Joost van der Westhuizen se broer skiet 2 swart rowers dood, 3de ontsnap

Volgens Twitter-berigte het Pieter van der Westhuizen, broer van die ontslape rugbyspeler Joost van der Westhuizen vandag drie swart rowers doodgeskiet, maar agterna is bevestig dat dit net twee was met die derde rower wat saam met ‘n vierde in ‘n voertuig ontsnap het. Die drie rowers het blykbaar gewapen by ‘n kerk ingestorm, waarna Van der Westhuizen sy pistool uitgehaal en op hulle losgebrand het.

Tekenend van die rassespanning wat tans in die land rondom misdaad en geweld heers, het ‘n hele klompie twiets onmiddellik Van der Westhuizen se optrede as ‘n heldedaad besing. Binne ‘n uur of so het 151 mense die “hou van”-knoppie op die twiet gedruk.

Volgens ‘n twiet deur ‘n voormalige kollega, Carien Schultz, was Van der Westhuizen voorheen ‘n polisiebeampte wat die Silwerkruis vir Dapperheid verwerf het.

‘n Woordvoerder van die polisie, Brigadier Mathapelo Peters, het die voorval bevestig en gesê dat twee uit die drie rowers in die kerk gedood is.

“Die derde verdagte het gevlug in ‘n wegkom-motor wat buite die kerk geparkeer was,” het Peters gesê. “Luidens inligting blyk dit dat die drie verdagtes die kerk tydens die diens ingegaan het en lidmate met vuurwapens aangehou en van hul persoonlik besittings beroof het.

“Polisielede op die toneel het een vuurwapen gevind.

“Net die pastoor is lig beseer,” het sy voortgegaan.

Daar is vroeër hier berig dat al drie rowers deur Van der Westhuizen doodgeskiet is, maar die berig is nou met die korrekte inligting bygewerk. Nog foto’s sal binnekort hier geplaas word.

Joost soek dringend geld uit vermoorde prokureur se trustfonds

Die sukkelende voormalige Springbok-rugbyspeler Joost van der Westhuizen soek dringend sy geld wat in die trustrekening van sy voormalige prokureur Robert Klinkenberg is.

Van der Westhuizen sal in die Gautengse Hooggeregshof, in Pretoria, volgende Dinsdag in ‘n poging aanwend om die meer as R380 000 wat hy beweer hy geskuld word, terug te kry.

Van der Westhuizen, wat ly aan motorneuronsiekte, het in hofstukke aangevoer dat hy afhanklik is van die geld om rekeninge en medikasie te betaal.

Hy het ook gesê dit is ‘n bekende feit dat stresvolle situasies ‘n nadelige uitwerking op ‘n persoon het wat ly aan motorneuronsiekte, wat negatiewe implikasies op sy lewe kon gehad het.

Volgens Van der Westhuizen, het hy van tyd tot tyd geld ontvang uit die trustrekening van Klinkenberg vir sy behoeftes.

Klinkenberg is dood aangetref in Desember verlede jaar in Magaliesberg. Sy lyk is naby sy Porsche gevind met een skietwond.

Klinkenberg (46), ‘n bekende prokureur in Roodepoort in Gauteng, se dood word nou as ‘n moordsaak ondersoek.

Kapt. Appel Ernst, woordvoerder van die polisie, het vroeër gesê die uitslae van die nadoodse ondersoek het die polisie uiteindelik genoop om die geregtelike doodsondersoek na dié van ‘n moordsaak te verander.

“Ons kan in dié stadium nie meer hieroor uitwei nie aangesien die ondersoek steeds aan die gang is,” het Ernst gesê.

Ernst sê die ondersoek na Klinkenberg se dood vorder, maar geen nuwe inligting is tans beskikbaar nie. Daar is ook nog niemand in hegtenis geneem nie.

Klinkenberg, wat ook jare lank Joost van der Westhuizen se regsverteenwoordiger was, se maatskappy, Klinkenberg Inc., het intussen finaal sy deure gesluit. Alle sake wat deur die maatskappy hanteer is ten tyde van Klinkenberg se dood is deur die Prokureursorde van die Noordelike Provinsies oorgeneem.

Die eertydse rugbyspeler kan tans glo nog net sy oë beweeg. Dit is nie seker of hy self sal kan verskyn nie, het sy regsverteenwoordiger gesê.

Amor na hospitaal gehaas ná val van trappe

Amor Vittone
Amor Vittone

Amor Vittone, die sangeres en vrou van die gewese Springbok kaptein, Joost van der Westhuizen, is kort voor middagete na die Midmed Hospitaal gehaas, waar sy op aarvoeding geplaas is, nadat sy flou geval het tydens ‘n optrede by Eskom se bestuursprysuitdeling by Riverside.

Sy het tydens die glansgeleentheid opgetree as gasheer en is na haar floute, en kort behandeling in Midmed, reguit huistoe vir rus het haar ma, Delyse Vittone, Donderdag aan die Observer gesê.

Amor het Maandag nog op haar Facebook-blad geskerts dat sy Middelburg toe kom vir die Eskom funksie en hoop “daar is nie ‘n blackout nie”.

Talle van haar aanhangers, soos Isabel Pretorius, het ewe tong in die kies gesê: “Eskom moet jou net nie uitshort nie”.

Terwyl Ray Harris haar herinner het “dat 10:00 lights out is”.

Sy het omstreeks 12:00 van drie verhoogtrappies afgetuimel en paramedici is dadelik deur haar klankman ontbied om Amor hospitaal toe te vat.

Haar goeie vriend en vertroueling van Middelburg, Andries du Preez, sê hy ken min mense met die energievlakke van Amor.

Hulle het Maandagaand voor haar optrede weer soos ou vriende om die koffiepot gekuier “want as Amor gesels is daar geen einde aan haar nie,” sê Andries.

‘n Besorgde Du Preez het Donderdag tydens navrae gesê dat “Amor gesond en opgewek” gelyk het tydens hul kuiertjie.

Andries sê dat die hele Suid-Afrika se oë nou op Amor is na haar versoening met Joost wat ‘n stryd met motorneuron siekte voer.

“Die stres op my vriendin is groot, sy moet sterk staan vir haarself en haar kinders deur Joost se beproewing en brood op die tafel sit,” sê Andries.

Sy was Donderdag weer oudergewoonte volstoom aan die skitter by ‘n modeparade by haar kinders se skool, en kon nie op Observer navrae reageer voor druktyd nie.

Volgens Andries was die voorval te wyte aan uitputting en kan Amor se aanhangers gerus wees dat sy gesond is. – looklocal.co.za

Wat is die ware feite oor ZA Sucks se webmeester?

Ek het Donderdag reeds, toe gerugte oor die inhegtenisname van die webmeester van ZA Sucks begin verskyn het, my bedenkinge gehad oor die hele storie en geskryf dat daar ‘n slang in die gras is in reaksie op die eerste berigte oor die saak.

Die berig wat op ZA Sucks verskyn het rakende sy webmeester, Uhuru Guru of UG, beweer dat 28 blanke polisielede sy deur afgebreek het en sy huis deursoek het. Wat ek onmiddellik vreemd gevind het, was beide die aantal polisielede en die onverwante eenhede waaraan hulle behoort het – motordiefstal, kubermisdaad ensovoorts. So ‘n oormag roep beelde van ‘n misdaadbende wat Glenn Agliotti en sy trawante s’n ewenaar by mens op, maar dit gaan klaarblyklik oor ‘n 19 jaar oue (of is dit 16 jaar oud?) saak en die verdagte is een indiwidu wat verdink word van ‘n nie-gewelddadige oortreding. Iets klop nie. Waarom soveel polisielede vir een klopjag, as gewelddadige teenstand nie verwag word nie? Bedrog of diefstal is voorts nie sulke ernstige misdade, gemeet aan moorde of Agliotti-hulle se soort georganiseerde misdaad nie.

Miskien is dit inderdaad skoktaktieke ontwerp om bloggers te intimideer, of andersins ken ons nie die volle feitestel nie.

UG is toe na die Lindense polisiestasie geneem. Volgens die berig op ZA Sucks is hy nie na die hof geneem nie, en het die polisie alles in die boek probeer om ‘n hofverskyning en borgtog te dwarsboom, en hom gedwing om in die selle te slaap. Hy het volgens die berig nie in die hof verskyn nie, maar volgens ‘n berig in Beeld het hy egter wel in die Randburgse landdroshof verskyn en is die saak uitgestel. Watter een van die twee weergawes kan mens nou glo?

Voorts beweer die berig op ZA Sucks dat die saak 19 jaar oud is en handel oor gesteelde goedere wat iemand anders op UG se perseel versteek het (die klag sou dus diefstal wees). Volgens Beeld se berig gaan dit egter oor bedrog, nie diefstal nie, ‘n klag wat uit 1993 spruit, dus 16 jaar gelede. Watter weergawe is die korrekte een?

Verstaan goed: ek is geen bewonderaar van Naspers met sy Broedereienaars en napraters van Jonathan Jansen en kie nie. Dit sou ook skokkend wees indien UG wel geteiken is bloot omdat hy dinge skryf waarvan die regime nie hou nie. Dit sou afdoende bewys wees van die regime se poging tot gedagtebeheer, maar die twee stories weerspreek mekaar in verskeie belangrike besonderhede. Uitgesluit die aanvanklike bewerings wat op ZA Sucks gemaak is, swyg die werf sedertdien soos die graf oor die ganse aangeleentheid. UG beweer dat sy regsverteenwoordiger hom aangeraai het om stil te bly.

Om dit in platvloerse Afrikaans te stel: sou Beeld se bewerings waar wees, het dit die potensiaal om werwe en indiwidue wat oor ‘n wesentlike probleem, swart-op-wit misdaad, skryf, se name ernstig gat te maak. Wat 100% gewaarborg is om te gebeur, is dat die opponente gaan volhou dat diegene wat so oor swart misdaad kla, self ‘n paar geraamtes in die kas het en dus nie ernstig opgeneem kan word nie. Beeld het alreeds vertrek op ‘n propagandaveldtog en rojaal van die geleentheid gebruik gemaak om regses by te kom in die berig oor UG. Die boodskap in Beeld se berig is duidelik: julle regses wat so oor misdaad skree, is self skuldig.

ZA Sucks behoort na my mening spoedig ‘n amptelike verklaring te publiseer wat die teenstrydighede met Beeld se berig aanspreek en opklaar. Indien daar wel iets is om oor te bieg, en ek weet nie of dit die geval is nie, wil ek voorstel ZA Sucks neem Joost van der Westhuizen se ervarings in ag, en maak so spoedig moontlik so.

фонари для ландшафтного освещенияДанильченко Юрий Брониславович Харьков

Supersport dank Joost af

Supersport het die voormalige Springbokrugbykaptein Joost van der Westhuizen as aanbieder afgedank ná sy erkenning dat hy in ‘n seksvideo opgetree het waarin hy insgelyks dwelms gebruik.

Dié bekentenis vind in sy nuwe biografie, “Joost: Spieëlbeeld” plaas.

“SuperSport het na uittrekesels uit Joost van der Westhuizen se biografie gekyk… en gesprekke met hom gevoer,” het ‘n verklaring gelui wat Sondag uitgereik is.

“Na aanleiding van dié gesprekke het SuperSport en Joost gesamentlik besluit om sy vryskut-kontrak te beëindig,” het Supersport se woordvoerder, Clinton van der Berg, gesê.

“SuperSport bedank Joost vir sy bydrae as kommentator en aanbieder en wens hom sterkte vir die toekoms toe. SuperSport sal geen verdere kommentaar lewer oor die saak nie,” het hy gesê.

SuperSport het Joost se dienste in Maart opgeskort ná die 24-jarige Marilize Van Emmenis erken het dat sy die vrou was in die seksvideo waarin Van der Westhuizen verskyn het.

In daardie stadium het hy ontken dat dit hy was wat in die video te siene was, en hy het selfs die privaatspeurder Mike Bolhuis ingespan om sy bewering te staaf.

Hy het onlangs egter teenoor Rapport erken dat dit wel hy was in die video. “En ek is baie, baie jammer dat ek gelieg het,” het hy in die onderhoud gesê.

“Vergewe my asseblief,” het hy gevra.

Volgens Rapport gee Joost in sy biografie al die besonderhede van die “hel” waardeur hy sedertdien is, wat hom “van binne opgevreet en verteer” het.

Hy het erken dat hy nie net vir die publiek gelieg het nie, maar ook vir sy vrou, die gewilde sangeres Amor Vittone.

детский крем ушастый няньлобановский александр игоревич