‘n Vyftienjarige seun is Sondagmiddag in Valhalla Park, Kaapstad in die kop geskiet. Hy is aan die besering dood. Die Wes-Kaapse nooddienste het bekend gemaak dat die seun se liggaam in sy huis in Eleanor-pad gevind is terwyl hulle in die gebied was om ‘n ander noodgeval te hanteer. Dis nie bekend wat die omstandighede
Minister kap korrupte geboorteregistrasie
Die Minister van Binnelandse Sake, Malusi Gigaba, het sekere kerkleiers en oneerlike tradisionele stamhoofde daarvan beskuldig dat hulle met korrupte staatsamptenare saamwerk om Suid-Afrikaanse geboortes te registreer vir mense wat nie hier gebore is nie. Aansoeke vir geboortesertifikate het aansienlik gedaal sedert die begin van die regering se inisiatief om kinders binne 30 dae van
Watertekorte nog nie verby
Watertoevoer sukkel steeds in groot metropolitaanse gebiede, ten spyte van verklarings dat die probleem opgelos is. Die Minister van Water en Sanitasie, Nomvula Mokonyane, sê water sal herlei word na elf Pretoriase voorstede. Mokonyane sê die regering is bewus daarvan dat waterprobleme dringend aandag moet kry. Sy het gesê hulle het reeds begin om in
Waarom wou die vyand ons universiteite inpalm?
Met die jongste nuus in verband met die PUK vandeesweek, is dit helder dat die oorname van die Afrikaanse universiteite nou voltrek is. Iron Rensburg, Botman, Jansen en nou Kgwadi by die Noordwes-universiteit het seker gemaak dat al die Afrikaanse universiteite onder vyandelike beheer verkeer sodat die Afrikanerjeug tegelyk beheer en gebreinspoel kan word. Die
Afrikaners: handevat-inskiklik of streep in die sand?
Die Iraeliete was 40 jaar in die woestyn. Die blankes, veral Afrikaners, is reeds meer as 20 jaar in die politieke woestyn. Woestynverblyf in ‘n onbeskaafde woesterny is nie iets waartoe die blanke kiesers ingestem het nie. Die meerderheid blanke kiesers het as misleides ten gunste van magsdeling gestem, wat egter deur FW de Klerk
Lees verder: Afrikaners: handevat-inskiklik of streep in die sand?
Blade Nzimande blaf dat die PUK moet verengels en verswart
Blade Nzimande het gister aan die media in Johannesburg gesê dat daar “‘n kultuur van vrees” op die PUK-kampus heers, asook dat swart en Engelse studente nie daar welkom voel nie, want “as jy nie wit en Afrikaans is nie, gaan dit vir jou soos ’n vreemde plek voel”. Die minister van hoër onderwys het
Lees verder: Blade Nzimande blaf dat die PUK moet verengels en verswart
Britte gereed vir lugaanvalle in Irak
Die Britse parlementslede stem Vrydag oor hul land se deelname aan lugaanvalle teen die Islamitiese Staat in Irak. Die debat sal met ‘n toespraak deur premier David Cameron afskop. Weens die talle video-opnames van sogenaamde “onthoofdings” is dit waarskynlik dat Britse deelname gestem sal word aangesien hoofopposisiepartye sowel as die regering die lugaanvalle steun. Cameron
Taxigeweld by Ellisras
Geweld het tussen twee taxiverenigings uitgebreek Donderdag in Marapong naby Ellisras (Lephalale), het die polisie in Limpopo gesê. Vier mense wat in hegtenis geneem is nadat sewe voertuie, ‘n huis en drie spaza-winkels in Limpopo aan die brand gesteek is, sal vandag in die Lephalale landdroshof verskyn. Die vier is glo deel van ‘n groep
Pastoor moedig lidmate aan om petrol te drink
Van gras eet na petrol sluk. In Maart het past. Lesego Daniel van die Rabboni Centre Ministries in Garankuwa, noord van Pretoria, opslae gemaak toe hy sê sy gemeente moet gras eet. Nou het hy dit verder gevat en gesê hulle moet petrol drink, nadat hy dit kamma in pynappelsap verander het. Past. Lesego Daniel
Zambiese president in NY-hospitaal
Volgens die New Yorkse polisie is president Michael Sata van Zambië Donderdag in ‘n hospitaal in New York opgeneem. Sata het van Lusaka na New York gevlieg om die jaarlikse VN-byeenkoms van die Algemene Vergadering by te woon. Hy het egter nie sy toespraak Woensdag gelewer nie. Volgens polisiehoof Kim Royster is hy Donderdag deur
