praag.co.za

Rassedebat spoel oor na TV

Tsepiso Makwetla

Written by

in

Tsepiso MakwetlaDie rassedebat wat in die Afrikaanse media, sowel koerante as webwerwe, begin het, het oor die naweek na die TV oorgespoel toe twee programme van die SAUK die toenemende verwydering tussen wit en swart opgehaal het.

Freek Robinson het in sy program “Fokus” op die tweede kanaal van die SAUK vir Flip Buys van Solidariteit en ds. Nico Smith ontvang vir ‘n debat oor Smith se voorspellings dat blankes dalk soos in Algerië uit die land verdryf mag word. Agterna het dr. Fanie du Toit van die Instituut vir Versoening uit Kaapstad ook ‘n bydrae gelewer om te sê dat “blankes nie moet stilbly” nie.

Nie lank daarna nie het ‘n rusie op die program Interface tussen die aanbiedster Tsepiso Makwetla en dr. Corné Mulder van die Vryheidsfront Plus losgebars. Rondom die kwessie van naamsveranderings het Makwetla die naam “Kafferskraal” herhaal in ‘n duidelike poging om swart kykers aan te hits. Sy het “Kafferskraal” voorgehou asof dit een van die name was wat Mulder nie verander wou hê nie, wat hom aan die einde van die program sy humeur laat verloor het.

Ander deelnemers aan “Interface” was die hoof van die ANC se Vryheidspark, Mongane Wally Serote en ‘n jong swart professor van Wits. Al die swart deelnemers, sowel as die aanbiedster, was dit eens dat “Suid-Afrika nog nie swart genoeg is nie” en dat veel meer gedoen moet word om rassekwotas op alle gebiede in te voer. Die feit dat Suid-Afrika nog plek-plek ‘n Westerse aanskyn het en blankes steeds in sekere sleutelposisies in die ekonomie verkeer, is as ‘n probleem uitgewys.

Op die vraag of “Suid-Afrika ‘n plek vir blanke Afrikaners soos Orania nodig het”, het dr. Corné Mulder geantwoord dat artikel 235 van die SA grondwet vir selfbeskikking voorsiening maak en dat Afrikaners die reg het om met mekaar te assosieer. Volgens Serote het hy ook die reg om te eniger tyd Orania te besoek.

Die debat tussen Flip Buys en Nico Smith was minder skerp, behalwe dat Smith sy vorige stellings herhaal het dat blankes heel moontlik uit die land geskop mag word soos die Franse Algeryne in die vroeë sestigerjare. Oor die kwessie van rassistiese houdings onder Afrikaners, het Buys gemeen dat “slegs ‘n klein minderheid hieraan ly”, terwyl Smith beweer dat “die meerderheid blankes, nie net Afrikaners nie, hulle hieraan skuldig maak”. ‘n Neerbuigende houding teenoor swartes is een van die manifestasies van sogenaamde “rassisme”.

Die swart deelnemers aan “Interface” was dit egter eens dat Suid-Afrika “maar aan die begin van sy veranderings” verkeer en dat veel meer name as tans byvoorbeeld gewysig moet word.

Tsepiso Makwetla het heel in haar skik gelyk dat sy Corné Mulder, deur hom die woord “Kafferskraal” in die mond te lê, kon uitlok om warm onder die kraag te raak.

Volgens ingeligte bronne voel kleurlinge tans uitgesluit van die rassedebat en gaan “Fokus” binnekort ook aan hulle ‘n spreukbeurt gee.

куклиДанильченко Харьков

Comments

Leave a Reply