Volgens Twitter-berigte het Pieter van der Westhuizen, broer van die ontslape rugbyspeler Joost van der Westhuizen vandag drie swart rowers doodgeskiet, maar agterna is bevestig dat dit net twee was met die derde rower wat saam met ‘n vierde in ‘n voertuig ontsnap het. Die drie rowers het blykbaar gewapen by ‘n kerk ingestorm, waarna Van der Westhuizen sy pistool uitgehaal en op hulle losgebrand het.
Tekenend van die rassespanning wat tans in die land rondom misdaad en geweld heers, het ‘n hele klompie twiets onmiddellik Van der Westhuizen se optrede as ‘n heldedaad besing. Binne ‘n uur of so het 151 mense die “hou van”-knoppie op die twiet gedruk.
Pieter Vab der Westhuizen,broer van Joost Van der Westhuizen het sopas 3 bravos van kant gemaak wat by ñ kerk in gestorm het.
Hierdie man is ñ yster,en gaan ons al ons ondersteuning nodig hê.@steve_hofmeyr @devon_hofmeyr @Jay_du_Plessis @StopPlaasmoorde @Andre_Ronin pic.twitter.com/Tu9I8RslZH
— Die Patriot (@DiePatriot4) July 26, 2020
Volgens ‘n twiet deur ‘n voormalige kollega, Carien Schultz, was Van der Westhuizen voorheen ‘n polisiebeampte wat die Silwerkruis vir Dapperheid verwerf het.
Ons het saam hom gewerk hier in die Oos Rand toe hy ‘n polisie beampte was. Hy was die beste van die bestes. Hy het destyds ‘n Silver Cross gekry vir Bravery. Min polisielede kry dit ooit
— carienschultz (@carien_schultz) July 26, 2020
‘n Woordvoerder van die polisie, Brigadier Mathapelo Peters, het die voorval bevestig en gesê dat twee uit die drie rowers in die kerk gedood is.
“Die derde verdagte het gevlug in ‘n wegkom-motor wat buite die kerk geparkeer was,” het Peters gesê. “Luidens inligting blyk dit dat die drie verdagtes die kerk tydens die diens ingegaan het en lidmate met vuurwapens aangehou en van hul persoonlik besittings beroof het.
“Polisielede op die toneel het een vuurwapen gevind.
“Net die pastoor is lig beseer,” het sy voortgegaan.
Daar is vroeër hier berig dat al drie rowers deur Van der Westhuizen doodgeskiet is, maar die berig is nou met die korrekte inligting bygewerk. Nog foto’s sal binnekort hier geplaas word.
