Washington-skieter het geheime klaring gehad

alexis2Aaron Alexis, die 34-jarige swart verdagte in Maandag se skietery op die Washington Navy Yard, het ‘n “geheime” klaring gehad en moes begin werk as ‘n burgerlike kontrakteur met ‘n militêreID-kaart, het sy firma se uitvoerende hoof, aan Reuters gesê.

“Hy het ‘n geheime klaring gehad en hy het ‘n CAC gehad (algemene toegangskaart),” het Thomas Hoshko, uitvoerende hoof van die maatskappy wat die Vloot se spesmagte van Intranet as ‘n subkontrakteur vir HP Enterprise Services – wat deel uitmaak van Hewlett-Packard – moes voorsien.

Alexis, van Forth Worth, Texas, word daarvan verdink dat hy by die Naval Sea Systems Command se gebou in Washington 13 mense is dood veroorsaak het.

Hoshko het in ‘n telefoniese onderhoud gesê hy weet nie wanneer Alexis veronderstel was om te begin werk nie: “Dit is wat ek nog moet uitvind, indien hy veronderstel was om vandag te begin … Dit is nie vir my duidelik nie.“

Hoshko het gesê hy is nie bewus van enige probleme met wangedrag deur Alexis of enige moontlike griewe wat tot die skietery kon gelei het nie.

Alexis het voorheen in Japan van September 2012 tot Januarie 2013 gewerk het hy gesê. Hy was glo ‘n toegewyde, vredeliewende Boedhhis wat gereeld die tempel besoek het.

“Ons het hom net onlangs weer gehuur. Nog ‘n agtergrondondersoek is weer op hom uitgevoer en hy is as skoon deur die verdedigingssekuriteitsdiens in Julie 2013 verklaar,“ het Hoshko gesê.

Hoshko het gesê hy dink dat Alexis se geheime sekerheidsklaring terugdateer van 2007.

Die vloot het gesê Alexis is ingeroep as ‘n voltydse reservis in Mei 2007. – Reuters

Dodetal in Washington-skietery op 13

Aaron Alexis
Aaron Alexis

Talle mense is dood en gewond in ‘n skietvoorval by die VSA se vlootwerf in Washington DC. Owerhede sê ‘n swart man was vir die aanval verantwoordelik.

Volgens die departement van verdediging is minstens een verdagte dood terwyl ‘n vlootamptenaar, wat anoniem wou bly, gesê het dat daar moontlik meer as een aanvaller by die skietery betrokke is. Dié teorie is later laat vaar.

Na wat berig word is 13 mense doodgeskiet by ‘n Navy Yard in Washington. Die swart skieter is ook dood en is geïdentifiseer as die 34-jarige burgerlike kontrakteur van Hewlett-Packard, Aaron Alexis.

Ooggetuies het ‘n man gesien wat vanuit die vierde verdieping van ‘n gebou op die perseel na mense onder op die grond skiet. Owerhede het gesê hulle vermoed nie terreur as ‘n motief vir die aanval nie.

Minstens 3 000 mense werk by die vlootwerf, wat sowat 4 km van Washington se Reagan-lughawe geleë is, en waar die vloot se skepe gebou en onderhou word.  – AP