Verskeie afgevaardigdes, insluitende die VSA en Frankryk, het uit die VN se Algemene Vergadering tydens ‘n toespraak deur die Iranse president, Mahmoud Ahmadinejad, geloop. Dit word gesien as ‘n sein aan Ahmadinejad dat hierdie lande sy land se kernprogram afkeur.
Daar is ernstige kommer dat Iran hulle kernkapasiteit sal gebruik om massavernietigingswapens te vervaardig, waarskynlik vir gebruik teen Israel.
In sy toespraak het Ahmadinejad klem gelê op die deugde van Islam en gewaarsku dat ongebreidelde kapitalisme tot ‘n val sal kom, net soos wat met sosialisme gebeur het.
Ahmadinejad het Israel uitgesonder vir kritiek en dié land beskuldig van ‘n “onmenslike beleid” teen die Palestyne en hulle dominansie van die wêreld se politieke en ekonomiese aangeleenthede.
Hy het voorts gesê “die ontwaking van volke en die uitbreiding van vryheid wêreldwyd sal beteken dat [Israel] nie langer sal kan voortgaan met hulle skynheiligheid en venynige houding nie”.
Hy het nie gedurende sy toespraak verwys na Teheran se kernprogram nie.
Sy toespraak is met belangstelling deur Westerse moondhede gevolg en dit is voor sy aflewering van die podium af, vrygestel.
Hy het die Weste daarvan beskuldig dat hulle “oorlog, bloedvergieting, aggressie, terreur en intimidasie” in die Midde-Ooste saai en na die oorloë in Irak en Afghanistan verwys.
“Hoe kan misdade van die besetters teen kwesbare vroue en kinders en die vernietiging van hulle huise, plase, hospitale en skole so onvoorwaardelik deur sekere regerings ondersteun word?”
Die Iranse leier het gesê dit is tyd vir die wêreld om te reageer.
“Dit is nie meer aanvaarbaar dat ‘n klein minderheid die politiek, ekonomie en kultuur van groot dele van die wêreld oorheers met hulle ingewikklede netwerke en ‘n nuwe soort slawerny bedryf nie, en die reputasie van ander volke kwaad aandoen, selfs Europese volke en die VSA, om hulle rassitiese ambisies te volvoer nie.”

Die Wes-Indiese krieketspan het gister nie baie lank gevat om die wip en spoed van die kolfblad op die Wanderers gewoond te raak nie, maar in die kort tydjie was die top ses kolwers – en nommer agt op die koop toe – reeds terug in die paviljoen.

Die rassedebat wat in die Afrikaanse media, sowel koerante as webwerwe, begin het, het oor die naweek na die TV oorgespoel toe twee programme van die SAUK die toenemende verwydering tussen wit en swart opgehaal het.
Eers goewerneur Janssens, en later kommissaris-generaal De Mist het omvattende reise in die binneland onderneem. Die laaste gerieflike woonhuis waarin Janssens op pad na die oosgrens tuisgegaan het, was die boerewoning van Hillegard Mulder. In een van die grootste vertrekke het daar ‘n orrel gestaan. Daar het die gesin en die bure op Sondag byeengekom om godsdiensoefening te hou.
Die Vryheidsfront Plus het uitsprake van die plaaslike ANC in Pretoria verwelkom waarin hulle erken het dat die naam van die hoofstad Pretoria is.
