As hulle dan nie brood het nie …

“As hulle dan nie brood het om te eet nie, laat hulle koek eet.”

Wanneer die inkomstegaping in ‘n land te groot word, so lui die model van relatiewe deprevasie, dan raak die rewolusionêre klimaat ook baie groot.

Hierdie beginsel behoort nie aan die regering vreemd te wees nie. Die ANC is immers met die SAKP in alliansie, en ‘n rewolusionêre klimaat is waarop die kommuniste tradisioneel teer.

Die nuus dat Eskom se topbestuur aan hulself verhogings van gemiddeld 83 % toegeken het, en kopsku was om ‘n aanbod van meer as ‘n tiende hiervan aan die werkers te maak, was dus vir baie ‘n skok.

Sulke reusebestuursverhogings gebeur selde in isolasie, en dit wil voorkom asof dit dié keer ook nie anders was nie, met die vervoerstaking wat om min of meer dieselfde rede groot ontwrigting op die vooraand van Wêreldbekersokkertoernooi gebring het.

Dit is maklik om werkers te verkwalik vir hoër as inflasieverhogings te midde van ernstige pogings om inflasie hok te slaan, en pogings om die impak van die wêreldekonomiese krisis af te skud. Boonop lyk dit uiters selfsugtig om groot verhogings af te dwing as daar ‘n toename in werkloosheid te midde van reeds baie hoë werkloosheidsyfers is.

Alle redenasies loop hulself egter bloedneus as die bestuur van ondernemings, veral semi-staatsinstellings, aan hulself banale verhogings toeken. Daar sal teen-argumente wees soos dat hoëvlak kundigheid uiters skaars en nodig is om hierdie instellings te laat vlot. Daardie argument het egter voorbehoude, soos dat die kundigheid wat behou moet word wel die vakkundige kundigheid insluit, en dat bestuur wat sulke rojale meevallers kry inderdaad oor die bestuursvaardighede beskik. Wanneer na die geskiedenis van die afgelope dekade en ‘n ietsie gelet word, lyk dit nie so nie.

Voor hierdie jongste reeks verhogings was Suid-Afrika al ‘n ruk lank die land met die grootste meetbare inkomstegaping.

Peperduur paloekas stuur gewoon die verkeerde boodskap na die werkers uit.

Dit laat die vraag ontstaan oor hoekom die regering dit toelaat. ‘n Nuwe aristokrasie is immers uit pas met ‘n regering waar ANC-raadslede net voor hulle Bloemfontein se tariewe verlammend verhoog, sing “ We are Communists .”

Daar is reeds soveel vreemdhede wat op die regering se brood gesmeer kan word, dat ‘n waarnemer stellig nie verbaas moet staan as daar nog ‘n vreemdheid ook kop uitsteek nie.

So ‘n klein poel van mense wat vermoedelik superbelasting betaal, sal kollektief hopeloos te min oplewer om munisipale begrotings te laat klop, of die staat in staat stel om sy program van mense wat welsynstoelaes ontvang uit te brei. Omdat hierdie super-betaaldes nie in die werklike produktiewe sektor is nie, sal dit nie genoeg entrepreneurskap inspireer om werksgeleenthede te skep nie. Trouens, dit werk soos roes op bestaande werksgeleenthede.

Dit het ‘n soortgelyke uitwerking as die super-verhogings wat Bloemfontein nou op die lyf geloop het. Terwyl dit amptelik gedoen word om te neem by die sogenaamde rykes sodat die armes beter versorg word en meer gratis dienste kan ontvang, is dit reeds duidelik dat baie huishoudings nou noodwendig hul huishulpe moet laat gaan, en verskeie ondernemings hul deure moet sluit. Daar is selfs van ‘n kollektiewe strafreaksie om huishulpe te laat loop sprake.

Met die ekonomiese herstelprogramme wat talle lande opgestel het, is ellelange segmente aan moraliteit gespandeer. Toe dit blyk dat van die Amerikaanse maatskappye wat met staatshulp uit die verknorsing gehelp is, van daardie geld gebruik het om weer aan hul elite reuse bonusse te betaal, was die vet in die vuur.

Om die een of ander rede lyk dit of niks die nuwe klas eietydse Mandaryne van hul grypsug sal genees nie, al veroorsaak dit dat die land vir die gewone burger ekonomies kreupel sal bly.

‘n Antwoord is waarskynlik meer in opportunistiese politiek te vinde – maak die rykes in ANC-geledere so ryk dat ‘n volle implementering van sosialisme hulle steeds superryk laat. Dan is daar nie uit daardie geledere protes nie.

ролики ценапрокурор харьковской области

Sokker en rassenasionalisme

Dit is interessant dat Suid-Afrikaanse swartes, sowel politici as gewone mense, deur die bank swart sokkerspanne ondersteun. Nadat die Bafana Bafana in die eerste rondte van die wêreldsokkerbeker uitgeval het, het die aandag na Kameroen en veral Ghana verskuif.

Ghana is eers Vrydagaand deur die span van Uruquay uigeskakel. Maar nie voordat die span deur swart TV-nuuslesers, president Jacob Zuma, asook Nelson Mandela, geëer is as “ware verteenwoordiger van Afrika”  nie.

Die identifikasie van swart politici en sokkerondersteuners met swart spanne geskied onwillekeurig en natuurlik. Aan die ander kant sou dit ondenkbaar wees vir, sê maar, die Sweedse koningsgesin om die Duitse sokkerspan te besoek en aan hulle te sê: “Julle dra die mantal van die Europese beskawing op jul skouers.” So iets sou onmiddellik as rassisties getipeer word, want blankes mag mos nie blanke sportspanne ondersteun nie, terwyl die omgekeerde wel toelaatbaar is.

Sulke insidente illustreer egter aan ons in welke mate die swartmense van Afrika ‘n identifikasie op grond van ras as natuurlik en vanselfsprekend aanvaar. Hulle is selfs trots daarop om ander swartes in hul sportstryd teen nie-swart spanne te ondersteun.

Vir Suid-Afrika is daar ‘n belangrike les hieruit te leer. Die land leef al klaar met ‘n groteske anomalie in sy grondwet, naamlik dat die land “nie-rassig” sou wees.
Verduideik die begrip “nie-rassigheid” aan swart sokkerondersteuners. Of Nelson Mandela.синус лифтинг стоматологияФільчаков Олександр Васильович

Wanneer die post-euforiese trauma self die probleem word

Hoewel sekere aspekte van ekonomie, soos mikro-ekonomie en makro-ekonomie met uiters eksakte syfers en formules werk, speel persepsies en sielkunde in die omvattender konteks ‘n baie groter rol.

Wanneer ‘n gees van pessimisme oor die ekonomie posvat, tree soveel negatiewe faktore in werking dat die ekonomie inderdaad kort voor lank ‘n knou kry, en dikwels boonop ‘n domino-effek afgee.

Dit is geen geheim dat die land na afloop van die sokkerskouspel ‘n goeie dosis post-euforiese trauma gaan beleef nie. Die harde syfers van die ekonomie maak dit onafwendbaar, soos die kommer wat die ekonoom Mike Schussler pas uitgespreek het.

Trouens, die post-euforiese trauma het reeds redelik wyd posgevat onder mense wat tot onlangs nog sterk deur die euforie meegesleur is, en Volksblad het ook reeds ‘n spotprent hieroor gedra. Hierdie trauma is veral onder akademici en ander intelligentsia te bemerk, maar dreigemente van stakings, dreigemente van hernude xenofobiese aanvalle en vele meer dra die boodskap dat ons nou die voorloper sien van ‘n post-euforiese trauma van veel groter skaal.

Die werklike gevaar is dat die vrees vir die gevolge so verlammend inwerk dat die impak groter sal wees as wat dit onder meer objektiewe omstandighede sou wees.

Sou die vrese vir ‘n opvolg-wêreldresessie (double impact) realiseer, sal nog lank bespiegel word hoeveel hiervan deur die vrese daarvoor veroorsaak is, en hoeveel deur objektiewe ekonomiese indikatore.

Om ‘n onnodige diep ekonomiese slag as gevolg van post-eforiese trauma af te weer, is ‘n ontlontingstrategie nodig. Om die bevolking eensklaps met slegte nuus te bombardeer is net so nadelig as om die euforie te rek deur die slegte sy uit die nuus te probeer hou. Juis nou is ‘n goeie tyd om hoë profiel korrupsie duidelik vas te vat, om ministers wat rojaal met belastingbetalersgeld omgaan die trekpas te gee … trouens, die boodskap uit te stuur dat daar erns mee is om die lot van miljoene armes aan te spreek. Diegene wat belastingbetalersgeld gebruik het om sokkerkaartjies te koop moet noodwendig behoorlik, sigbaar en duidelik vasgevat word. Trouens, dit moet ondenkbaar wees dat raadslede wat hierby betrokke was, toegelaat sal word om volgende jaar as kandidate vir enige party verkiesbaar te wees.

Waar begrotings ter sprake kom, moet die beginsels van ontwikkelingsbegrotings nougeset nagekom word. Dit help byvoorbeeld nie om tekorte met sulke belastingverhogings aan te spreek dat die belastingbasis in die proses vernietig word nie. Die produktiewe sektor moet genoeg kapitaal en ‘n positiewe persepsie oorhou om te investeer en werksgeleenthede en algemene welvaart te skep.

Matigheid is die beste resep teen babelas.

строительство водозаборных скважинлобановский обыск

Nasionalisering van ondergrond het impak op bogrond – twee hofsake

‘n Pas-afgehandelde hofsaak, en nog ‘n hofsaak vroeër vanjaar, toon ondubbelsinnig hoe ernstig ‘n onlangse gedagte van die regering kan wees om landbougrond tot nasionale bate te verklaar.

Die twee hofsake handel oor mynregte, en beide spruit uit die staat se verklaring van mineraleregte tot nasionale bate. Hoewel die regering dit ontken, is die land se sogenaamde ondergrond genasionaliseer.

Vroeër het ‘n plaas uit die bogrond en die ondergrond bestaan, en dit het dikwels gebeur dat ‘n plaasverkoper die ondergrond uitgehou het …net om op ‘n dag te besef hy besit dit nie meer nie.

Dikwels raak dit nie veel meer nie as dat die boorgatwater op sy plaas nou ook aan die mense van Suid-Afrika behoort en hy daarvoor moet betaal. Dikwels was dit egter ook katastrofies, soos iemand wat sy aftreegeld spandeer om ‘n hoewe met ‘n soutpan te koop. Die aankoopprys is op die waarde van die soutpan en die soutopbrengs gebaseer. Skielik is die soutpan net vir kyk. Hy kan wel om ‘n permit of mynreg aansoek doen, maar allerlei vereistes soos bemagtigingsvennote maak die transaksie dikwels onlonend. Boonop kan sy aansoek misluk, soos dikwels gebeur, en hy kan skielik vind die aansoek is aan ‘n vreemde toegeken. En hy mag nie toegang weier nie.

In April het ‘n aansoek om appél van SA Soutwerke, waarvan die omstrede LUR, John Block ‘n direkteur is, misluk. Volgens ‘n hofbevel is sy maatskappy gelas om ‘n soutpan in die Kalahari wat onwettig beset was te ontruim. Ernstige bewerings oor ongerymdhede met die toekenning van die mynreg is gemaak.

In die jongste saak het regters CB Cillié en MC Mocumie uitspraak gelewer in ‘n saak waar ‘n wildboer van Boshof op ‘n dag ‘n hek in sy wildwerende heining aangetref het, en afgekom op voorbereidings van ‘n maatskappy wat gruis op sy plaas wou myn. Die boer is meegedeel dat die maatskappy ‘n mynreg bekom het, en dat die boer hulle nie kan verhinder om die gruisgroef te bedryf nie.

Die maatskappy se eienaar, ene Mzwandile Shwababa, moet die regskostes betaal, ook van sy eie mislukte aansoek om die boer te verplig om hom toegang tot die wildsplaas te gee. Die mynreg is boonop tersyde gestel op grond daarvan dat daar nie voldoende met die boer gekonsulteer is nie. Die Departement van Minerale moet help betaal.

Verskeie grondwetlike aspekte, soos dat die mynaktiwiteite minstens vir ‘n tyd lank in wese die landbouer van sy reg ontneem om op ‘n deel van sy eie grond te boer, is nie nou bereg nie. Die aansoek is rondom ‘n tegniese punt besleg.

Die praktyk wat skynbaar tot die twee hofsake gelei het, laat ongelukkig die deur vir korrupsie wawyd oop, en dit is daarom goed dat die howe ingryp.

Die staat se houding laat egter rooi ligte flikker oor wat met die verklaring van landbougrond tot nasionale bate bedoel kan word. Die ontkenning dat ondergrond genasionaliseer is, het in die praktyk geen betekenis nie. Boonop lei dit dikwels, soos in die geval van soutboere, daartoe dat die bogrond implisiet ook genasionaliseer is.

Agri SA het hom tot ‘n hernude poging verbind om die kwessie van grondhervorming aan te spreek. Gee die regering egter nie kop oor wanpersepsies en foutiewe syfers nie, gaan dit nog lank ‘n punt van dispuut bly.

free money for slotsФильчаков прокуратура харьков

Sielkundige impak van wêreld-ekonomiese krisis

Terwyl ‘n Amerikaanse paneel nog nie onomwonde kon bevestig dat die wêreld-ekonomiese krisis iets van die verlede is nie, is dit duidelik dat state, instansies en individue nie deur die krisis onaangeraak is nie.

In die VSA is daar selfs ‘n groep wat ‘n dubbele insinking, die sogenaamde “double dip” verwag.

Versigtigheid is nou die wagwoord. Die versigtigheid kleef nog duidelik na aanvanklike woede toe dit geblyk het inhalige magnate het so laag gedaal om staatshulp om hulle kop bo water te hou, te gebruik om opnuut banale bonusse aan hulself toe te ken.

Trouens, die woede was so erg dat daar in Nederland ‘n ernstige poging was om bankbase persoonlik aanspreeklik te hou vir verliese as gevolg van dom-onnosele besluite, terwyl sommiges selfs wetgewing gevra het wat tronkstraf moontlik sou maak.

Die Pew Research Center in die VSA het ‘n peiling gedoen oor hoe die krisis gesinne geraak het, en hoe dit mense se denke beïnvloed het. Meer as die helfte van die VSA se werksmag het werksverliese ervaar, moes instem tot salarisvermindering of moes verminderde ure werk.

Agt elemente is geïdentifiseer oor hoe dit Amerikaners geraak het:

  • 32 % van die volwasse werksmag het in die resessie tye van werkloosheid ervaar.
  • 28 % van die mense wat werk het, se werksure is verminder, 23 % se salarisse is verminder, en 11 % is van permanente na tydelike werkers omgeskakel.
  • 62 % volwassenes het aangedui hulle spandeer minder as voor die resessie, en 31 % beplan om na die resessie steeds minder te bly spandeer.
  • Ongeveer 6 uit tien mense wat ouer as 50 is, meen hulle sal dalk aftreeplanne moet uitstel omdat hulle nie seker is dat hulle genoeg voorsiening gemaak het nie. Die opname wys egter dat dit die sg “baby boomers” is wat die hardste getref is, en ongeveer 30 % van hierdie jong mense is nou onseker of hulle genoeg sal kan verdien om vir aftrede voorsiening te maak. (Dit is veelseggend in die VSA met sy Green Card-stelsel).
  • Ongeveer die helfte van die huiseienaars meen hul huise se waarde het afgeneem, en amper 40 % meen dit sal 6 jaar of langer neem om te herstel.
  • Altesaam 26 % van die Amerikaners meen hul kinders sal, wanneer hulle die ouers se huidige ouderdom bereik, ‘n laer lewenstandaard handhaaf.  ‘n Dekade tevore was slegs 10 % hierdie mening toegedaan.
  • 63 % meen dit sal die VSA tot drie jaar neem ekonomies heeltemal te herstel.
  • Die peiling toon dat meer republikeine positief is oor die ekonomie wanneer die land deur ‘n republikeinse president regeer word, terwyl meer Demokrate die mening toegedaan is wanneer ‘n Demokraat sy intrek in die Wit Huis geneem het.

In lande soos België is omvattende hoofstukke oor moraliteit in die ekonomiese herstelplanne ingeskryf.

Teen dié agtergrond is dit belangrik om die oog te hou op faktore hier te lande, soos Mangaung wat nou blykbaar van ‘n ontwikkelingsbegroting na ‘n welsynsbegroting oorgeslaan en die gans wat die goue eiers lê geslag het. Ministers wat peperduur vuurwaens aanskaf terwyl die nasionale begroting nie meer al die (slag)gate toestop nie. Korrupsie, die diefstal van ‘n land se toekoms, wil maar nie wyk nie. Hierdie swartgallige lysie is ongelooflik lank.

Die Fifa-toernooi is nog nie eens in die pylvlak nie, en die “double dip”-sindroom slaan wyd uit. Ekonomies gesproke is volslae swartgalligheid dalk oordadig, maar versigtigheid is aangewese, en belê in die toekoms onontbeerlik.

poteha-detyamФильчаков прокурор отзывы

Gama se afdanking

Die jongste ontplooide kader wat na ‘n uitgerekte proses geskors is, Siyabonga Gama, is pas afgedank.

Gama was die hoof van Transnet se vragafdeling, maar die geval is meer bekend oor die verbintenis met die huidige minister van Kommunikasie, genl. Siphiwe Nyanda.

Dié aspek is maar een van verskeie klagtes waaraan Gama skuldig bevind is. Dit behels die toeken van ‘n tender vir sekuriteitsdienste aan ‘n firma wat deur Nyanda besit is. Die ander klagtes hou verband met tenders vir lokomotiewe, en ‘n klag oor ‘n verbrokkelde verhouding met die direksie. Hierdie klag is bygevoeg na Gama se regspan volgehoue aanvalle op die direksie geloods het na die dissiplinêre proses begin het.

Nyanda het self die aandag op hom gevestig, toe hy, as minister van Kommunikasie en dus tegnies nie betrokke nie, hom openlik daarvoor beywer het dat Gama as die nuwe bestuurshoof van Transnet aangestel word.

Nyanda se naam het opnuut opgeduik toe die vakbondbaas, Zwelinzima Vavi die minister in verband met ‘n hotelrekening van korrupsie beskuldig het. Nyanda het met ‘n lastergeding teen Vavi begin, maar laat vaar hoewel Vavi nie volkome onder ANC-druk geswig het om sy bewering terug te trek nie, en eerder sy rug styfgemaak het.

Nyanda se naam het ook onder die eerste geledere opgeduik wat ‘n storm ontketen het oor die peprduur vuurawens wat deur ministers aangeskaf is.

Die pers berig vandag dat die SABC-raad begin het met ‘n nuwe proses nadat die raad se voorsitter, dr. Ben Ngubane, opdrag gegee het dat Phil Molefe as nuushoof aangestel word. Ngubane het duidelik onregmatig opgetree, maar daar was geen aanduiding dat die minister – Nyanda – Ngubane voor stok gekry het nie.

Of ‘n minister soos Nyanda geskik is om as minister te dien in ‘n land wat nou die gordel moet intrek, is ‘n ope vraag. Dit het pas aan die lig gekom dat Suid-Afrika se regstreekse inkomste uit die aanbieding van die Fifa-toernooi waarskynlik in die orde van R15 miljard sal wees, teenoor ‘n uitgawe van R40 miljard. Hoewel dié sommetjie nie so eenvoudig is nie, is dit wel duidelik dat iemand vir ‘n ruk lank pa moet staan vir die tekort wat na verwagting eventueel deur onregstreekse voordele ‘n wins kan oplewer.

Ongelukkig het Nyanda nie alleen Vavi se weerlig op hom getrek nie. Ook die minister van Samewerkende regering, Sicelo Shiceka, het na Vavi die vinger na hom gewys het, verdere weerlig getrek oor die verlengde kontrak aan ‘n peperduur en omstrede waarnemende munisipale bestuurder in Ventersdorp. Ook Shiceka was voor die Vavi-vingerwysing in die nuus oor ‘n agterstallige munisipale rekening vir sy huis in Midrand, en sy aanvalle op die Belastingbetalersvereniging, waar hy die propaganda-oorlog loshande verloor het.

Al het die ANC formeel die geledere agter hierdie twee ministers gesluit, hou hul omstredenheid steeds die potensiaal in om die ANC se alliansie met Cosatu ‘n ongemaklike alliansie te maak.

fortuneФільчаков Олександр Васильович

Euforie het ‘n prys

Die bedrae wat tot dusver bekend gemaak is oor hoeveel Suid-Afrikaanse staatsdepartemente en staatsinstellings aan die aankoop van kaartjies vir die Wêreldsokkerbeker spandeer het, beloop reeds sowat R60 miljoen. Dit sluit nie die bedrae wat munisipaliteite, soos die R15 miljoen wat Mangaung spandeer het, in nie.

Dié skrikwekkende konteks word verder versteur deur die nuus dat die minister van Finansies ‘n direktief uitgereik het dat dit nie mag gebeur nie.

Dit is nie net staatsinstellings wat geld maak wat kaartjies aangekoop het nie. Eskom het self R12 miljoen se kaartjies aangeskaf wat stellig ‘n hele aantal gemoeds-kortsluitings tot gevolg gehad het.

Wat die uiteindelike totale bedrag gaan wees, is nie bekend nie, maar die skokkende syfer kan net erger skok.

Hierdie soort byvoordele op die belastingbetalersrekening is nie nuut nie. Met die vorige Wêreldbekertoernooi in Duitsland is omtrent almal wat iets was op die rekening van die belastingbetalers na Duitsland. Ook die toe spartelende SABC het ‘n groot span raadslede, senior amptenare en ander belangstellendes op ‘n ekskursie van die Olimpiese Spele in Beijing geneem. Uiteindelik moes die belastingbetaler opdok.

Soms is daar wel ‘n vyeblaar om die uitspattigheid te bedek, soos ‘n drie bladsye verslag van die Tswane-raad oor die hoëvlakse bywoning van die Wêreld-omgewingsberaad. Of die ampsdraers wat die beraad bygewoon het enige insette in die opstel van die verslag gelewer het, is onseker, aangesien die verslag slegs vaaghede bevat wat bykans enige lid van die publiek hier te lande reeds weet – sonder dat hulle die toer meegemaak het.

Die vyeblaar skakel regstegnies die titel, korrupsie, uit maar nie die morele aanklag hiervan nie.

Die koste van hierdie soort optrede is nie net die regstreekse, meetbare soos die rekening wat vereffen is nie, maar die persepsie wat die land se besluitneners by die buiteland skep waar korrupsie, veral na die rol wat inhaligheid met die wêreldekonomiese krisis gespeel het, nou erg negatief beskou word nie.

Wanneer die sokkereuforie verby is, is dit hierdie soort optredes en die afloop daarvan wat aanhou byt en byt.

Of minister Pravin Gordham die oortreders vasgevat gaan kry, is ‘n ander saak. In die lig van die omvang van hierdie praktyk kan sy bakleilus vinnig verdamp.

материал длятопкарго

G-8 gee min

Dat veral sommige lande van die G-8 erg agter skedule is met miljarde dollar beloofde ontwikkelingshulp aan ontwikkelde lande is ‘n feit, maar daar is ook ‘n ander sy aan dié dollarmunt.

Die Europese Kommissie se voorwaardes vir ontwikkelingshulp maak dit baie duidelik aan watter vereistes lande moet voldoen om vir die ontwikkelingshulp te kwalifiseer. Onder die hoofvoorwaardes is die wyse waarop korrupsie en demokrasie bestuur word. Is die pogings om korrupsie hok te slaan nie sterk genoeg nie, en is daar te min neerslag van demokrasie, word die geld nie na die ontvangerlande se staatskas gekanaliseer nie, maar na nie-regeringsorganisasies en dus grootliks buite bereik van die grypsugtige regerings. Pres. Robert Mugabe se galbrakery teen NRO’s is welbekend.

Wanneer die VSA se minister van Buitelandse Sake, Hillary Clinton, in Nigerië die Nigeriese regering oor die uitroei van korrupsie aanspreek, dan spreek dit boekdele van erns.

Tog verwag die ontwikkelende lande steeds ‘n oop hand ten spyte van volgehoue nepokrasieë, kleptokrasieë en ander mismaaksels. Die G-8-lande is hard deur die wêreld-ekonomiese krisis getref. Hoe maklik sal hulle geld kanaliseer na ‘n land waar die munisipaliteite saam in een jaar R13 miljard wanaangewend en vermors het? Watter boodskap stuur die regering uit deur die hersirkulering van kaders wat reeds uitgevang is en selfs ontslaan is, in hoër of gelyke poste. Die lys word al langer, met die jongste Phil Mohlahlane wat as waarnemende hoof- uitvoerende beampte by die Landbank die trekpas gekry het en nou ‘n senior pos by die Limpopo Landbou-ontwikkelingskorporasie losgeslaan het.

Op munisipale vlak lyk dit al meer na “musical chairs” soos uitgevangde munisipale bestuurders elders weer munisipale bestuurders, waarnemende munisipale bestuurder soos op Ventersdorp, of administrateurs word soos wat met die afgedankte munisipale bestuurder van Mangaung gebeur het, en wat nou op aanklagte van onder meer korrupsie en rampokkery tereg staan.

Suid-Afrika, en Afrika, se hantering van pres. Robert Mugabe en ander Afrikaleiers, onder andere een vir wie die Internasionale Strafhof ‘n lasbrief uitgereik het, sal beslis ook nie die lus vir geld-uitdelery aanwakker nie.

Dit moet ook in gedagte gehou word dat verskeie Europese regerings beduidende hoofstukke in hul eie ekonomiese herstelplanne ingeskryf het.

In skrille teenstelling hiermee wil pres. Jacob Zuma ‘n openbare debat voer om moraliteit te herdefinieer sodat sekere praktyke aanvaarbaar sal wees.

Clinton het pas haar vorige monduitspoelery oor die korrupsie op die kontinent opgevolg met ‘n duidelike streep in die sand te trek dat Afrika self sy voetwerk vir bevatlikheid vir hulp in orde moet kry.

Uiteindelik, in ‘n globale ekonomie, maak dit sin om te belê waar hulpbronne is. Die kwessie van relatiewe prysvoordeel is nog ver van behoorlik ontwikkel oor die natuurlike ingesteldheid tot proteksionisme. Die bietjie uitvoer-vervaardiging van Ethiopië is enkele jare gelede deur elektrisiteitstekorte nek omgedraai. Toe die kragkrisis oorkom is – tydelik blyk dit nou – kon die eertydse vervaardigers nie hul buitelandse marke herwin nie. Doeltreffender mededingers het die geleenthede opgeslurp. Dis taai, en Kersvader kom net eenkeer per jaar.

roulette games noлобановский александр дети

Groter as die spel

Sportmangees het duidelik die trekpas gekry en is druipstert by die agterdeur uit as spelers groter as die spel geword het.

In die beroepsera is prima donnas alledaags. Sterk spanne kry gereeld die kous oor die kop omdat die spelers skynbaar bloot opdaag om hul ruim tjekkies te kom haal. Dit kom in elke sportsoort voor.

Met sokker is dit ook nie anders nie. Met die Konfederasiebekertoernooi is die lae intensiteitspel toegeskryf aan die feit dat baie spelers, en selfs lande, geen premie op die toernooi plaas nie. Maar omdat hulle nie mag weier om deel te neem nie, tensy hulle ook hul reg om aan die wêreldbeker deel te neem kwyt sal wees, kom hulle en doen weinig meer as om vir wedstryde op te daag. Van die minder geroemde spanne met minder sterre gryp egter die geleentheid aan, en verrassing op verassing volg.

Met die wêreldbeker sal dit anders wees, is verduidelik. Dan skop nasietrots ten volle in, en is die lonende klubligas op die agtergrond.

Die skrif moes egter reeds duidelik aan die muur gewees het toe dit met die spelers se aankoms duidelik word hoeveel giere en geite hulle het. Gerekende hotelle moes hierdie eietydse monarge soos…wel, konings behandel en met selfs die mees onredelike geite verlief neem.

Die toernooi het die land miljarde rande gekos. Presies hoeveel, sal eers later blyk. Terwyl die bedrae wat aan stadions gespandeer word redelik bereken kan word, en die infratsruktuurkostes in elk geval eerder nou as later aangegaan moes word, is dit moeiliker om te bereken hoeveel individuele entrepreneurs en individue gespandeer het. Sommiges het duidelik reeds dividende gesmaak, ander gaan baie lank indien ooit neem om hul kostes te verhaal. Selfs die prostitute wat spesiaal na die land gekom het, kla dat hulle maar kaal daarvan afkom. Produktiwiteit, onder meer deur werksure wat weens sokkerkyk verlore gaan, se koste is ook astronomies.

Teen hierdie agtergrond is dit waarskynlik nie te veel gevra dat die spelers ook hul kant bring nie. Gelukkig gebeur dit plek-plek, maar daar is ook genoeg gevalle waar spanne duidelik lyf weggesteek het. Frankryk, wat in die vorige toernooi se eindstryd gespeel het, is reeds huis toe. Die huidige wêreldkampioen, Italië, loop gevaar om vandag dieselfde lot te beurt te val. Engeland het net-net die valbyl misgeloop.

Intussen bou Fifa ‘n algaande slegter reputasie by die publiek op. In die hoofartikel van vandag se Volksblad word Fifa selfs van ‘n eietydse kolonialisme beskuldig. T-hemde wat ‘n week gelede hul verskyning gemaak het met die woorde “Fick Fufa” daarop verklap heelwat van die frustrasies.

Die ander kant van die munt is natuurlik dat Fifa geoefen is met die aanbied van toernooie van hierdie omvang, en Suid-Afrika nie. Trouens, as die ritse blapse met die aanbied van die Wêreldkriekettoernooi in ag geneem word, kan Fifa nie verkwalik word dat dit nie kanse waag nie.

Die teleurstelling by egter dat Suid-Afrikaners en buitelandse besoekers wat baie spandeer het, gereeld met afskeepsokker opgesaal gesit het. Die valbyl val nou vir die swakkes en luies, maar sommige stadions se geleentheid om sokker te sien deur vingertrek-spanne is haas verby.

чистка пескоструйным аппаратомtopcargo развод

Sin van geregtigheid

Terwyl die Gautengse provinsiale regering die besluit geneem het om ‘n amptelike begrafnisdiens vir die ontslape teoloog, dr. Nico Smith, te hou, het ‘n regstryd om parool vir ‘n veroordeelde nie ver daarvandaan nie gewoed.

Smith word nou wyd geroem as stryder teen apartheid, en niemand stry nie.

Hy is as filantroop voorgehou, en koerantbladsye vol deugde het sy lof besing. Hy is onder meer deur ‘n rubriekskrywer saam met ‘n lys ander sogenaamde verloopte Afrikaners geprys.

Kritiek het egter ook nie uitgebly nie, wat boekdele van die Afrikaner se respek vir ‘n afgestorwene spreek.

Smith was naamlik ‘n klassieke voorbeeld van ‘n negrofilis, en sy uitsprake het sterk herinner aan die uitsprake en optredes van Phillips, Reid en Van der Kemp wat destyds so ‘n groot indruk op die Afrikaner gelaat het dat dit ‘n besondere plek in Retief se manifes ingeneem het.

In wese kom dit daarop neer dat almal wat met ander nuanses na Christelike liefde en geregtigheid kyk as hulleself, net boos kan wees. Sy subjektiwiteit het onlangs nog geblyk toe hy deel van ‘n groep invloedrykes was wat blankes prontuit gewaarsku het om nie die ANC so te kritiseer nie, omdat dit as kritiek op swart vertolk kan word en tot ‘n bloedbad kan lei.

Hierdeur het hy hom gedistansieer van openlike standpunte wat ander, sogenaamde verloopte Afrikaners ingeneem het wat ontnugter geraak het met die korrupsie, grypsug en wanbestuur deur die ANC. Breyten Breytenbach, wat in ‘n stadium vir die ANC in die tronk was, dr. Van Zyl Slabbert, die digter-skrywer Barend Toerien wat verlede jaar oorlede is, en selfs Max du Preez het al gereeld hul monde oor die verval in die nuwe bedeling uitgespoel.

Clive Derby Lewis is aan moord op Chris Hani skuldig bevind. Nico Smith het nie self moord gepleeg nie. Tog is dit nie so eenvoudig nie. Die party wat nou vir Smith ‘n amptelike begrafnis aanbied, is dieselfde organisasie onder wie se vaandel McBride ‘n bom in ‘n Durbanse vrouekroeg geplaas en dood en verminking gesaai het. Dié lys kan veel langer gemaak word.

McBride en Clive Derby-Lewis, wat nie self die sneller op ‘n suiwer politieke teiken getrek het nie, het altwee die doodstraf gekry.

McBride het amnestie gekry en is daarna na ‘n koninklike lewe gelanseer. Derby-Lewis moet egter, selfs as bejaarde modelgevangene, sy lewenslange gevangenisstraf uitdien – of minstens nog lank agter tralies bly volgens die DA.

In ‘n land waar nasiebouers kliphard na versoeningsmiddele soek, word egter dikwels uiters lomp met die realiteite omgegaan.

Om nou ‘n amptelike begrafnis vir Smith te hou en Derby-Lewis die rug toe te keer, herinner aan die stompsinnigheid om groot versoeningsverwagtinge van die sokkertoernooi te koester, maar terselfdertyd appèl aan te teken oor ‘n hof beslis het Julius Malema se singery: Skiet die Boere” kom op haatspraak neer.

Die regering probeer oënskynlik hul bes om ‘n nuwe reeks Slagtersnekke te skep…

best way to promote instagramлобановский александр биография

Afganistan beïnvloed steeds politiek elders

Die oorlog teen die Taliban in Afganistan het reeds die Nederlandse regering tot ‘n val laat kom toe een van die koalisievennote voet dwars neergesit het oor voortgesette Navo-deelname, die Britse verkiesing is daardeur geraak, en oud-pres. George Bush se aansien het ‘n knou weg.

Maar die spook van Afganistan wil maar nie gaan lê nie.

In waarskynlik die jongste verwikkeling is die Navo-magte in Afganistan se bevelvoerder, genl. Stanley McCrystal, na Washington ontbied. Dit volg na McCrystal negatiewe opmerkings oor pres. Barack Obama en van sy topmense gemaak in ‘n onderhoud met die tydskrif, Rolling Stone, gemaak het.

In die onderhoud het McCrystal duidelik laat blyk dat hy nie veel van die president dink nie, onder meer omdat die president hom te veel deur militêre leunstoel-adviseurs laat voorsê. Die generaal het onder meer ook na die nasionale veiligheidsadviseur, genl. James Jones as ‘n nar verwys.

Later vandag is die McCrystal op die rooi tapyt.

Navo-magte in Afganistan is na ‘n 100 000 man uitgebrei, hoofsaaklik op advies van McCrystal wat daarop roem dat hy op die toneel is, en dat hy sy ore op die grond het. Min mense verskil daarvan dat sy advies strate beter as dié van leunstoel-adviseurs is, maar die praktyk wys nog dat sake ook maar nie vlot nie.

McCrystal is gefrustreerd oor die remskoen-uitwerking van die leunstoel-adviseurs op die implementering van sy plan. Daar word in die proses selde by tydsraamwerke gehou, wat kritiek belangrik is. Die opbou van ‘n Afgaanse weermag, die hoeksteen van Navo se onttrekkingstrategie, vorder nie na wense nie.

‘n Skynbaar onoorkomelike probleem waarmee beide McCrystal en die leunstoel-adviseurs te make het, is dat die korrupsie in die Afgaanse regering maar net aanhou groei en groei. Dit skep nie net vir Navo ‘n morele dilemma nie, maar dit speel ook in die hande van die Taliban.

Intussen groei die ongevallesyfer onder die Navo-magte, en tekens dat die Taliban onder die knie gekry word, lyk nie baie rooskleurig nie. Die Amerikaanse pers spekuleer ook kliphard oor watter lot hul, soos hulle hom gedoop het, “Runaway General” vandag te beurt gaan val. Almal is dit min of meer eens – McCrystal het nie ‘n slim loopbaanbesluit geneem met die onderhoud nie.

Die waarheid maak te seer – al is dit ook McCrystal se weergawe van die waarheid.

подъемникидляшиномонтажаданильченко юрій броніславович

Stryd teen terreur – voorbeeld uit die VSA

Menseregte-organisasies is teleurgesteld oor ‘n beslissing van die Amerikaanse hoogste hof dat omstrede teen-terreurwetgewing op die wetboek bly.

Ingevolge hierdie wetgewing kan enigeen wat op die een of ander wyse hulp of advies aan terreurbewegings verskaf, krimineel vervolg word. Dit sluit in om wapens te verskaf, opleiding te voorsien en geldelike hulp.

Dit is egter die kwessie van advies wat die meeste uitlegkopsere verskaf. Tegnies kan ‘n regsadviseur wat ‘n gevange terroris van advies voorsien se kierankies ook braai, in elk geval volgens mediaberigte oor die uitspraak.

Ses regters het egter beslis die wet bly onveranderd, en drie het gemeen daar moet skaafwerk aan die wetgewing gedoen word.

Dié streng wetgewing is geïmplementeer na die 11 September 2001-aanslag.

Die VSA het op Al Kaïda se terreuraanvalle oorlog teen terreur verklaar. ‘n Wydlopende reeks maatreëls is wêreldwyd geïmplementeer om terreurorganisasies van hul lewensasem te ontneem.

Die VSA se aanhoudingsgeriewe in Kuba, wat op ‘n uitsonderlike manier nie onder die Amerikaanse jurisdiksie val nie, het erg onder kritiek begin deurloop.

‘n Belangrike deel van die probleem is dat die een se terreurbeweging ‘n ander se bevrydingsbeweging is.

Die VSA het ‘n lang geskiedenis waar die herkoms van bevolkingsegmente nostalgies verknog bly aan stryde in hul lande van herkoms. Die Ierse Republikeinse Leër wat vir talle terreurdade in Noord-Ierland en Brittanje verantwoordelik was, was in Ierland self ‘n verbode organisasie, maar het ruim geldelike en ander hulp van Amerikaners van Ierse herkoms ontvang.

Invloedryke lobbies bestaan ook vir Armeense belange, Palestynse belange en ander. Hoewel die meeste Tamils in diaspora hulle in Kanada bevind, is daar ook heelwat wat in die VSA woon, en dit sal niemand verbaas as geldelike steun ook na Tamil-opstandelinge in Sri Lanka vloei nie.

Die beeld wat die VSA egter in die oë van die radikale Moslemwêreld het, is waarskynlik die grootste terreurgevaar. Terwyl Hamas deur die VSA as terreurbeweging beskou word, is daar wêreldwyd onder Moslem-groepe, en selfs daarbuite, wye steun vir dié organisasie, soos die internasionale uitbarsting oor Israel se optrede teen een van die skepe van ‘n hulp-flottielje onderweg na Gaza duidelik getoon het.

Ingevolge die Amerikaanse wetgewing maak dit nie saak hoé iemand in die VSA hulle met die inwoners van Gaza se lot identifiseer nie, hulp aan Hamas as gelyste terreurbeweging gaan jou in die pekel laat beland.

Word die maatreëls met Suid-Afrika se handves van menseregte vergelyk, kan aangevoer word dat die VSA hierdeur in ‘n permanente staat van ‘n noodtoestand verkeer. Trouens, verskeie politici hier te lande het al gepleit dat ‘n noodtoestand teen misdaad in die land verklaar moet word. Die huidige suksesse van die Fifa-howe, wat ook basies volgens die noodmaatreëls funksioneer, sal waarskynlik sterker stukrag verleen aan versoeke dat ‘n noodtoestand teen misdaad ingestel word. Dit kan immers help dat mense wat weens misdade aangekeer is, nie so maklik borgtog of parool kry, en dan dieselfde of erger misdade pleeg nie. Die oordadige optrede teen die sogenaamde Oranje-dames, toon egter ook dat dit nie iets is waarmee sommer ligtelik omgegaan kan word nie.

металлокерамика протезированиеФильчаков прокуратура харьков

Die byenes van plaaslike regering

Terwyl die byenes om die kop van Kenny Leluma, waarnemende munisipale bestuurder van Ventersdorp aan die oplaai is, moet ernstige vrae gevra word aan die minister van Sicelo Shiceka, minister van koöperatiewe regering en tradisionele sake, oor sy erns om plaaslike regering reg te ruk.

Pas het dit aan die lig gekom dat slegs twee persent van die land se munisipaliteite in die mees onlangse rondte skoon oudits van die Ouditeur-generaal verkry het. Die beste beskikbare mense is nodig om sake reg te ruk.

Leluma is nou in die nuus oor hy deur die minister self na Ventersdorp gestuur is om ake reg te ruk. Nou blyk dit dat hy verskeie senior amptenare van die Bitou-munisipaliteit by Plettenbergbaai inspan as ‘n sogenaamde ministeriële taakspan. Ventersdorp en Plettenbergbaai, en nie die ministerie nie, betaal skynbaar onregmatig die rekening van reuse konsultasiefooie aan mense wat reeds reuse salarisse verdien. Nou moes Ventersdorp boonop hoor, die onthullings ten spyt, gaan hulle tot die munisipale verkiesings volgende jaar met Leluma sit.

Leluma is geen gewone openbare administrateur nie. Hy het in 1993 reeds die nuus gehaal toe hy as lid van die sogenaamde Breë demokratiese Beweging in Qwaqwa geëis het dat die Qwaqwa-ontwikkelingskorporasie gedemokratiseer word. In 2003 is hy weens beweerde wangedrag as munisipale bestuurder in Qwaqwa geskors. Sedertdien is daar min tekens van die deursigtigheid wat hy eens bepleit het.

Leluma het sedertdien by Bithou ‘n politieke adviseur geword. Bithou sal weer onthou word vir die omstrede munisipale bestuurder, George Seitisho, wat met ‘n span hoogsbetaalde personeel van Bronkhortspruit gekom het, onder andere ‘n sekretaresse wat toe glo die hoogsbetaalde sekretaresse in die land geword het.

Sy aanstelling self was egter al ‘n kopkrapper, nadat sy dienstyd in Bronkhorstspruit goed met dorings besaai was. Terwyl OG-verslae aan die lig gekom het waarvoor hy uiteindelik geskors en verhoor is, het die destydse Wes-Kaapse ANC-regering hom boonop administrateur in ander sukkelende munisipaliteite gemaak, waaronder die Kannaland-munisipaliteit wat toe behoorlik om al die verkeerde redes in die nuus was.

Dit kom dan ook as geen verassing nie dat Seitisho se naam weer opduik in die Leluma-debakel by Ventersdorp, en dié keer is Seitsho in die media aangehaal as provinsiale koördineerder van die ministerie.

Seitisho se spoor deur elektroniese argiewe is nie altyd vir ‘n joernalis maklik om te volg nie omdat sy van deur die jare nie altyd dieselfde gespel is nie. Vir die minister behoort dit egter kinderspeletjies te wees om ‘n behoorlike agtergrondondersoek te laat doen.

Presies hóé droog moet ‘n kader maak voor hy sodanig in onguns verval dat hy nie met elke teenspoed in ‘n nog hoër amp beland nie?

Dit is ongelukkig gereeld Noordwes se spartelende munisipaliteite wat die spit moet afbyt. Die verhoor van ‘n geskorste munisipale bestuurder van Moqhaka-munisipaliteit by Kroonstad word gestaak toe hy as munisipale bestuurder by Klerksdorp aangestel is. By Klerksdorp verweer die munisipale regering hom dat daar geen beletseling op die aanstelling was nie omdat al die klagtes teruggetrek is.

Ook ‘n voormalige munisipale bestuurder van Mangaung, wat Bloemfontein insluit, word as administrateur van ‘n munisipaliteit in Noordwes gehersirkuleer – terwyl hy saam met ‘n oud-burgemeester tereg staan op aanklagte van onder meer korrupsie en rampokkery.

how to build instagram followersтопкарго развод

As howe die regering tot verantwoording moet roep

Twee parallelle gebeurtenisse speel hulle nou af. In die Vrystaat is ‘n skikking tussen Vrystaat Landbou en die regering verkry wat daarop neerkom dat die regering nou sy grondwetlike plig teenoor Vrystaatse grensboere met Lesotho gaan nakom. Die staat – oftewel – die belastingbetalers – gaan die regskoste betaal.

Die staat het na drie jaar kopgegee en uiteindelik besluit om sy verweerskrif te onttrek, en nou uiteindelik ‘n probleemgrens te beveilig.

Terselfdertyd spreek Afriforum sy regspan, nadat die Suid-Afrikaanse regering weer versuim het om Suid-Afrikaanse boere in Zimbabwe te beskerm wat deur grondbesetters bedreig word. Die regering het teen die spertyd nie op Afriforum se kommunikasie hieroor reageer nie. Die aanloop is ook dat die regering op die laaste nippertjie geskik het toe hy van plan was om boere uit ‘n bilaterale ooreenkoms met Zimbabwe te sluit. Nou staar die regering waarskynlik weer regsoptrede in die gesig.

Terwyl die regering met die mond kliphard nasiebou predik, faal dit en sy tentakels as dit by die daad kom. Veral sommige lede van die nasie is skynbaar bestem om tweedeklas-lede te wees, en volgens huidige uitsprake, onbepaald so te bly. Die strategie van voetskietery maak nie sin gegewe die bekpraatjies nie.

Die tweede aspek wat onder die loep kom, is dat die howe nie net ‘n waghondfunksie oor die regering moet vervul nie, maar gereeld regeringsfunksies moet oorneem. Ook in die Vrystaat moes die hof byvoorbeeld ingryp en nie net tenders tersyde stel nie, maar hertoeken.

Terwyl dit goed is dat die howe hierdie soort funksies kan vervul, en bereid is om dit te vervul, sleep dit ook die howe by die politiek in, wat al hoe meer grondwetkenners maan die howe se aansien kan benadeel. Veral as dit tot die partypolitieke vlak begin daal, soos waar die howe by herhaling in die Cope-sage moes ingryp.

Die howe moes terselfdertyd ingryp in die Julius Malema-sage. In lande soos Australië is ‘n debat aan die gang oor hoe ver die oppergesag van die grondwet, en daardeur die howe, moet strek. Uiteindelik, so word geargumenteer, word die kiesers hul demokratiese reg om hulself te regeer deur ‘n onverkose liggaam ontneem.

Die debat neem trek egter ‘n geheel ander baadjie aan as dit om ‘n heterogene land handel met ‘n grondwet wat vir ‘n homogene land ontwerp is. Dan kan daar geen twyfel wees dat die howe se rol onontbeerlik sal wees nie, soos nou in Suid-Afrika by herhaling bewys word. Om nou die howe se sogenaamde inmengery te bevraagteken is ‘n erkenning dat die grondwet nie aan sy demokratiese aard voldoen nie, en ook nie kan voldoen nie.

Dit word vererger deur die disfunksionele en / of partydige grondwetlike beskermingsliggame, soos die Menseregtekommissie en Openbare Beskermer. So lank die howe soos onafhanklike howe handel, so lank verdien hul bereidheid om reg te maak waar sake skeefloop, nie om onder verdenking geplaas te word nie.

So lank die regering ook nie leer om self sy burgers ewehandig te hanteer nie, moet hy ook nie verbaas wees as die wat hy minder gelyk as ander behandel, hulle tot die howe wend nie. En solank dit gebeur is nasiebou deur euforie soos om Tik teen armoede in te span. So lank moet die bou van die land se beeld deur die prisma van ‘n patetiese regering geskied.

Terwyl die Nederlandse regering se energie deur koalisiegesprekke opgeneem word, sorg daardie regering nog vir sy oranje rokdraende burgers. Hierdie regering moet deur die howe tot orde geroep word om dieselfde te doen.

проектирование внутреннего освещенияtopcargo развод