praag.co.za

Blade Nzimande blaf dat die PUK moet verengels en verswart

Written by

in

,

Blade Nzimande het gister aan die media in Johannesburg gesê dat daar “‘n kultuur van vrees” op die PUK-kampus heers, asook dat swart en Engelse studente nie daar welkom voel nie, want “as jy nie wit en Afrikaans is nie, gaan dit vir jou soos ’n vreemde plek voel”.

Die minister van hoër onderwys het die PUK insgelyks vanweë sy Afrikaanse aard as ‘n “apartheidsenklawe” uitgekryt en verder gesê: “Dít wat op die Potchefstroom-kampus gebeur het, is tragies en net soos om ons Grondwet te vertrap.”

Blade Nzimande
Blade Nzimande, wat oor die PUK gaan beskik

Gister se mediakonferensie volg op die veldtog wat daar sedert die begin van die jaar teen die PUK gevoer word, deur die Johannesburgse dagblad Beeld, maar ook deur dr. Leon Wessels, ‘n voormalige kommissaris van die Menseregtekommissie wat ANC-waardes beliggaam. Wessels is as voorsitter van ‘n sogenaamde “onafhanklike taakspan” aangestel wat die Potchefstroomkampus moes “ondersoek” ná die negatiewe beriggewing deur Beeld oor “Nazi-praktyke” op die kampus. Die universiteitsraad wou egter nie amptelik die verslag aanvaar nie.

In reaksie op die Wessels-verslag het Blade Nzimande gister gesê:

“Ek verwelkom die taakspan se waarnemings en voorstelle, maar moet sê dat ek ’n ongemaklike gevoel het omdat die taakspan met net ’n maand se ondersoekwerk net aan die puntjie van die ysberg geraak het. Ondanks die feit dat hulle verhinder is om alle relevante feite en verslae te ondersoek, het hulle wel daarin geslaag om baie waardevolle aanbevelings te doen.”

Nzimande het gekla dat daar oor vyf jaar vier verslae oor transformasie en ontgroening opgestel is, sonder dat daar met suiweringsveldtogte teen studente en dosente begin is.

Hy het voorts verklaar:

“Die feit dat daar in ’n sta­dium drie ondersoeke was en die voormalige visekanselier (dr. Theuns Eloff) dit probeer afmaak het as onskuldige studentepret, wys dat ek die regte ding gedoen het deur in te gryp.

“Daar is duidelik diep gewortelde praktyke by die universiteit wat met sy oriëntasieprogramme vir eerstejaars op die skending van hul menseregte neerkom.”

“Die bestuur kan nie onkunde aanvoer nie. Daar heers ’n kultuur van vrees op hierdie kampus. Mense is te bang om te praat uit vrees vir viktimisasie.

“Transformasie is ’n tweerigtingstraat. Dit help nie ons gebruik Madiba se naam, maar leef nie die beginsels van transformasie uit nie.”

Volgens Nzimande kan sy departement “nie toelaat dat ’n universiteit die Grondwet vertrap nie” en “het ons universiteite ’n plig om die leiding te neem in die ontwikkeling van ’n menseregtekultuur”.

Hoewel die Grondwet ook voorsiening maak vir akademiese vryheid en universitêre outonomie, lyk dit asof Blade Nzimande nou regstreeks beheer van die PUK geneem het, want hy het die universiteit beveel om driemaandeliks aan hom verslag te doen oor sy vordering met “transformasie” wat binne die huidige verband net “suiwering van blankes en Afrikaans” kan beteken.

 

Comments

20 responses to “Blade Nzimande blaf dat die PUK moet verengels en verswart”

  1. Götterdammerung Avatar
    Götterdammerung

    Naspes se hoof werfbobbejaan het hom baie goed van sy taak gekwyt en sal sekerlik nou die vrugte daarvan pluk – miskien ‘n ou jobbie in die kommunikasie department ne? Mens moet tog wonder hoekom die totale aanslag teen Afrikaans? Kan dit wees dat behoudende Afrikaners die enigste versperring is tussen die klomp kommuniste en totale beheer? Wat sal ons nou se van Leon Wessels – die definieering van Kruiperkaner? Hoofseun van die #BoereHaatBende? (Dog daai posisie behoort aan Snotdoek / Rapsertjie / Ziller et al) Mandelatopia aanbidder? Wat ons ookal van hom te se het, dit sal niks goed wees nie

  2. JuliAss Avatar
    JuliAss

    Tsk Tsk Tsk, dees man weef no blade, when, me,I, JuliAss comes to be the tjief of these country, Aazania, I wheel employ heem as my driva, cuase, see why, he has no die-rektjion, just laaik taxi man. See for these man, a comraide, always she says that there mast be liebaration before the edjucatjion, now why he has problem weef place of lenning? I feenk whaaities, she ees also piepils.
    On piectja above, comraide, Bladeless, he ees indicating what thee best 10 yeas on school she was, he ees once again raaight, hes best 10 yeas at school was grade 5.
    But Wessals, that man, Isch I laaik her, she wheel sell anyfing for half a soul, I make heem minasta of indastree. Wheneva she spieks, we can not baliev anyfing. But fest, beck to comraide, Bladeless, she ees very scared of these patoekilaar haaier instatoetions like PUK, she ees very scared that she, Bladeless, wheel be asked off to go beck to PUk to forge Dokatella dagree (jaast like comraide Pallo)and as all you whaaities allreddy nouw, your Aparatheid leada, Vir Woedend, he made mafs very dieffiekalt for us bleck piepils. Lief Bladless four me, I, JuliAss, I change heem to Kaster, One blade, one spearless of the natjion.
    Viva Blade, Viva Kaster
    I griet yous whaaities, rememba, always be dressings in red.

  3. Henrietta Avatar
    Henrietta

    Dit is goed
    as mens in oomblikke soos hierdie ook raak sien dat daar belangstelling is in Afrikaans wêreldwyd ( is daardie nare groen monster, “jaloesie”, dalk die diep innerlike rede vir die tirades?) :

    Kyk hier byvoorbeeld na Rusland:

    https://aie.ned.univie.ac.at/node/13181

    Heel links onder “Universiteite..” kan geklik word op skakels na Oostenryk, Duitsland, België, Nederland, Pole en die Tjeggiese Republiek.

  4. Dolk Avatar
    Dolk

    Bladeless: “daar “‘n kultuur van vrees” op die PUK-kampus heers, asook dat swart en
    Engelse studente nie daar welkom voel nie, want “as jy nie wit en Afrikaans is nie, gaan dit vir jou soos ’n vreemde plek voel”.

    Ag so?! Die barbare en Britte regeer die land en dis al wat die knopkop hom mee kan besig hou?

    Niemand bekla ons Afrikaners se huidige lot in hierdie land nie – hulle verkrag, beroof, vermink, moor en breek af soos hulle lekker kry – en wat maak vrees in die barbaar wakker? Niks anders as opgevoede en hardwerkende Afrikaner studente nie. “Pateties” beskryf nie eers sy getewery nie.

    Wat ‘n kruis is dit nie vir die barbare – om die Afrikaner van alles te (probeer) beroof – net om te besef dat hulle ons nie van, van dit wat hulle eintlik soek – ons siel, gees, Godgegewe intellek en voorkoms kan beroof nie. Hulle sal tevrede wees – die dag, wanneer alles in rook en vlamme vernietig word – wanneer die laaste muur stadig omval… Dan sal hulle weer tot rus kom…

    1. Rooikop Avatar
      Rooikop

      “daar “‘n kultuur van vrees” op die PUK-kampus heers, asook dat swart en
      Engelse studente nie daar welkom voel nie, want “as jy nie wit en Afrikaans is nie, gaan dit vir jou soos ’n vreemde plek voel”. – En op alle ander kampusse as jy nie swart en engels is nie voel jy nie daar welkom nie –

      Ek was ‘n tyd gelede op UJ se kampus – dit is net swart met hier en daar ‘n blanke gesiggie. Tukkies tot ‘n groot mate dieselfde – met die vak wat ek laasjaar aangebied het was minder as 20% van die klas wit en van die wittes was meer as die helfte engels. Ek reken WITS en die ander universiteite lyk dieselfde – wat van die tuisland universiteite soos Universiteit van die Noorde ens? Hulle is en was nog altyd meerderheid swart – dan praat ons nie eers van daai hool Grahamstad nie. Die universiteite in Natal is en was ook al vir ‘n lang tyd oorwegend swart, so ook UCT – weet nie van Stalin’sbos nie maar ek reken dieselfde gebeur daar.

      As alles omgeval het dan sal hulle soos bobbie weer vir die VN gaan sê dis blankes se skuld en mekaar dan uitmoor en opvreet.

      1. Dolk Avatar
        Dolk

        Hulle behoort vir hom (ook) ‘n ere-doktorsgraad vir Lelik te gee. Ek dink nie honde blaf vir hom nie – hulle staar hom net kop-swaaiend aan…

      2. Dolk Avatar
        Dolk

        Rooikop… Ek moet dit met jou deel as ‘n gesoute akademikus. Onse Seuneman (Siviele ingenieurswese – 2de jaar) het huidiglik vyf onderskeidings en een vak – 58%. Wiskunde (Toeg.) +94%, drie vakke + 83-4% en een +76%. Aan onse Skepper al die eer. Ja, hy leer baie hard en tog… hy sê: “Pappa en Mamma, ek wil dit doen – want ek geniet dit”

        En ja, hy is ‘n rou, Christen boerseun!

        NS Maties…

        1. Rooikop Avatar
          Rooikop

          Baie geluk Dolk, voorwaar ‘n seun om op trots te wees. As mens geniet wat jy doen dan is harde werk ook lekker.
          Hoe sien hulle klassamestelling deesdae daarna uit?

          1. Dolk Avatar
            Dolk

            Rooikop, jy weet… Ek’t so gehuiwer om dit aan jou te skryf… Toe dink ek by myself – waarom stilbly oor die waarheid?! Waarom skaam wees vir die waarheid?!

            >65% druip twee of meer vakke…? (Ek het VANDAG met ‘n vriend, ‘n briljante dosent gepraat – ons het maar géén benul hoe die akademiese inrigtings GEDREIG word – dat Afrikane hulle “grade en diplomas” sál kry nie…)

            Wat is nuut vir jou?

          2. Rooikop Avatar
            Rooikop

            Hoeveel van daardie dreig gebeur weet ek nie. Ek weet net dat daar heeltyd spesiale aandag gegee moet word, nog eksamens al sê die reëls die aantal kere vir probeer is verby. Waar ek betrokke is probeer ek ook om ‘n behoorlike standaard te handhaaf –

            Gepraat van hoeveel pluk – dit is niks nuut nie. Ek het so ‘n tyd gelede juis hierdie gesprek met die een vrou by die SAIEE gehad. Almal kla oor die hoë druipsyfer in ingenieurswese – dit is so want die goed is moeilik – was nog altyd. Toe ek gestudeer het was die klas oorwegend wit. – daar was een swart student. In my vakrigting was ons 50 eerstejaars. Na 6 maande was daar het die helfte van die klas oor. Ons is 8 wat in die minimum tyd van 4 jaar klaargemaak het. Die totale finalejaarsklas was 26 soos mense bygekom het. Die gemiddelde tydperk vir ‘n student om ingenieurswese te voltooi was 6 jaar. Die realiteit is dat die druipsyfer toe ook hoog was. Ek het eerder ‘n hoë druipsyfer as wat ek mense daar buite het wat met hul onkunde andere se lewens in gevaar stel

  5. Hans Onrust Avatar
    Hans Onrust

    Ontgroening

    blatant blaffende ‘black blade’ blaast blamerend blakende blonde blanke bloemen blozend bladerloos

    1. Dolk Avatar
      Dolk

      Dankie vir die gevleuelde woorde Hans. Soet!

  6. Susan Avatar
    Susan

    Blade lyk my jy verstaan ook nie engels nie, anders weet jy
    nie wat jy praat nie. Is twee wit studente nie onlangs aangekla oor hulle hulle
    verswart het nie? Jy sien dit is hoekom daar erens n universiteit moet wees wat

    dom mense slim maak dat hulle nie droog maak en nonsens praat nie.

    Blade terwyl jy nou so hopeloos is met is met onderwys, kan jy nie bietjie handjie

    bysit met die water probleem nie? Die een wat moet na die water omsien, lyk my,
    is besig om Zuma met haar boude te beskerm, (soos sy gese het sy sal doen) sy het

    nie nou tyd vir die water probleem nie.

    1. Dolk Avatar
      Dolk

      Baie geldige punte en skerp invalshoek-perspektief van jou.

  7. Karel Combrinck Avatar
    Karel Combrinck

    Die Afrikaner het gekry wat hy gesoek en verdien het. Daarom is hy nou so gelukkig en tevree. Al wat ons kan doen wat nie so voel nie, is om te skree en raas, so kom ons doen dit maar.

    1. Dolk Avatar
      Dolk

      Ek wens dat meer… Baie Meer! …, Meer jou skrywe sal insien, besef!

  8. Geen Naam Avatar
    Geen Naam

    Ek jet die hoogste lof bir Blade. Hel die oudoem n goeie job. Ek kan niie verstaan waarom die ma nso teen gestaan word nie. Sien tog sy goedheid in die saak. Waar staan ons teen die man? Kom ons wees nou eerlik met mekaar. Dit is geensins tot die witmanse voordeel dat daar nog n plek is wat oorwegend wit is nie! Ditis slegs tot nadeel van ons voortbestaan.

    Sien so bietjie meer as honderd jaar gelede was dit juis ons redding. Dit is juis dit wat Blade nie ingedagte bring nie. Sou die status qua gehandhaaf word bly die Afrikaner in n droom wereld.

    Ons moet juis Blade toelaat om met sy handeling voort te gaan. Die dag as die volk besef dat daar niks meer tert op die piering oor is om te deel nie sal die ontwakking plaasvind. Ou Blade gaan nog n volksheld word. Moedig hom aan sodat die volk kan ontwaak.

    Juis dit wat hy nou doen het die Engelse ook gefoen. Ons ken die gevolg. Go Blade. Go. Dirk Hall

    1. Rifrug Avatar
      Rifrug

      Geen Naam (of Dirk Hall) … iewers het jy verdwaal. Hierdie webblad is praag, die Pro Afrikaanse Aksie Groep. Uit jou skrywe kan ek sien dat jy na die Pro Analfabete Groep soek … jammer ek kon nie vir jou ‘n werkende webskakel vind nie …

      “jet die hoogste lof bir”
      “Ek kan niie”
      ” die ma nso teen”
      “die witmanse voordeel”
      “Ditis slegs”
      “die status qua gehandhaaf”
      “niks meer tert op die piering”
      “ontwakking plaasvind”
      “Engelse ook gefoen”

  9. Henrietta Avatar
    Henrietta

    Afrikaans in n Kalifornië!! By die Universiteit in Los Angeles, en nogal ‘n hele paar opsies:

    http://www.registrar.ucla.edu/catalog/uclacatalog14-15-371.htm

  10. Dolk Avatar
    Dolk

    Hallo Jaybee, Kyk na sy “voer-opening”… (Bek, smoel, seekat-snawel ens…) Kyk dan op na sy staar… Bespeur jy énige intelligensie? Hoe kan ‘n mens jou ooit aan beide steur?! Tensy jy die jellie-brein van ‘n skeel, seeanemoon het?

Leave a Reply