‘n Ondersoek is aan die gang na die branddood van vier kinders van dieselfde gesin in die Gedleza-gebied op Jozini in Kwa Zulu-Natal.
Die swart ma het na bewering die kinders Sondagaand met ‘n brandende kers in die huis toegesluit.
Gasbottels wat in die huis was het ontplof.
Die bure het die rook gesien en hulle na die huis gehaas, maar die kinders was reeds dood.
Die gemeenskap eis dat die kinders se 30-jarige ma in hegtenis geneem word. – RSG
