SA se dors na alkohol

Suid-Afrikaners drink sowat 5-miljard liter alkohol per jaar.

Trouens, alkohol het gesorg dat ‘n voormalige Suid-Afrikaanse maatskappy wat eers aan mynwerkers drank verkoop het, SAB Miller, tot een van die grootste multinasionale bedrywe ter wêreld gegroei het. Die maatskappy is tans in Londen genoteer.

Dié syfers is volgens die mediese navorsingsraad in die staatskoerant gepubliseer en word vandeesweek tydens ‘n openbare debat bespreek.

Die minister van handel en nywerheid Rob Davies, beplan om die wettige ouderdom om drank te gebruik, tot 21-jaar te verhoog.

Maar ontleders meen dié voorstel sal bloot veroorsaak dat drank onwettig aangekoop word.

Deel van die voorstelle van die minister sluit in dat drankwinkels minstens 500-meter van skole, kerke en hospitale geleë moet wees.

Dranklisensies sal ook nie meer toegestaan word aan vulstasies of plekke naby openbare vervoernetwerke nie. Verder sê plaaslike drankwinkeleienaars dat dié maatreëls kleiner beleggers sal afskrik.

Steenkoolskaarste dreig by Eskom

Eskom staar ‘n tekort van 17 miljoen ton steenkool vir sy kragaanlegte in die gesig, het RSG berig.

Die minister van openbare werke, Lynne Brown sê die tekort word by die Matla-, Tutuka-, Kriel-, Arnot- en Hendrina-kragaanlegte verwag.

Vroeër het Eskom se waarnemende bestuurshoof, Brian Molefe bespiegelings afgemaak dat steenkooltekorte kan voorkom. Molefe het gesê Suid-Afrika het nog bykans 200 jaar se steenkoolvoorraad.

Intussen behoort Eenheid Een van die Koebergkernkragsentrale in die Wes-Kaap teen die einde van die week weer operasioneel te wees.

Eenheid Een het die afgelope drie maande instandhoudingswerk ondergaan.

Dit kan verligting vir die kragnetwerk bring, terwyl Eskom sukkel om aan die vraag te voldoen. ‘n Eskom-woordvoerder, Khulu Phasiwe sê Koeberg se Eenheid Twee was deurgaans nog in diens.

Helfte van wêreld kry internettoegang

Die Verenigde Nasies beraam dat bykans die helfte van die wêreld se bevolking teen die einde van die jaar toegang tot die internet sal hê, het RSG berig.

Die internasionale telekommunikasie vereniging voorspel dat drie komma twee miljard van die wêreldbevolking van sewe komma twee miljard mense vanjaar nog internettoegang sal hê.

Sowat twee miljard mense is in ontwikkelende lande. Slegs 89 miljoen mense is egter van lande soos Somalië en Nepal.

Volgens die VN verslag sal gebruikers van selfone en ander digitale toerusting ook skerp toeneem.

Oorlogsmisdadiger Blair kry skop onder die sitvlak

Die voormalige Britse eerste-minister Tony Blair, wat deesdae vir sy gruwelike menseregskendings en oorlogsmisdade onthou word, het bedank as die spesiale vredesgesant vir die Midde-Ooste.

Sy bedanking kom te midde van Anglo-Amerikaanse pogings om kernsamesprekings met Iran te voltrek tot hulle voordeel.

Behalwe dat Blair se posbeskrywing aangedui het dat hy vrede in die Israelse konflik met die Palestyne sal probeer bewerkstellig vir die agt jaar wat hy as vredesgesant gedien het, was sy ander taak om vyande teen Iran saam te snoer.

Hy het kennelik klaaglik misluk as gesant van die “Kwartet” (waaronder die VSA, Rusland, die EU en VN verstaan word) om vrede te skep.

In sy termyn het Israel ‘n bloedige aanval op Palestynse burgerlikes geloods.

Blair het sy bedanking skriftelik aan die VN se sekretaris-generaal gestuur. Selfs ondersteuners van hom sê Blair het “min impak” op die situasie in die Midde-Ooste gehad.

Blair het nooit om verskoning gevra vir die politieke ramp in Irak nie, waar ISIS vandag oorheers.

Hy het eenvoudig vier jaar later in Jerusalem opgedaag met ‘n span wat honderde miljoene in akkommodasie en lugtariewe verkwis het, en daarin geslaag om absoluut niks in byna ‘n dekade te vermag nie, behalwe chaos.

Dit het hy reggekry deur glo meer as 100 keer na die gebied te reis!

Verhoor van Amerikaanse joernalis in Iran begin

Die verhoor van ‘n Washington Post joernalis wat die afgelope tien maande op aanklagte van onder meer spioenasie in Iran aangehou word, sal na verwagting vandag in Teheran begin.

Jason Rezaian, wat oor burgerskap van beide van die VSA en Iran beskik, se vrou is ook gearresteer maar later op borgtog vrygelaat.

Op dieselfde dag wat Europa se top buitelandse beleidsmakers ‘n datum vir die hervatting van kerngesprekke met Iran voorgestel het, is Reza Taghavi, ‘n Amerikaanse sakeman wat vir meer as twee jaar opgesluit was, in Teheran vrygelaat.

Die tydsberekening van hierdie gebeure het spekulasie laat toeneem dat dié geval en ander verhore se uitkoms vir hefboomkrag in die kernsamesprekings gebruik sal word.

Iraanse amptenare het intussen gekla oor die aanhouding van 12 tot 15 Iraanse burgers deur die Verenigde State van Amerika vir die oortreding van ekonomiese sanksies.

Rezaian se lot sal waarskynlik gekoppel word aan heersende politieke spanning en berekeninge om die sukkelende verhouding tussen Iran en die Verenigde State van Amerika te beïnvloed.

Alhoewel Rezaian, 39, ‘n Kaliforniese boorling met dubbele burgerskap in Iran en die VSA is, het sy Iraanse erfenis ‘n verdere komplikasie veroorsaak.

Met die vervolging van twee ander Amerikaners van Persiese afkoms wat tans gevange gehou word in Iran, herken die owerhede in Teheran nie hul Amerikaanse burgerskap nie en dus ook geen konsulêre regte wat gewoonlik gegun word aan ander buitelandse gevangenes nie.

Solidariteit verloor na 17 jaar teen Eskom

Eskom sal die peperduur regskoste van Solidariteit verhaal nadat die vakbond verloor het in ‘n regsgeding teen die kragvoorsiener wat 17 jaar lank geduur het.

Dit volg na die ontslag van Solidariteit se aansoek om verlof tot appèl in die Grondwethof rakende ‘n saak wat Eskom wou dwing om ‘n mondelinge ooreenkoms van 17 jaar gelede na te kom.

Solidariteit wou Eskom dwing om 34 afgetrede gelisensieerde kernkragoperateurs by die Koeberg-kragstasie ‘n jaarlikse eenmalige nie-pensioendraende uitbetaling gelyk aan dubbel hul basiese salaris te gee.

Solidariteit het aan Sake24 gesê hulle aanvaar die Grondwethofuitspraak, maar as die geleentheid hom voordoen “sal ons nog 17 jaar veg vir hierdie lede”.

Deon Reyneke, hoof van Solidariteit se energie-industrie, het gesê: “soms kry jy nie die resultaat wat jy verdien nie, maar dit beteken nie dat die stryd nie die moeite werd was nie.”

Die hof het gesê die aansoek om verlof tot appèl het “geen vooruitsig van sukses nie”.

Eskom se woordvoerder Khulu Phasiwe het gesê hulle gaan nou die regskoste van Solidariteit verhaal.

Brandstigter in Bethlehem vasgevat

‘n 40-jarige werker van die Dihlabeng-munisipaliteit op Bethlehem is in hegtenis geneem nadat hy ‘n munisipale gebou vanoggend aan die brand gesteek het.

Polisiewoordvoerder Mmako Mophiring het bevestig dat een van die kantore erg deurgeloop het en dat ‘n saak van brandstigting ondersoek word.

Mophiring sê die motief vir die brand is onbekend en sê die hoeveelheid skade wat aangerig is, is nog onbekend. Die verdagte bly in aanhouding en verskyn more in die plaaslike landdroshof.

Swak taal in parlement ondersoek

Die voorsitter in die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza het onderneem om ondersoek in te stel na ‘n beweerde dreigement en swak taal wat deur die adjunkminister van Handel en Nywerheid, Mzwandile Masina tydens die debat oor die Presidensie se begrotingsrede in die parlement gebruik is.

Masina het glo die hoofsweep van die DA se John Steenhuisen direk met geweld gedreig.

Die swarte het glo gesê: “Ek sal jou opfok.”

Masina, ‘n Jeugliga-sameroeper, is voorheen aan swak gedrag skuldig bevind.

Hy het die adjunk-minister van gesondheid Nozizwe Madlala-Routledge voorheen ‘n “hoer” genoem op Instagram.

Stakende taxi-operateurs in Durban raak gewelddadig

Die Ethekwini-munisipaliteit en die Suid-Afrikaanse Taxi-raad het ‘n ooreenkoms bereik nadat taxi-operateurs Dinsdag gewelddadig geraak het in die Durbanse middestad en omliggende gebiede.

Die polisie moes van traanrook en rubberkoeëls gebruikmaak om die oproeriges te verwilder wat begin plunder en breek het.

Die sekretaris van Santaco in KwaZulu-Natal, Yusuf Khaliva het gesê normale bedrywighede sal weer Woensdag hervat word.

Honderde oproerige taxi-operateurs het nie-stakende operateurs aangeval, pendelaars hardhandig uit taxis geruk en aangerand en busse onder klippe gesteek.

Khaliva sê die munisipaliteit het ingestem om meer as driehonderd taxis terug te gee wat geskut is.

Onderhandeling sal verder gevoer word oor die uitreiking van taxipermitte.

Dit is nie die eerste keer dat owerhede en taxi’s vassit nie. In Junie verlede jaar het taxi-geweld ook die gebied geteister.

Regter sal Vrydag oor Derby-Lewis besluit na staat se absurde argumente

Die Staat is blykbaar vasberade om Clive Derby-Lewis se aansoek om mediese parool in ‘n groter klug te laat ontaard met hul regspan se argumente wat toenemend neig na die absurde.

Die hooggeregshof in Pretoria sal Vrydag beslis of Clive Derby-Lewis mediese parool kry. Regter Selby Baqwa het Dinsdag gesê hy het tyd nodig om die kwessie te oorweeg.

Derby-Lewis het die hof versoek om self te besluit oor mediese parool en nie die saak na die minister van justisie en korrektiewe dienste terug te verwys nie.

Die minister, Mike Masutha, het Derby-Lewis se aansoek in Februarie afgekeur ten spyte daarvan dat nie minder nie as tien medici van die medieseparool-adviesraad dit aanbeveel het.

Limpho Hani, weduwee van Chris Hani, was oudergewoonte in die hof. Klaarblyklik is haar teenwoordigheid een of ander vorm van “regsbeginsel” wat in Afrika se boendoehowe geld.

Dit is nie duidelik wat Hani se weduwee in terme van normale regspleging met die aansoek uit te waai het nie, behalwe om die aangeleentheid in ‘n groter klug as wat dit reeds is, te laat ontaard.

Die minister het die mediese adviesraad se verslag oor die Derby-Lewis voorheen aan Limpho Hani en die SAKP gestuur, maar nie aan die erg verswakte gevangene self nie. Die minister het eers daarná sy besluit gemaak, wat duidelik wys op die vooroordeel teen Derby-Lewis.

Die minister se regspan beweer Derby-Lewis bewys net “lippediens” en dat sy praatjies van berou “goedkoop” is.

Adv. Graham Bester, wat namens die minister optree, het voorts probeer hare kloof oor die pasiënt se “stadige” vordering wat sy terminale longkanker betref.