Motoriste aangeraai om Lenasia-pad te vermy

Die metropolisie het motoriste aangeraai om die K43 in Lenasia suid van Johannesburg te vermy weens oproer in die gebied. Oproeriges van Thembelihle het die pad met klippe afgesper en verbygaande motors met klippe bestook. Swart inwoners het tot geweld oorgegaan oor diensleweringskwessies, insluitende behuising en eis dat munisipale amptenare hulle griewe aanhoor. Maandag het

Lees verder: Motoriste aangeraai om Lenasia-pad te vermy

Indonesiërs lewer munte by Australiese ambassade af

Indonesiërs het “Maak Abbott se mond stil en “Abbott, sê jammer”, geskree en op’n plakkaat met die Australiese premier, mnr. Tony Abbot, se foto getrap, terwyl hulle sakke met muntstukke by die Australiese ambassade in Jakarta afgelewer het. Abbott het verlede maand gesê Jakarta moet die US$1 miljard wat Australië as bystandshulp aan Indonesië gegee

Lees verder: Indonesiërs lewer munte by Australiese ambassade af

Gaan Ban se opvolger ‘n vrou wees?

‘n Veldtog is Sondag op internasionale vrouedag van stapel gestuur om n vrou as sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies te benoem. Op die webtuiste, www.womanSG.org sal die profiele van ‘n groep moontlike kandidate van tyd tot tyd gepubliseer word. Die huidige sekretaris-generaal, mnr. Ban Ki-Moon, se termyn verstryk op 31 Desember 2016. Moontlike kandidate is

Lees verder: Gaan Ban se opvolger ‘n vrou wees?

Vier van Zim vas vir wildboer se moord

Vier Zimbawiërs het Maandag in die Mokopane-landdroshof verskyn weens die moord op dr. Louis-John Botha (64), ‘n wildboer van Swartwater in Limpopo. Die verdagtes Bruce Mho (23), Trymore Nyube (23), Daniel Lismart (27) en Anton Moyo (27), is glo voorheen deur Botha gehuur om ‘n heining op sy plaas te span. “Die saak is tot

Lees verder: Vier van Zim vas vir wildboer se moord

Kleuterskoolhoof met brandende plastiek gemartel

‘n Afrikaanse kleuterskoolhoof is oor die naweek tydens ʼn plaasaanval met brandende plastiek gebrand en gemartel naby Pongola in KwaZulu-Natal, het Beeld Dinsdag berig. Vier swart aanvallers het Saterdag ná middagete op Armand en Doulina Slabbert se plaas toegeslaan waar hulle ‘n kwekery en kleuterskool bedryf. Doulina is gebrand deur brandende plastiek op haar maag

Lees verder: Kleuterskoolhoof met brandende plastiek gemartel

Zuma vaar uit teen tienerswangerskappe

President Jacob Zuma het in ‘n toespraak in die Parlement beklemtoon dat swart tienermoeders geskei moet word van hul babas, totdat hulle hul skoolopleiding voltooi. “Hulle moet geneem word en gedwing word om skool te gaan, ver weg,” het hy gesê in sy reaksie Dinsdag tydens die debat oor sy toespraak voor tradisionele leiers.  

Lees verder: Zuma vaar uit teen tienerswangerskappe

Brande vlam weer op in Jonkershoek

‘n Sterk wind oornag het die brand by die Jonkershoekvallei by Stellenbosch in die Boland weer laat opvlam, het RSG berig. Die assistent-brandweerhoof van die Kaapse Wynlanddistriksmunisipaliteit, Jaco Thuynsma sê die brand woed nou in die rigting van Stellenbosch en talle eiendom word bedreig. Die brand, wat reeds ‘n duisend hektaar plantegroei vernietig het, is

Lees verder: Brande vlam weer op in Jonkershoek

TV-joernaliste beroof tydens uitsending

TV-joernaliste van die SABC is Dinsdagaand tydens ‘n regstreekse uitsending in Johannesburg beroof. ‘n Bydraende redakteur, Vuyo Mvoko, buitelandse redakteur, Sophie Mokoena en verslaggewer Chriselda Lewis was besig om voor te berei vir ‘n regstreekse uitsending toe hulle ‘n gewapende roof moes trotseer. Die nuusspan het vir die nuusbulletin op SABC3 vanaf die Milpark-hospitaal in

Lees verder: TV-joernaliste beroof tydens uitsending

Vrou by myn verkrag

‘n Vrou is glo by ‘n myn van Anglo American Platinum (Amplats) in Rustenburg verkrag, het die vakbond NUM Dinsdag gesê. “Daar word beweer dat die vrou in ‘n aantrekkamer by die myn verkrag is,” het Sydwell Dokolwana, NUM se streeksekretaris in Rustenburg, gesê. Volgens Dokolwana is die vrou Sondag by die Thembelani-myn verkrag. “’n

Lees verder: Vrou by myn verkrag

Kraanvoëls wél vergiftig

‘n Gifkenner sê die voorval waarin honderde kraanvoëls op ‘n plaas by Richmond in die Noord-Kaap vergiftig is, is een van die ergste gevalle wat hy in sy 30-jaar loopbaan nog teëgekom het. Gerhard Verdoorn sê ‘n toksikologiese ontleding van monsters van die karkasse van die voëls, wat vermoedelik reeds in 2012 vergiftig is, dui

Lees verder: Kraanvoëls wél vergiftig