Die owerhede in Mosambiek het bekend gemaak dat sowat 100 mense dood is weens die uitbreek van diarree in ‘n sentrale provinsie in die land.
Die siekte het twee weke gelede in die Zambezia provinsie uitgebreek, maar is nou onder beheer.
Die bestuur by die Gurue-distrikshospitaal sê swak higiëne was die oorsaak van die siekte, agv mense wat nie hul hande was nie en eet en kos hanteer in die markte.
Riviere en waterbronne word ook besoedel weens onwettige mynbedrywighede.
Daar is geen nuwe gevalle sedert Sondag aangemeld nie. – Sapa
Die polisie en veiligheidsbeamptes van ‘n private maatskappy hou die situasie dop by die Twickenham Platinummyn naby Burgersfort in Limpopo waar ‘n groep plaaslike inwoners op ‘n koppie saamgetrek het.
Inwoners in die gemeenskap het gister op ‘n plundertog gegaan en die pad na die myn versper en geëis om die bestuur te sien.
Hulle eis dat die herontplooiing van myners vanaf Rustenburg en ander gebiede na die Twickenham-myn gestaak word.
Hulle beskuldig die myn daarvan dat plaaslike mense se werk van hulle weggeneem word.
Vyf-en-veertig mense wat gister in verband met openbare geweld en kwaadwillige saakbeskadiging in hegtenis geneem is, sal môre in die Mecklenburg rondgaande hof verskyn. – RSG
AaronAlexis,die34-jarige swart verdagteinMaandagseskietery opdieWashingtonNavyYard, het ‘n “geheime”klaring gehad enmoes begin werkas‘n burgerlikekontrakteurmet ‘n militêreID-kaart, het sy firma seuitvoerende hoof,aanReuters gesê.
“Hy het‘n geheimeklaring gehad enhy het ‘nCAC gehad (algemenetoegangskaart),” het ThomasHoshko,uitvoerende hoof van diemaatskappy watdie Vloot se spesmagte van Intranetas‘n subkontrakteurvirHPEnterpriseServices – wat deel uitmaakvanHewlett-Packard– moes voorsien.
Alexis,van ForthWorth, Texas,word daarvan verdink dat hy by dieNavalSeaSystemsCommandse gebouinWashington13mense is dood veroorsaak het.
Hoshko het in ‘n telefonieseonderhoud gesê hy weet nie wanneer Alexis veronderstel was om te begin werk nie:“Dit is watek nog moet uitvind, indienhy veronderstel was omvandagte begin… Dit is nievir my duidelik nie.“
Hoshkohet gesê hy isnie bewus van enigeprobleme met wangedrag deur Alexisofenige moontlikegriewewattot die skietery kon geleihet nie.
Alexis het voorheeninJapanvan September2012 totJanuarie 2013 gewerk het hy gesê. Hy was glo ‘n toegewyde, vredeliewende Boedhhis wat gereeld die tempel besoek het.
“Ons het hom netonlangs weergehuur.Nog ‘nagtergrondondersoekisweer op hom uitgevoeren hy is as skoondeur dieverdedigingssekuriteitsdiensin Julie2013 verklaar,“ het Hoshkogesê.
Hoshkohet gesê hy dink datAlexis se geheimesekerheidsklaring terugdateervan2007.
Dievloot het gesêAlexis is ingeroepas‘n voltydsereservisin Mei 2007. – Reuters
Die polisietwee swartes in hegtenis geneemná die moordvan ‘n71-jarigeafgetredeskoolhoof,watdoodgeskiet istydens ‘nrooftog by syhuisZeerustoor die naweek, het Beeldberig.
SollieBothaen sy vrou,Elsais aangevalinhul huisopSaterdagnag,nadat hulleteruggekeer het van ‘nplaasliketroue.
Hul volwassedogter het veellaterby die huis aangekomen besefiets is verkeerdtoe syligteindie huis sien wat aan is.
Syhet tweemansvriende gaan haal,waar hulledie liggaam vanhaarpa, watin die kopgeskietis, ontdekhet.
ElsaBothawas vasgebindop haarbed.
Sy het lateraan die polisie gesêhullehetwakker gewordtoe hulle ‘n geraasindie huiskort voor middernag gehoor het.
SollieBothahet gaan ondersoek instelenafgekom optweerowersinsy huis.
Hulle het homindiegesig geskiet en ‘n vuurwapen teensy vrou sekop gehou enhaar beveel om‘n kluisleeg te maak.
Die twee mans hetlatergevlugmet ‘n aantalhuishoudelikebesittings. – Sapa
Die polisie moetdiegeweld tussenSuid-Afrikaners enSomaliërsinPortElizabethstop, het dieANCindie Oos-Kaap, gesê.
“Enige soort geweld, insluitendplundering vanwinkelsin besit vanSomaliërsis onwettig,verkeerden het geen plekinSuid-Afrika nie,” het die AfricanNational Congressse provinsiale sekretaris,OscarMabuyanein‘n verklaring gesê.
“DieSAPolisiediensisdie eerste en dielaaste linie van verdedigingvirons gemeenskappe,enons doen ‘n beroepop hulleom die wet enopenbare-orde polisiëringstegnieketoe te pas om hierdie golfvangeweld te stop.“
Oos-Kaapse polisie het gesêsewe mansis in hegtenis geneemdie naweek virplunderingenbrandstigting van Somaliërs se winkelsinPortElizabeth.
Ten minste10winkelsinKwaZakheleenNewBrighton is aangeval en ‘n voertuig gebrand.
Mabuyanehet gesê dieANCindie provinsiedoen ‘n beroep opinwonersindieNelsonMandelaBayMetroom hulle te weerhou daarvan om die wetin eie hande te neem.
“Geweldsal niehelp in enigesituasie nie, maarsalsake net verergervirons mense,”het hy gesê.
Die polisie se woordvoerder in die Oos-Kaap, Miranda Mills sê die geweld het na Missionville uitgebrei waar nog agt winkels geplunder is. Nog drie mense is aangekeer.
Winkels in buitelanders se besit word geteiken. Die polisie is in New Brighton, Zwide, Missionvale, Soweto-On-Sea en Kwa Zakhele ontplooi. – Sapa
Talle mense is dood en gewond in ‘n skietvoorval by die VSA se vlootwerf in Washington DC. Owerhede sê ‘n swart man was vir die aanval verantwoordelik.
Volgens die departement van verdediging is minstens een verdagte dood terwyl ‘n vlootamptenaar, wat anoniem wou bly, gesê het dat daar moontlik meer as een aanvaller by die skietery betrokke is. Dié teorie is later laat vaar.
Na wat berig word is 13 mense doodgeskiet by ‘nNavyYardinWashington. Die swart skieter is ook dood enis geïdentifiseer as die 34-jarigeburgerlikekontrakteur van Hewlett-Packard, AaronAlexis.
Ooggetuies het ‘n man gesien wat vanuit die vierde verdieping van ‘n gebou op die perseel na mense onder op die grond skiet. Owerhede het gesê hulle vermoed nie terreur as ‘n motief vir die aanval nie.
Minstens 3 000 mense werk by die vlootwerf, wat sowat 4 km van Washington se Reagan-lughawe geleë is, en waar die vloot se skepe gebou en onderhou word. – AP
Die verkiesingshof in Bloemfontein sal vandag beslis oor die lot van ses gediskwalifiseerde onafhanklike kandidate in die tussenverkiesing in Tlokwe in Potchefstroom wat môre plaasvind.
Die kandidate het verlede week ‘n hofgeding aanhangig gemaak teen die Onafhanklike Verkiesingskommissie se beslissing om hulle vir die tussenverkiesing te diskwalifiseer.
Hulle voer aan dat sommige OVK-amptenare moedswillig sekere dokumente versteek het, wat tot hul diskwalifikasie gelei het. Hulle is ook blykbaar deur die OVK in kennis gestel dat al hul dokumentasie in orde was.
‘n Senior OVK-amptenaar in Tlokwe is as voorsorg maatreël met verlof gestuur, hangende die uitslag van die saak. Sou die klaers die saak wen, is daar ‘n sterk moontlikheid dat die tussenverkiesing uitgestel gaan word.
Die tussenverkiesing word as noodsaaklik vir die ANC gesien om beheer van die munispaliteit van die DA af terug te wen. – RSG
Die verslag van die Verenigde Nasies inspekteurs na chemiese wapens in Sirië kon nie die vraag beantwoord wie vir die chemiese aanval in Damaskus verantwoordelik was nie.
Die inspekteurs het tot die gevolgetrekking gekom dat chemiese wapens wel op ‘n groot skaal in ‘n aanval op die Siriese hoofstad gebruik is, waarin honderde mense dood is.
Hulle het ook bevind dat die dodelike gifgas, Sarin, in die aanval gebruik was. Die inspekteurs het egter nie aangedui wie vir die aanval verantwoordelik was nie, omdat dit nie deel van hulle mandaat was nie.
Rusland seVN-verteenwoordiger, sê dieverslag onthulgeen“koeëlvastedataofgevolgtrekkings”oorwie verantwoordelik was nie.Die VSAen die Verenigde Koninkryksêdiestudie bevestig dat dieregimeagter dieaanval sit.
“Die verslag isvolledig, maar baietegnies.Dit vermykategorieseuitsprakeengevolgtrekkings,endit moetbestudeer word,” het WitaliTsjoerkinaan die Russiesemediaby dieVN se hoofkwartierinNewYork gesê.
“Almal kan tot huleie gevolgtrekkingkom, maar ekhoop dat ditnie gedryf sal worddeur politiekemotiewe nie.“
Die Britse minister van buitelandse sake, William Hague, sê die tegniese besonderhede in die verslag, dui duidelik daarop dat dit die werk van die Siriese regering was, het RSG berig.
Die Guptas se TV-nuuskanaal ANN7 se erkenning dat vier van sy werknemers ‘vakansie’ gelys het as rede vir hul teenwoordigheid in Suid-Afrika, is nog ‘n bewys van die vrye hand wat die ANC-regering oënskynlik aan die Guptas gee om die septer te swaai met hul bedrywighede in die land.
Adv. Anton Alberts, die Vryheidsfront Plus se parlementêre woordvoerder oor kommunikasie, sê die VF Plus veroordeel die aangeleentheid ‘ten sterkste’ en dat dit herinner aan die Waterkloof- en Sun City-debakel.
“Ons wil weet waarom die Guptas nie Suid-Afrikaners in diens neem nie? Veral wit en bruin mense word deur die regering verwerp waar dit by gelyke werksgeleenthede kom.
“Nou doen die Guptas se maatskappy dieselfde deur Suid-Afrikaners van minderheidsgroepe werk te ontsê en eerder mense van die buiteland in diens te neem terwyl die land se immigrasie- en arbeidswette in die proses geminag word.
“Hierdie vier werknemers is moontlik net die punt van die ysberg, en die VF Plus dring daarop aan dat die Guptas se bedrywighede rakende die wettigheid van al hul personeel in Suid-Afrika deeglik ondersoek word,” sê adv. Alberts.
Volgens adv. Alberts is dit wyd gepubliseer dat die Guptas met hul besoek aan Sun City nie van swart personeel gebruik wou maak nie en daarop aangedring het om deur wittes bedien te word.
“Waar hulle egter self die geleentheid het om wittes of bruines in diens te neem, is dié mense blykbaar skielik nie goed genoeg nie.
“Dit sal baie interessant wees om ‘n ontleding te sien van die Guptas se personeel-samestelling in Suid-Afrika,” sê adv. Alberts.
Nuwe handelsbetrekkinge en beleggings is baie belangrik vir sub-Sahara-Afrika aangesien die gebied groot groeipotensiaal het. Daarom verwelkom hy die moontlikheid dat Amerika op hoë vak ondersoek instel na die moontlikheid om handelsbetrekkinge in die gebied uit te brei sê dr. Pieter Mulder, adjunkminister van landbou, bosbou en visserye.
Dr. Mulder het vanoggend op ‘n konferensie in Johannesburg aan ‘n hoëvlak-afvaardiging van Amerika, wat die land se adjunkminister van landbou, me. Krysta Harden insluit, gesê dit is belangrik dat Amerika handelsbetrekkinge met die streek versterk om voedselsekerheid te waarborg.
Die Amerikaanse afvaardiging het senior verteenwoordigers van Amerikaanse handelsverenigings en uitvoerders ingesluit. Vanuit die sub-Sahara-streek was aankopers van verskeie lande ook teenwoordig.
Dr. Mulder het gesê Afrika is besig om deurlopend te ontwikkel en ‘n groeiende middelklas bring ‘n aanvraag na nuwe voedselprodukte wat plaaslik nie altyd beskikbaar is nie.
Hy het ook gewys op die ongekende groeipotensiaal van die streek. Hierdie groei en ontwikkeling veroorsaak dat die gepaardgaande koopvermoë ontstaan. Van die gespesialiseerde produkte in aanvraag word wel in die streek vervaardig, maar Suid-Afrika speel ‘n groot rol in die voorsiening daarvan.
Volgens dr. Mulder kan veral sakelui in die groothandel-kettingbedryf van die tendens kennis neem.
Hy sê navorsing dui daarop dat sowat 85 miljoen huishoudings in Afrika tans sowat 5000 Amerikaanse dollar per jaar verdien. Teen die jaar 2020 kan dit vermeerder tot 128 miljoen huishoudings.
Afrika se moontlikhede en enorme potensiaal word veral geïllustreer deur die feit dat sowat 60% van die wêreld se onbewerkte, vrugbare grond, of grond wat nie ten volle benut word nie, in Afrika is. Tog produseer dié kontinent net 10% van die wêreld se voedsel.
“Die McKinsey-verslag noem dat Afrika gereed is vir ‘n ‘Groen Revolusie’ soortgelyk aan dié wat landbou in Asië en Brasilië ingrypend verander het,” sê dr. Mulder.
Volgens dr. Mulder is daar groot ruimte vir groei in handelsbetrekkinge tussen Suid-Afrika en Amerika op landbougebied. Alhoewel Amerika baie van Suid-Afrika invoer, is daar weinig of geen groei op die gebied nie en die department van landbou, bosbou en visserye is begerig om dit te verbeter tot die voordeel van albei lande,” sê dr. Mulder.
Dr. Mulder en me. Harden, Amerikaanse adjunkminister van landbou, voer more onderhandelings oor die verbetering van landbouverhoudinge tussen Suid-Afrika en die VSA.
Obama pak piesangs en ander kruideniersware
Harden wat pas in die plek van Kathleen Merrigan aangestel is, kom uit die soja-, tabak en grondboontjie-lobbies in Washington en word as een van Obama se sterk ondersteuners getel.
Bismarck du Plessis se omstrede rooikaart wat hy tydens Saterdag se nederlaag teen die All Blacks gekry het, is van sy dissiplinêre rekord geskrap .
Die regsbeampte Terry Willis het in Maandag se dissiplinêre verhoor bevind dat die Franse skeidsregter Romain Poite die verkeerde beslissing gemaak het toe hy du Plessis met ‘n geelkaart in die 17de minuut vir ‘n duikslag op die losskakel Dan Carter gestraf het.
In‘n verklaringop Maandag, het dieIRBgesê dat diegeel kaarttoegekenteenduPlessis “nie korrek” was nie.
DuPlessishet ‘n tweedegeel kaartvirongeoorloofde spelindie 42steminuut vandie wedstryd gekry, wat beteken het dathy outomaties van die veld gestuur is.
DieIRBhet gesê dat diegeel kaart–besluit ‘n “ongelukkigegeval vanmenslike foutedeur dieskeidsregters was“.
Du Plessis het geen verdere straf ontvang nie, maar die tweede geelkaart wat hy in die 42ste minuut ontvang het, sal vir die res van die Rugbykampioenskap-reeks op sy rekord bly. – Sapa
Net dae na sy hofverskyning saam met sy pa, Andre Visagie, die leier van die Geloftevolk Republikeine, staar die 19-jarige Jan Visagie ‘n saak van aanranding en die rig van ‘n vuurwapen in die gesig.
Dit volg na ‘n oënskynlike padwoedevoorval in Langstraat, Kimberley, waartydens Jan Visagie na bewering ‘n vuurwapen uitgehaal het tydens ‘n argument, wat uiteindelik in ‘n volskaalse vuisgeveg geëindig het.
Andre en Jan Visagie het verlede week in die Kimberley-landdroshof op aanklagte van die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie verskyn ná ‘n klopjag by hul huis in die stad.
Jan was na bewering deur sy ma, Marietjie, ontbied nadat ‘n Volkswagenbakkie voor haar BMW ingedraai het in MacDougallstraat.
Volgens die bestuurder van die bakkie, GP Laubscher (21) het hy per ongeluk voor die BMW ingedraai maar het bygevoeg dat hy ‘n apologetiese handgebaar aan die bestuurder gemaak het. Dit was eers later dat hy opgemerk het dat die BMW hom volg.
“‘n Nissan Sentra het my voertuig van voor ( in die aankomende verkeer ) genader, en reg voor my motor gestop. Die BMW het agter my my gestop met die gevolg dat ek nêrens heen kon gaan nie.”
“Die bestuurder van die Sentra het toe uit sy motor gespring en my uit my voertuig getrek. ‘n Reuse- vuisgeveg het tussen ons uitgebreek, terwyl die vrou in haar voertuig bly sit het.”
Volgens Laubscher se pa, Pienaar Laubscher, het hy op die toneel aangekom en probeer om die geveg stop te sit, maar het ook betrokke geraak.
Die jong Visagie het na bewering gesê hy gaan die “kak” uit Laubscher skiet met ‘n vuurwapen wat sy ma uit die motor vir hom aangegee het.
Volgens Jan Visagie ( die bestuurder van die Sentra ) het Pienaar Laubscher hom na bewering tussen die bene tydens die rusie om die wapen af te vat, bygekom, wat aan hom het ses steke in die skrotum besorg het. Laubscher het dit egter ontken.
Pienaar het blykbaar ‘n elektriese prikstok uit sy voertuig gehaal en dit nege keer op Marietjie gebruik tydens die voorval, wat sigbare merke op haar liggaam gelaat het. Laubscher het dit bevestig, maar bygevoeg dat dit ‘n “goedkoop model is wat hy by ‘n straatverkoper gekoop het en nie van ‘n baie hoë sterkte is nie” en dat hy dit gebruik het nadat sy aan sy hemp geruk het en probeer het om hom te slaan.
“Ek is grootgemaak nie aan ‘n vrou te slaan nie, maar wanneer hulle my begin slaan, sal ek terugbaklei,” het Pienaar gesê.
GP Laubscher het beserings aan sy kop en gesig opgedoen en ‘n tand in die stryd verloor. Sy pa het ook beserings aan sy gesig en is ook na bewering geskop tussen die bene. Jan beserings aan sy gesig, asook steke tussen die bene opgedoen. Hy het ook berig dat sy horlosie en hemp beskadig is tydens die voorval .
Alle betrokke partye is daarna na die polisie. GP Laubscher het ‘n saak van aanranding en rig van ‘n vuurwapen aanhangig gemaak, terwyl Jan Visagie ‘n saak van aanranding met die opset om ernstig te beseer laat open het.
‘n Woordvoerder van die polisie, luitenant Donald Mdhluli het dit bevestig.