ‘n aantal stede, is ongewapende maar sterk manne besig om die strate te patrolleer om “onreëlmatighede” te voorkom waar migrante saamgetrek is.

Tot dusver het die polisie hierdie samewerking verwelkom. Die meeste indringers in Finland kom uit die Noorde via Rusland.

Die gedienstige NWO-hoofstroommedia in Duitsland is tans besig om sulke mense as “regse ekstremiste” te brandmerk.

Kringtelevisie toon Saoedi-selfmoordbommer in Turkye

Kringtelevisiebeeldmateriaal wat vrygestel is deur die Turkse owerhede toon die Saoedi-selfmoordbomaanvaller wat ‘n groep Duitse toeriste saam met homself in Istanbul opgeblaas het.

Turkse owerhede het ook drie Russiese burgers, vermoedelik Moslems, met vermeende bande met die Islamitiese Staat in hegtenis geneem in verband met die bomontploffing Dinsdag in Istanboel waarin 10 mense omgekom het.

’n Selfmoordbomaanvaller wat Turkye onlangs uit Sirië binnegekom het, het die lewens van nege Duitse en een Peruviaanse toeris op die geskiedkundige Sultanahmet-plein, ’n belangrike toeriste-aantreklikheid, in Istanboel geëis. Vyftien mense is in die aanval beseer.

Die Russiese konsul-­generaal in Antalya sê drie Russe word aangehou omdat hulle vermeende bande met ISIS het.

Die Turkse polisie het beslag gelê op dokumente en CDs tydens ’n klopjag op die gebou waar die verdagtes gewoon het.

Die Turkse eerste minister, Ahmet Davutoglu, het gesê hy het telefonies met die Duitse kanselier, Angela Merkel, gepraat en medelye betoon met die dood van die Duitse toeriste en onderneem dat Turkye as deel van die Amerikaans-­geleide koalsie, sal voortgaan.

Hy wou nie die nasionaliteit van die selfmoordbommer bevestig nie.

Finland: Kinderen en vrouwen worden aangerand door asielzoekers

De politie in Helsinki waarschuwt nu dat bendes volwassen asielzoekende mannen uit het midden-oosten zich door de stad begeven en systematisch Finse vrouwen en meisjes aan seksuele intimidatie blootstellen.

“Jonge vrouwen en meisjes worden benaderd, achtervolgd, en op verschillende manieren aangerand. Meestal zijn het kinderen jonger dan 15 jaar die het slachtoffer worden”, zegt politiechef Ilkka Koskimäki tegen het Finse dagblad Ilta-Sanomat.

Hij waarschuwt dat de nieuwe trend “grootschalig en ernstig” is.

“We moeten het feit erkennen dat hier sprake is van een soort trend. We willen niet dat deze trend nog groter wordt.”

Koskimäki vertelt dat de politie elke week meerdere aangiftes ontvangt over seksuele intimidaties en aanranding door asielzoekers, maar dat het werkelijke aantal misdaden waarschijnlijk een stuk hoger is omdat niet alle slachtoffer naar de politie gaan.

De nieuwe trend vindt voornamelijk plaats in het centrum van Helsinki in de buurt van restaurants en clubs, meldt de Ilta-Sanomat.

Net zoals in Keulen verzamelde zich tijdens nieuwjaarsnacht een duizendtal Arabische mannen bij het centraal station in Helsinki. De politie is later met een persbericht naar buiten gekomen dat tijdens deze bijeenkomst op grote schaal aanrandingen hebben plaatsgevonden.

Kort voor nieuwjaar zijn zes Irakezen gearresteerd in het asielcentrum Aavaranta in Kyrkslätt op verdenking van “het publiekelijk aanzetten tot criminaliteit” tijdens de eindejaarsfeesten in Helsinki. De Finse politie vermoedt dat ze van plan waren om soortgelijke seksaanvallen te organiseren zoals die uitgevoerd werden in Keulen en in veel andere Europese steden tijdens nieuwjaarsnacht.

Verleden jaar zijn in Finland meer dan 30 000 asielzoekers gearriveerd, waarvan de meeste uit Irak. Dat is ongeveer tien keer zoveel als het land in 2014 ontving.

Bron: Friatider

Hulpbron-nasionalisme raak warm in Niger

Hulpbron-nasionalisme is tans ‘n baie warm onderwerp in Niger.

Hama Amadou, ’n groot opposisierolspeler, wat ­toestemming het om in Februarie ’n kandidaat in Niger se ­presidentsverkiesing te wees, se poging om Maandag uit die ­gevangenis vrygelaat te word, het misluk. Hy het sy versoek tot die ­appèlhof gerig.

President Mahamadou Issoufou, ’n ­sleutelbondgenoot van die Weste in die stryd teen Islamitiese militansie in die brose Saharastreek, sal na v­erwagting daarin slaag om vir ’n tweede termyn verkies te word.

Kritici beskuldig hom egter daarvan dat hy ­toenemend outoritêr word, veral na die onthulling van ’n mislukte staatsgreep in Desember.

Amadou, wat eens op ’n tyd ’n bondgenoot van die president was, is in November, nadat hy uit ballingskap teruggekeer het, in hegtenis geneem nadat hy na bewering by ’n ­baba-handel sindikaat betrokke was.

Hy het die aanklagte in die openbaar ontken en sê sy aanhouding is ­polities gemotiveer.

Amadou is een van 15 kandidate wat Saterdag deur Niger se grondwetlike hof gekeur is om as kandidaat vir die ­presidentsverkiesing te staan. “Met die weiering om hom voorwaardelik vry te laat, het die bewind sy eerste uitklophou gegee,” het Souley Oumara, sy regsverteenwoordiger gesê.

Die appèlhof het geen redes vir sy besluit verskaf nie, en Amadou kan nou in die hooggeregshof appèl aanteken.

Niger se geheime diens het Amadou, asook lede van sy party en ander opposisieleiers ondervra.

Sedert die oliekrisis in 1973 maak Frankryk op kernkrag staat en hierdie uithoek van Afrika is noodsaaklik om sy nasionale belange te beskerm.

Ten minste driekwart van Frankryk se elektrisiteit kom van kernkrag, en maak die land meer afhanklik van uraan as enige land op aarde.

Niger is die wêreld se vierde grootste produsent van die erts na Kazakhstan, Kanada en Australië.

In 2009, het Reuters berig dat China daartoe verbind was om te $300 miljoen in ‘n uraanprojek te belê, maar geen uraan is uit die myn gehaal sedert vroeg 2015 nie en die myn is effektief gesluit.

Bykomend tot goedkoop uraanpryse, het verlangsaming in die Chinese ekonomie gelei tot ‘n 84% daling in Chinese belegging in Afrika in die eerste helfte van 2015, volgens die Financial Times.

China het tans min aptyt vir kapitale uitleg wat natuurlike hulpbronprojekte betref.

Tog is die Chinese uraanmyn een van die mees ondeursigtige sakepogings in Niger.

Verlinkses aanvaar verantwoordelikheid vir Turkse bomaanslag

Verskeie liggame het op die grond in op Sultanahmet-plein, naby aan die Blou Moskee en Hagia Sophia, ‘n wêrelderfenis plek, en belangrike toeriste-area in die stad gelê.

Die kantoor van Istanboel se goewerneur sê die owerhede ondersoek die soort plofstof wat in die bomaanval gebruik is en wie moontlik vir die aanval verantwoordelik was.

Die kantoor het ook bevestig dat tien mense dood en 15 beseer is, maar het geen verdere besonderhede verstrek nie.

Turkye se AHaber-televisie het gesê die ontploffing is waarskynlik die werk van ‘n selfmoordbomaanvaller.

Die polisie het die strate in die omgewing afgekordon. “Ons tref voorsorgmaatreëls teen ‘n moontlike tweede ontploffing,” het ‘n polisiebeampte op die toneel gesê terwyl hy mense van die plein af begelei het.

Die ontploffing kom net meer as ‘n jaar nadat ‘n vroulike selfmoordbomaanvaller haar by ‘n polisiekantoor vir toeriste naby dieselfde plein opgeblaas het. Een polisie-offisier is in die ontploffing dood en een is beseer.

Verantwoordelikheid vir die aanval is aanvanklik deur ‘n verlinkse groep aanvaar.

Koerde, linksgesindes en ander militante het in die verlede almal aanvalle in Turkye uitgevoer.

Turkye, ‘n ondersteuner van die Islamitiese Staat (ISIS) het ‘n teiken vir radikales geword met twee groot bomaanvalle wat die land die afgelope tyd geruk het.

Die een aanval was op die dorp Suruc naby die Siriese grens en die ander in die hoofstad, Ankara, waarin meer as 100 mense dood is.

Die aanslag sal ‘n negatiewe impak op toerisme in Turkye hê.