Diarree eis 100 in Mosambiek

mozwaterDie owerhede in Mosambiek het bekend gemaak dat sowat 100 mense dood is weens die uitbreek van diarree in ‘n sentrale provinsie in die land.

Die siekte het twee weke gelede in die Zambezia provinsie uitgebreek, maar is nou onder beheer.

Die bestuur by die Gurue-distrikshospitaal sê swak higiëne was die oorsaak van die siekte, agv mense wat nie hul hande was nie en eet en kos hanteer in die markte.

Riviere en waterbronne word ook besoedel weens onwettige mynbedrywighede.

Daar is geen nuwe gevalle sedert Sondag aangemeld nie. – Sapa

15 thoughts on “Diarree eis 100 in Mosambiek”

  1. Ja, en mense lag vir my as ek knaend hande was …

    Seg Net, ek gaan sommer my skrywe op Maroela hier spoeg en plak – LoL

    Kom ons kyk wat gebeur …

    ***

    Hoe dit ookal sy – ek vat nie eers aan my hare as ek met voedsel werk nie. Was gereeld tussendeur hande … niemand mag my telefoon optel by die kantoor nie, los my selfoon uit, hysbak se knoppie word gedruk met ‘n snesie wat ek na gebruik weggooi – dieselfde geld deur- handvatsels, en al daardie snaakse goetertjies waar kieme en Hepatitis B “broei” !

    O-ja, ek eet en drink nie aan een glas / koppie / beker / vurk / lepel nie.

          1. Dat mens nou al jou eie gebit op ‘n forum moet kom adverteer? Maar my magtig Leana is jy nie in die koop verkoop besigheid nie. Jy sal gou ‘n koper kry aangesien dit nie ‘n swarte se tande kan wees nie, daar is nou goud in nie.

            Slaap lekker julle twee.

          2. Dag seg Trip en almal. Vra jou muis wat hy sal betaal. Nie die wolmuis of jou komper muis nie, maar die tand muis.
            Het baie jare gelede my oupa se gebit uit die glasie gesteel en stukkend gekap vir die tand muis. Dink maar self wat gebeur het.

Maak 'n opvolg-bydrae