praag.co.za

Iran hou 10 Amerikaners aan wat gebiedswater betree

Written by

in

,

Iran hou 10 Amerikaanse soldate aan nadat beslag gelê is op twee skepe wat volgens die VSA “per ongeluk” in Iranse gebiedswater gevaar het.

Dié voorval kom te midde van spanning in die aanloop tot die verwagte implementering van die P5+1-kernooreenkoms met Iran wat in Julie 2015 bereik is.

Die ooreenkoms kan na wat berig word binne enkele dae in werking gestel word.

Volgens ‘n Amerikaanse amptenaar is ooreengekom om die 10 aangehoudenes Woensdag na ’n Amerikaanse vlootvaartuig in internasionale­ water oor te plaas.

Iran sowel as die VSA het bevestig dat die nege mans en een vrou korrek behandel word.

Volgens Iranse nuusmedia het vlootmagte van die Rewolusionêre Mag twee kilometer binne Iran se gebiedswater in die Persiese Golf beslag gelê op die vaartuie.

Die Rewolusionêre Mag sê die Amerikaners het die fout begaan weens “foutiewe navigasietoerusting”.

Comments

2 responses to “Iran hou 10 Amerikaners aan wat gebiedswater betree”

  1. G Avatar
    G

    Wat maak die spul daar? Hulle is heeltemal te voor op die wa. Dit kon ‘n baie ernstige insident gewees het, een wat ‘n WO kan begin.

    1. Ou Transvaal Avatar
      Ou Transvaal

      Hulle GPS is seker aangekoop by die geloofsgroep wat ons nie mag noem nie,dit wys net die pad na minirale aan.Kon nie n Chinese GPS gewees het nie want die werk weer net op teerpaaie’ made by China’.

Leave a Reply