Die Vatikaan se openbare betrekkinge kom in rat: St Theresa van Kolkata

Anjezë Gonxhe Bojaxhiu, wêreldwyd bekend as Moeder Teresa, is tot heilige verklaar. Sy sal nou as St. Theresa van Kolkata bekendstaan. Met ‘n Nobelprys onder die blad en ‘n nalatenskap van media-aandag wat ander supersterre in die skadu stel, is daar egter reeds aanduidings dat alles nie pluis was met die ontslape non nie. Die

Lees verder: Die Vatikaan se openbare betrekkinge kom in rat: St Theresa van Kolkata

Joost soek dringend geld uit vermoorde prokureur se trustfonds

Die sukkelende voormalige Springbok-rugbyspeler Joost van der Westhuizen soek dringend sy geld wat in die trustrekening van sy voormalige prokureur Robert Klinkenberg is. Van der Westhuizen sal in die Gautengse Hooggeregshof, in Pretoria, volgende Dinsdag in ‘n poging aanwend om die meer as R380 000 wat hy beweer hy geskuld word, terug te kry. Van

Lees verder: Joost soek dringend geld uit vermoorde prokureur se trustfonds

Leon Lemmer: ‘Ons Japie’ en Anna Barry as nie-verloopte Afrikaners

Ons Japie: Die Boereoorlogdagboek van Anna Barry (Pretoria: Protea Boekhuis, 2016, 200p, R220), is onlangs hergepubliseer. Hierdie keer met ‘n voor- en nawoord deur Ena Jansen. Die oorspronklike uitgawe, Ons Japie: Dagboek gehou gedurende die Driejarige Oorlog, is in 1960 deur Afrikaanse Pers-Boekhandel uitgegee. Die onderwerp is die Anglo-Boereoorlog (ABO, 1899-1902) soos weerspieël in Barry

Lees verder: Leon Lemmer: ‘Ons Japie’ en Anna Barry as nie-verloopte Afrikaners

Suid-Afrika, die land van moord en doodslag

Moorde in Suid-Afrika het die afgelope finansiële jaar met bykans vyf persent toegeneem. Die minister van Polisie, Nathi Nhleko sê daar is ‘n geringe afname in ander misdaad, maar moes erken dat geweldsmisdaad nie afgeneem het nie. Hy sê dit is ‘n aanklag teen die innerlike krag van die gemeenskap. Die misdaadsyfers vir die tydperk

Lees verder: Suid-Afrika, die land van moord en doodslag

Trump: Plan om muur tussen VSA en Mexiko met dwelmgeld te finansier

Die Republikeinse Party se presidentskandidaat, Donald Trump, het Woensdag in Phoenix, Arizona, in ‘n brander van ‘n toespraak belowe dat onwettige immigrante uit Mexiko se dae getel is want die VSA gaan ‘n muur bou met dwelmgeld. “Ons gaan ‘n muur bou en Mexiko gaan daarvoor betaal!” het hy onder luide toejuiging gesê. Trump het

Lees verder: Trump: Plan om muur tussen VSA en Mexiko met dwelmgeld te finansier

Geweld breek in Gaboen uit na Bongo wen

Gaboen se presidensiële wag het in die nag die opposisieparty se hoofkantoor aangeval. Minstens een persoon het omgekom en minstens 20 is beseer, het opposisiewoordvoerders gesê. Dit volg na betogings teen die herverkiesing van die Sentraal-Afrika-land se president en waar ‘n duidend mense reeds aangehou word. Pres. Ali Bongo Ondimba het die opposisie-kandidaat met ‘n

Lees verder: Geweld breek in Gaboen uit na Bongo wen

Geweldmisdaad het waarskynlik weer toegeneem

Daar is min hoop dat misdaad afgeneem het tot in Maart vanjaar, want verlede jaar het sestien van die 26 misdaadkategorieë stygings getoon. Dit sluit moord, kaping en huisroof in. Die minister van Polisie, Nathi Nhleko maak vandag die jongste misdaadsyfers bekend vir die tydperk tussen April 2015 en die einde van Maart vanjaar. Nhleko

Lees verder: Geweldmisdaad het waarskynlik weer toegeneem

ANC probeer batebestuurders kalmeer na hul politieke inmenging

Die Minister van Openbare Ondernemings, Lynne Brown sê die regering voer samesprekings met beleggers en batesbestuurders om hulle te verseker dat Eskom en Transnet betroubare maatskappye is om voor geld te leen. Dit is in reaksie op twee batebestuurders, Futuregrowth en die Deense bank, Jyske se besluit om weens politieke inmenging nie meer lenings aan

Lees verder: ANC probeer batebestuurders kalmeer na hul politieke inmenging

Reserwebank kap terug oor nasionalisering

Die president van die Reserwebank, Lesetja Kganyago sê die bank vind dit moeilik om politieke risiko in die land te voorspel, maar het gewaarsku dat die nasionalisering van die Reserwebank baie ernstige gevolge vir die land sal hê. Sy opmerking kom nadat die minister van minerale bronne Mosebenzi Zwane voorgestel het dat die gesag van

Lees verder: Reserwebank kap terug oor nasionalisering

Bob ontplooi onlus-polisie

Organiseerders van onlangse betogings in Zimbabwe het Woensdag aangekondig dat alle ondernemings gesluit sal wees, maar winkels en kantore was wel oop. Vragmotors met onlustepolisie gelaai was aan diens en die verkeer was vir die tweede agtereenvolgende dag lig in Bulawayo, waar anti-regeringsbetogings vir later die dag beplan is. “Min mense het hul ware op

Lees verder: Bob ontplooi onlus-polisie